Die 300prc het toe sy Eland gekry maar nie sonder drama nie. Ons het eers n paar blesbokke geskiet en die 230gr bergers het dwaars deur die blesbokke geskiet met groot uitskiet wond op 500 tot 560m.
Die volgende dag soek ons n eland en kry toe n mooi bull op 556m plank dwars staan die wind is van agter en toe die skoot loop val hy in sy spore neer.
Almal wens geluk maar ek is onrustig die skoot moes hoog getref en die rugraat raak geskiet het is wat ek aflei van sy val.
Twee werkers gaan die bok se pens trek en ons gaan aan met blesbok skiet.Later kry ons tyding dat die bok weg is en hulle kry hom nie.
Lang storie kort, kry ons die bull in n trop van 16 elande, hulle hardloop op450m van links na regs voor ons verby en die boer se ek moet in die hardloop skiet voor hulle die berg vat dan is hy weg.Ek draai die scope se vergroting op sy kleinste en mik op sy neus die stof slaan agter hom uit.Die volgende skoot mik ek n bok voor en tref die agter bene en die derde skoot tref net agter die ribbes in die pens .Die bull draf toe al stadiger maar verdwyn saam met die trop gelukkig nie berg toe nie.
Ons kry toe die trop staan in dooie grond agter n rant en ek skiet die bull in die kop op 220m en die slag bly le hy.
Die 230gr berger het nie gepentreer nie en opgebreek.
Ek sal nie weer met die koeels n eland bull aanvat nie .
Die bull het 454kg geweeg met pens uit.
DD

Sent from my SM-G980F using Tapatalk