Toyota D4D Fuel Throttle

Post Reply
AOosie
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Wed Dec 28, 2016 4:17 pm

Toyota D4D Fuel Throttle

Post by AOosie »

Goeie middag vriende,
Het iemand al probleme opgetel met n Toyota D4D se fuel throttle. Myne het nou blykbaar die gees gegee na 282 000 km. Ek weet niks van enjins nie, maar google vertel en wys my dis die outjie (klep) wat lug inlaat as jy die versneller trap. Die kêrel is nogals baie duur, so in die omgewing van R9 000.
EK weet eintlik daar is niks wat ek kan doen om dit te omseil nie, tensy ek gelukkig is om rond te ry met n voertuig wat geen poeier het nie. Die doel van die draad is maar sommer om te hoor van ander manne se ervaringe.
Mooi naweek vir julle
FN 308
BRNO .22
Zuku
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 312
Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm

Re: Toyota D4D Fuel Throttle

Post by Zuku »

As jy iets weet van voertuie maak die "throttle body" oop. Gewoonlik pak carbon aan en verhoed dat kleppe beweeg of ten volle beweeg. My voertuig het n dead spot gehad waar kleppe vashaak.

Carbon aanpaksels

https://imgur.com/a/kGsmmGX

Kyk hoe dik is carbon aangepak

https://imgur.com/XHuWATh
https://imgur.com/MjifJbO

Besig om skoon te maak

https://imgur.com/y6bBiYG
Post Reply