Chrony meet te vinnig.

Post Reply
30-06
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Aug 30, 2012 7:30 am

Chrony meet te vinnig.

Post by 30-06 »

Hoe gemaak met chrony wat te vinnig meet.

Tweedehandse caldwell chrony meet so 30 tot 35v/s vinniger as prochrono.
Meet ook vinniger as vorige caldwell.
Kom dit gereeld voor en sal die afwyking altyd dieselfde wees.
Is die oplossing maar om lesing afwaarts aan te pas.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Chrony meet te vinnig.

Post by tripodmvr »

Toetse op Youtube wys goeie ooreenkoms tussen Caldwell en Magneto. Ek het egter een getoets wat 70vps uit was en ook vinniger gemeet het. As hy konstant meet kan jy dan net die verskil aftrek. My Prochrono vergelyk goed met my Magneto.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1870
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Chrony meet te vinnig.

Post by Alwin »

Mens moet in elk geval 'n korreksie maak om aan te pas vir trompspoed. Om weer 30 fps af te trek is nie te radikaal nie. Kyk net of die verskil konstant is oor die spektrum, of dalk 'n persentasie van die spoed.

Ek het onlangs 2 Chrony's vergelyk deur 10 skote gelyktydig oor beide (agtermekaar geplaas) te skiet. Die gemiddelde verskil was 16 fps en die agterste ene was vinniger. Ek glo nie dis te drasties nie.
Zuku
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 299
Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm

Re: Chrony meet te vinnig.

Post by Zuku »

Alwin wrote: Sat Oct 08, 2022 10:33 pm Ek het onlangs 2 Chrony's vergelyk deur 10 skote gelyktydig oor beide (agtermekaar geplaas) te skiet.
Die resultaat sou interresant wees as jy dan die Chrony.s weer omgeruil het en die voorste een agter gesit het om te sien of daar n verskil is in gemeete spoed.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1343
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Chrony meet te vinnig.

Post by Toxxyc »

As die chrony te vinnig meet, hoekom skiet jy nie net bietjie stadiger nie? :P
30-06
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Aug 30, 2012 7:30 am

Re: Chrony meet te vinnig.

Post by 30-06 »

Dis juis wat gebeur het dit net nie geweet nie.😁
Ek moet se Chrony lesings maak vir my al minder sin.
Groot verskille in spoed wys glad nie op die teiken op 100 m nie.

Ek het n baie goeie 4 skoot groep geskiet maar as jy na die spoed lesings kyk lyk dit maar swak.
Toevallig is dit ook nie op n node nie.
Sal maar die lading bietjie verder toets op langer afstande.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2133
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Chrony meet te vinnig.

Post by Ds J »

Vergelyk hom met nog n ander een.
As verskillende ander wys dat hy uit is, lê die fout konstant by joune.
As daar afwykings is by dieselfde een, kan dit n battery of iets anders wees.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1870
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Chrony meet te vinnig.

Post by Alwin »

Zuku wrote: Sun Oct 09, 2022 7:30 am
Alwin wrote: Sat Oct 08, 2022 10:33 pm Ek het onlangs 2 Chrony's vergelyk deur 10 skote gelyktydig oor beide (agtermekaar geplaas) te skiet.
Die resultaat sou interresant wees as jy dan die Chrony.s weer omgeruil het en die voorste een agter gesit het om te sien of daar n verskil is in gemeete spoed.
Miskien, maar hulle ver genoeg weg dat die "blast" hulle nie kon affekteer nie, dus het 'n ruiling nie groot potensiaal gehad om ander resulte te lewer nie. Ek het vermoed die voorste ene lees stadiger, daarom het ek hom juis daar gesit om hom nie te "benadeel" nie.

Wat nogal interessant was, is dat die spoed verskil tussen die 2 met 'n hele paar fps varieer het. Dit dui op 'n laer presisie as wat meeste van ons verwag.
Post Reply