Hout kolf olie?
- pwdejager
- Hero Member

- Posts: 507
- Joined: Tue Sep 03, 2019 2:26 pm
Hout kolf olie?
Dag almal
Mag n dom vraag wees, maar ek het n Sauer met mooi hout kolf. Hy was nou vir die eerste keer jagveld toe en het lekker bloed op gekry. Ek het die bloed verwyder, maar dit laat my nou dink.
Hoe behandel ek die kolf? Moet ek hom van tyd tot tyd olie?
En indien, met watse olie? Tru-Works Gun Oil?
Enige raad sal baie waardeer word.

Perry de Jager
Beretta Mod71 .22LR
CZ P07 (EDC)
CZ 455 .22LR
Tikka T3x CTR 6.5 CRD
Tikka T3x Varmint Hunter 300WSM
Bergara B14R 308Win
Ralph Badenhorst 6GT
Remington 870 12Boor
Beretta Mod71 .22LR
CZ P07 (EDC)
CZ 455 .22LR
Tikka T3x CTR 6.5 CRD
Tikka T3x Varmint Hunter 300WSM
Bergara B14R 308Win
Ralph Badenhorst 6GT
Remington 870 12Boor
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2206
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Hout kolf olie?
As hy vernis op het moet jy dit waarskynlik met vernis vervang.
As daar nie vernis op is nie kan jy Schaftöl probeer. Hulle het drie skakerings.

J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1116
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Hout kolf olie?
Die reuk van Ram se London Oil doen dit vir my.
Last edited by J le Roux on Sat Sep 03, 2022 5:38 am, edited 1 time in total.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.

6.5/284Norma
- Hero Member

- Posts: 1730
- Joined: Tue Sep 08, 2015 7:28 am
Re: Hout kolf olie?
Maak vir jou 'n katoensakkie. Kry 'n handvol amandels en breek dit grof op en sit in die sakkie. Vryf die sakkie tussen jou hande tot die olie deurkom.
Vryf dit op die kolf elke noi en dan. Dit bring di grein van die hout baie mooi uit en preserveer die kolf.

I'd rather be hunting!
Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1544
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Hout kolf olie?
Waarmee was die kolf behandel? As dit 'n vernis is maak jy dit maar net met 'n klam lappie skoon. As dit met iets soos Tru-works olie is, selfde. Tru-works word amper soos 'n vernis. As dit geolie was, kan jy Schaftol gebruik. Daar is die "goue" een wat ek sou aanbeveel, een wat donkerder pigment in het en dit donkerder sal maak, en die gewone een wat 'n helder olie is.
Ek hou ook van die reuk van Schaftol, ruik soos 'n geweer.

'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- pwdejager
- Hero Member

- Posts: 507
- Joined: Tue Sep 03, 2019 2:26 pm
Re: Hout kolf olie?
Baie dankie almal, vandag Schaftol gekry, die donker een.
Perry de Jager
Beretta Mod71 .22LR
CZ P07 (EDC)
CZ 455 .22LR
Tikka T3x CTR 6.5 CRD
Tikka T3x Varmint Hunter 300WSM
Bergara B14R 308Win
Ralph Badenhorst 6GT
Remington 870 12Boor
Beretta Mod71 .22LR
CZ P07 (EDC)
CZ 455 .22LR
Tikka T3x CTR 6.5 CRD
Tikka T3x Varmint Hunter 300WSM
Bergara B14R 308Win
Ralph Badenhorst 6GT
Remington 870 12Boor
- Nico de Jager
- Hero Member

- Posts: 670
- Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm
Re: Hout kolf olie?
Daai donker een kan miskien jou kolf se natuurlike grein oorheers..
- pwdejager
- Hero Member

