Beretta S58 S Trap
-
Gerardliebenberg
- Newbie

- Posts: 30
- Joined: Fri Aug 12, 2022 4:19 pm
Beretta S58 S Trap
Goeie dag
Ek het hulp nodig op n evaluasie van n beratta Musgrave S58 S Trap model.
Fixed chokes model...
Enige waarde advies en tips waarvoor ek moet uitkyk?
Ek het hulp nodig op n evaluasie van n beratta Musgrave S58 S Trap model.
Fixed chokes model...
Enige waarde advies en tips waarvoor ek moet uitkyk?
-
Johan van Wyk
- Hero Member

- Posts: 619
- Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Re: Beretta S58 S Trap
Die S58's raak al 'n bietjie lank in die tand in vergeleke met die nuwer Berettas maar hulle was goeie gewere. Hulle verkoop gewoonlik nie vir reuse fortuine nie en omdat hierdie 'n Trap model is gaan hy nog minder werd wees. Trap modelle se kolfdimensies is gewoonlik van so aard dat hulle nie lekker vir enigiets anders werk nie, so moenie te veel vir hom betaal nie. En maak seker jy hou van Trap (ek haat die dissipline...).
-
Gerardliebenberg
- Newbie

- Posts: 30
- Joined: Fri Aug 12, 2022 4:19 pm
Re: Beretta S58 S Trap
Dankie Johan.
Ek het besluit om eerder nie te koop nie. ek help maar eerder dan die oom om hom te verkoop..
Ek het besluit om eerder nie te koop nie. ek help maar eerder dan die oom om hom te verkoop..
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2133
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Beretta S58 S Trap
Net vir interessantheid: sal n "trap" haelgeweer vir algemene werk voldoende wees, bv om af en toe n paar kleie te skiet, maar veral geveerde wild?
-
Forester
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am
Re: Beretta S58 S Trap
Ek dink dit is juis wat Johan geantwoord het hierbo, 'n trap geweer is net geskik vir trap (gewoontlik 'n swaar geweer met lang lope en 'n hoë wangstuk). 'n Sporter of game gun is waarna Ds opsoek is.Ds J wrote: Tue Oct 11, 2022 9:18 am Net vir interessantheid: sal n "trap" haelgeweer vir algemene werk voldoende wees, bv om af en toe n paar kleie te skiet, maar veral geveerde wild?
Wynand
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2133
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Beretta S58 S Trap
Baie dankie, ek verstaan bitter min van haelgewere en skiet nog slegter met hulle.Forester wrote: Tue Oct 11, 2022 10:24 amEk dink dit is juis wat Johan geantwoord het hierbo, 'n trap geweer is net geskik vir trap (gewoontlik 'n swaar geweer met lang lope en 'n hoë wangstuk). 'n Sporter of game gun is waarna Ds opsoek is.Ds J wrote: Tue Oct 11, 2022 9:18 am Net vir interessantheid: sal n "trap" haelgeweer vir algemene werk voldoende wees, bv om af en toe n paar kleie te skiet, maar veral geveerde wild?
Ek was nie seker waarom n "trap" geweer nie vir algemene doeleindes sou werk nie. As iets vir verder skote gemaak is moet hy tog puik werk in die veld, juis om verder te kan skiet met veerwild? Nog baaaaaie om te leer
-
Forester
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am
Re: Beretta S58 S Trap
Die maklikste manier vir my om dit te beskryf, is dat 'n trap geweer amper soos 'n PRS geweer is met 'n muzzle brake, chassis en 28" loop. Jy kan seker daarmee gaan jag in die bosveld, maar jy gaan verseker 'n lekkerder tyd hê met 'n ou Musgrave.Ds J wrote: Tue Oct 11, 2022 11:04 amBaie dankie, ek verstaan bitter min van haelgewere en skiet nog slegter met hulle.Forester wrote: Tue Oct 11, 2022 10:24 amEk dink dit is juis wat Johan geantwoord het hierbo, 'n trap geweer is net geskik vir trap (gewoontlik 'n swaar geweer met lang lope en 'n hoë wangstuk). 'n Sporter of game gun is waarna Ds opsoek is.Ds J wrote: Tue Oct 11, 2022 9:18 am Net vir interessantheid: sal n "trap" haelgeweer vir algemene werk voldoende wees, bv om af en toe n paar kleie te skiet, maar veral geveerde wild?
Ek was nie seker waarom n "trap" geweer nie vir algemene doeleindes sou werk nie. As iets vir verder skote gemaak is moet hy tog puik werk in die veld, juis om verder te kan skiet met veerwild? Nog baaaaaie om te leer![]()
![]()
Vêr skote bring etiek in die gesprek in... Baie vlugskuts sê dat 'n etiese afstand is wanneer jy die voël se oog kan sien. Ek heg 'n goeie artikel aan wat deur SA Wingshooters gepubliseer is. Ek sal definitief aanbeveel dat jy by hulle aansluit as jy ernstig is oor voëljag.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Wynand
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2133
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Beretta S58 S Trap
Baie dankie!
-
Gerardliebenberg
- Newbie