- Posts: 507
- Joined: Tue Sep 03, 2019 2:26 pm
Re: Hout kolf olie?
Dankie Nico, sal hom toets op n klein stukkie eers. Die kolf is baie donker reeds
Perry de Jager
Beretta Mod71 .22LR
CZ P07 (EDC)
CZ 455 .22LR
Tikka T3x CTR 6.5 CRD
Tikka T3x Varmint Hunter 300WSM
Bergara B14R 308Win
Ralph Badenhorst 6GT
Remington 870 12Boor
Beretta Mod71 .22LR
CZ P07 (EDC)
CZ 455 .22LR
Tikka T3x CTR 6.5 CRD
Tikka T3x Varmint Hunter 300WSM
Bergara B14R 308Win
Ralph Badenhorst 6GT
Remington 870 12Boor
-
HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Re: Hout kolf olie?
Goeie raad6.5/284Norma wrote: Sat Sep 03, 2022 5:18 am Maak vir jou 'n katoensakkie. Kry 'n handvol amandels en breek dit grof op en sit in die sakkie. Vryf die sakkie tussen jou hande tot die olie deurkom.
Vryf dit op die kolf elke noi en dan. Dit bring di grein van die hout baie mooi uit en preserveer die kolf.
-
Johan van Wyk
- Hero Member

- Posts: 625
- Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Re: Hout kolf olie?
Gebruik gaar lynolie (boiled linseed oil). Let wel: nie rou lynolie nie-dit word basies nooit droog nie terwyl gaar lynolie na 'n week of so behoorlik in die hout ingetrek het en droog is. RAM se London Oil is basies gaar lynolie met iets bygevoeg wat dit vinniger laat droog word. Gaar lynolie is by meeste hardewarewinkels en selfs kunswinkels ook beskikbaar.
Shaftol is, in my beskeie opinie, nie 'n goeie idee nie. Die gekleurde weergawes kleur die hout (sommige ouens hou hiervan-to each his own) maar die groter probleem is dat Shaftol vol silikon is. 'n Vriend van my wat 'n kolfmaker is wil gril elke keer as hy 'n kolf moet oordoen wat 'n paar dosisse Shaftol gekry het. Die silikon trek in die hout in en dis basies onmoontlik om dit weer uit te kry. Dit het ook die geneigdheid om die kolf baie dof te maak oor tyd. Die idee agter Shaftol is om 'n waterdigte laag op die oppervlak van die kolf te los, vandaar die silikon. Dis 'n produk wat vir Europese omstandighede ontwikkel is.
As jy regtig ouskool wil gaan kan jy 'n paar vlokkies alkanet root by jou gaar lynolie gooi. Dit kleur die olie rooi en dis wat die Britte al die jare al gebruik om hulle kolwe 'n kenmerkende rooi afwerking te gee. Weereens, ek is mal daaroor maar as jy die hout nie wil kleur nie is standaard gaar lynolie die ding om te gebruik.

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13630
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Hout kolf olie?
True oil, 0000 staalwol en baie tyd

Last edited by Capt. Yoda on Tue Sep 06, 2022 8:36 am, edited 1 time in total.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7568
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Hout kolf olie?
More Johan
Sal gaar lynolie mettertyd daai mooi London oil finish gee?
Groetnis
Wouter
Sal gaar lynolie mettertyd daai mooi London oil finish gee?
Groetnis
Wouter
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13630
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Hout kolf olie?
Ja jy kan met Danish en Tung ook n baie mooi finish op bou
Daar is n klomp oli wat mens kan gebruik (basies enige goeie meubel oli kan werk), hang maar net af wat jy op die einde wil bereik en hoe lank jy aan jou kolf wil werk tot jy daar kom. Ek het al klomp probeer en persoonlik sal ek nie weer linsed boiled of rou gebruik nie, vat net te lank om me te werk en die finish is vir my altyd so half geel en hy word gewoonlik geler oor tyd
As Ralph net eendag vir ons hulle oli se resep wil gee sal dit ook baie help...
Daar is n klomp oli wat mens kan gebruik (basies enige goeie meubel oli kan werk), hang maar net af wat jy op die einde wil bereik en hoe lank jy aan jou kolf wil werk tot jy daar kom. Ek het al klomp probeer en persoonlik sal ek nie weer linsed boiled of rou gebruik nie, vat net te lank om me te werk en die finish is vir my altyd so half geel en hy word gewoonlik geler oor tyd
As Ralph net eendag vir ons hulle oli se resep wil gee sal dit ook baie help...
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Johan van Wyk
- Hero Member