- Posts: 30
- Joined: Fri Aug 12, 2022 4:19 pm
Re: Beretta S58 S Trap
Danie Forester, goeie artikel met baie insig.
-
obasch
- Hero Member

- Posts: 721
- Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am
Re: Beretta S58 S Trap
Die grootste beperking van 'n Trap geweer vir jagdoeleindes is dat dit so gekonfigureer is om, as ek reg onthou, ongeveer 40cm hoog te skiet op 40m. Dit is omdat Trap teikens styg van die punt waar dit lanseer word en die skut die teiken bokant die loop wil hou wanneer die skoot getrek word. Trap manne help my hier uit asb.Ds J wrote: Tue Oct 11, 2022 9:18 am Net vir interessantheid: sal n "trap" haelgeweer vir algemene werk voldoende wees, bv om af en toe n paar kleie te skiet, maar veral geveerde wild?
Jaap, vir die ".........af en toe 'n paar kleie skiet," sal jy nog ook moet besluit waar om te begin. Is dit die enkele masjien wat iemand opstel by die kerkbasaar, die handgegooide kleie op 'n Saterdag middag saam met jou buurman se jong seuns of iets meer gestruktureerd?
As mens van alleen Trap praat is daar 'n hele aantal tipes Trap oa ATA, ATA Handicap, Trap Doubles, DTL, ABT, OT, UT, FITASC Trap1, ens.
Met Skeet is daar NSSA Skeet, Skeet Doubles, Olympic Skeet, ens. en dan kom Sporting ook nog met FITASC Sporting, English Sporting, Compak en dan nog die variasies soos wat die Amerikaners dit skiet en ook die Britte met hulle eie variasies.
Sterkte Jaap, daar is, soos jy self sê, baie om te leer maar dis lekker en opwindend.
Wees verseker, daar is, net soos met gewere, nie so iets soos 'n "All rounder" nie. Net 'n eerste haelgeweer, daar gaan nog kom.
Waar het jy nou al 'n gholfspeler gesien met net eens stok in sy sak?
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2133
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Beretta S58 S Trap
Ek moet nou lekker lag!obasch wrote: Wed Oct 12, 2022 7:15 amSterkte Jaap, daar is, soos jy self sê, baie om te leer maar dis lekker en opwindend.Ds J wrote: Tue Oct 11, 2022 9:18 am Net vir interessantheid: sal n "trap" haelgeweer vir algemene werk voldoende wees, bv om af en toe n paar kleie te skiet, maar veral geveerde wild?
Wees verseker, daar is, net soos met gewere, nie so iets soos 'n "All rounder" nie. Net 'n eerste haelgeweer, daar gaan nog kom.
Waar het jy nou al 'n gholfspeler gesien met net eens stok in sy sak?
Ja dis reg - daar hoort meer as een roer in n kluis, en meer as een gholfstok in n stel.
Prakties gesproke: Ek wil graag die Howa 308 van die haelgewere in die hande kry. (En n 410 vir my kinders.) As daar later nog bykom sal dit gaaf wees maar ek beplan nie daarvoor nie.