- Posts: 625
- Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Re: Hout kolf olie?
Sterkte met die refinish oor 'n paar jaar...
-
Johan van Wyk
- Hero Member

- Posts: 625
- Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Re: Hout kolf olie?
Wouter,
Net gaar lynolie gaan jou nie oor die merkie kry nie. Die olie is bedoel om in die hout in te week en kleur te gee-donkerder maak (veral met alkanet root in) of "optouch" as die reen jou in die veld gevang het. Om die poriee te vul gebruik die ouens wat ek ken rottenstone (basies vulkaniese as-meer werk as waarvoor ek lus is), maar dis na 'n laag of drie olie wat toegalaat is om op sy eie tyd in te sink en behoorlik droog te word. Die rottenstone seel basies die hout en hierna kom die finale afwerking.
Op hierdie stadium kom dinge soos byewas, terrabine driers, en allerhande ander goed ter sprake. Daar is baie resepte daar buite, so dis nie 'n eksakte wetenskap nie. Party verwys daarna as die sogenaamde "slacum finish". Soos een Engelse geweermaker eenkeer opgemerk het: "There's a lot of "slack" in slacum!" Daar is (was? in SA, in ieder geval) goeie produkte beskikbaar om 'n kolf 'n goeie Engelse afwerking te gee en ek het dit 'n hele paar keer gedoen. Ek het die goed egter baie jare laas op enige rak gesien, so ek dink nie dit word meer ingevoer nie. Baie jammer.
Nee, ek hou nie van Schaftol nie, en vir die redes reeds genoem. Toe ek in Maart in Duitsland was, was die woord "Shaftol" 'n groot vloekwoord by die kolfmaker van die welbekende Duitse geweervervaardiger wat ek besoek het. Die Germane gebruik...hulle eie weergawe van slacum! Die goedkoper gewere het sommer net vernis van soorte gekry. Hulle weier om aan die goed te vat. Die Boere is mal oor Schaftol, waarskynlik omdat oorle Mauritz so lief was daarvoor, ek weet nie. Dis nie iets wat ek besit nie, selfde as Tru-Oil.
Hier waar ek nou sit is dit al amper tyd vir aandete!

Dankie ek kan nie wag nie, daai kolf het seker nog n botel Schaftol ook onder daai 20 lae Trueoil. Chaos
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3647
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Hout kolf olie?
Voor en ná. Elbow grease en TruOil
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2958
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Hout kolf olie?
Stem saam hiermee.
@Johan: Silicon - “Dit het ook die geneigdheid om die kolf baie dof te maak oor tyd.”
Dan oor Slacum, vir manne met baie tyd: (met komplimente)
Here you go boys,
Purdey's London Finishing Oil
For Darkening, Filling & Polishing
All measures are in English (UK)
1/2 pint of Raw Linseed Oil
2 ozs of Plaster of Paris (Dental Quality)
1/2 fluid oz of Butter of antimony
1/2 Gill Spirits of Wine
2 teaspoons of Vinegar
1 teaspoon of Venice Turps.
You can leave out the Antimony if you don't want to darken the wood.
Leave out the Plaster if you don't need to fill the pores.
That's what is in Slacum Oil.
Daar is ook variasies hierop!
Beste.

Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Hout kolf olie?
Ek het al my houtkolwe se vernis met paintstripper afgehaal en Schaftol opgesit met die resep van 1 x per dag vir 'n week, 1 week per maand vir 'n jaar en nou 1 x 'n jaar. Selfs my 1ste geweer se gelerige kolf lyk nou mooier na ek hom "Dark" Schaftol op gesit het.
En daai reuk. Mal daaroor.
En daai reuk. Mal daaroor.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13630
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Hout kolf olie?
Klink soos iets wat hulle in Afrika maak vir n kind met spuitmaagLategan1 wrote: Tue Sep 06, 2022 8:40 pm Stem saam hiermee.
@Johan: Silicon - “Dit het ook die geneigdheid om die kolf baie dof te maak oor tyd.”
Dan oor Slacum, vir manne met baie tyd: (met komplimente)
Here you go boys,
Purdey's London Finishing Oil
For Darkening, Filling & Polishing
All measures are in English (UK)
1/2 pint of Raw Linseed Oil
2 ozs of Plaster of Paris (Dental Quality)
1/2 fluid oz of Butter of antimony
1/2 Gill Spirits of Wine
2 teaspoons of Vinegar
1 teaspoon of Venice Turps.
You can leave out the Antimony if you don't want to darken the wood.
Leave out the Plaster if you don't need to fill the pores.
That's what is in Slacum Oil.
Daar is ook variasies hierop!
Beste.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2958
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Hout kolf olie?
Ek moes lag met die lees van hierdie maag resep. Die een variasie hierop gebruik wel gaar linseed oil.
@oblivious - daai kolf van jou lyk pragtig. Ek moet vir konteks byvoeg, behalwe wat ek voorheen raakgelees het oor Scaftol, dat my ervaring en waarneming met ligte kleur Schaftol is.
Dalk presteer die “dark” beter en verskans die vaalgeid/geel wat deurslaan soos Johan hier uitlig. Dit my nog altyd irriteer, maar geglo dit is die real Mc Coy en so aangegaan, want eenvoudig om te gebruik, 30 jaar lank! Seker maar dom.
(want hy ruik so lekker)

Last edited by Lategan1 on Wed Sep 07, 2022 1:44 pm, edited 2 times in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Ralph Badenhorst
- Hero Member

- Posts: 870
- Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm
Re: Hout kolf olie?
Die manne wat weet, se nieCapt. Oblivious wrote: Tue Sep 06, 2022 8:55 am Ja jy kan met Danish en Tung ook n baie mooi finish op bou
Daar is n klomp oli wat mens kan gebruik (basies enige goeie meubel oli kan werk), hang maar net af wat jy op die einde wil bereik en hoe lank jy aan jou kolf wil werk tot jy daar kom. Ek het al klomp probeer en persoonlik sal ek nie weer linsed boiled of rou gebruik nie, vat net te lank om me te werk en die finish is vir my altyd so half geel en hy word gewoonlik geler oor tyd
As Ralph net eendag vir ons hulle oli se resep wil gee sal dit ook baie help...
Die manne wat se , weet nie
Julle harte sal seer wees as julle sien hoe baie truoil die top vervaardigers gebruik
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13630
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Hout kolf olie?
hahahahahaRalph Badenhorst wrote: Wed Sep 07, 2022 10:22 amDie manne wat weet, se nieCapt. Oblivious wrote: Tue Sep 06, 2022 8:55 am Ja jy kan met Danish en Tung ook n baie mooi finish op bou
Daar is n klomp oli wat mens kan gebruik (basies enige goeie meubel oli kan werk), hang maar net af wat jy op die einde wil bereik en hoe lank jy aan jou kolf wil werk tot jy daar kom. Ek het al klomp probeer en persoonlik sal ek nie weer linsed boiled of rou gebruik nie, vat net te lank om me te werk en die finish is vir my altyd so half geel en hy word gewoonlik geler oor tyd
As Ralph net eendag vir ons hulle oli se resep wil gee sal dit ook baie help...
Die manne wat se , weet nie
Julle harte sal seer wees as julle sien hoe baie truoil die top vervaardigers gebruik
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
oafpatroll
- Newbie

- Posts: 25
- Joined: Tue Jan 07, 2020 6:15 pm
Re: Hout kolf olie?
Iets wat ek dikwels gesien het is dat mense te veel olie gebruik. As jy a 'hand rubbed' afwerking soek moet jy bitter min gebruik, lank vryf en so lank soos nodig wag totdat dit heeltemal droog is. Dis nie 'n werk vir mense wat vinnig resultate will sien nie maar dit lyk baie mooi en is maklik om te herstel as die kolf 'n duik of 'n skraap optel.