APM Bullets

Handelaars wat advertensie regte gekoop het mag hier adverteer/Dealers that have paid for advertising rights may advertise here.
User avatar
RabieL
Full Member
Full Member
Posts: 161
Joined: Mon Oct 20, 2014 10:10 am

APM Bullets

Post by RabieL »

Geagte Lede

Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om my besigheid aan julle bekend te stel. APM vervaardig loodkern koeels met n dikker mantel vir die jagmark in Suid Afrika. Daar gaan in die toekoms meer as een reeks onder die vaandel produseer word om voorsiening te maak vir die keuses wat ons as jagters het in terme van koeels. Die eerste reeks wat huidiglik in produksie is en reeds in van die winkels beskikbaar is, is die OTC reeks. Dit is n oop punt koeel met plat basis waarvan die kern teen hoe druk in die mantel geset is. Alle koeels wat deur APM vervaardig gaan word het n tangente ogief om herlaai te vergemaklik.

Die Konsep van die OTC is om n baie bekostigbare geredelik beskikbare koeel op die mark te sit vir SA jagters. Daar gaan ook meer gefokus word op 0.312" en kleiner diameters. Alhoewel die koeels verskriklik goed presteer om kleiner groepies te skiet is dit nie die vaandel waaronder dit bemark word nie. Die 0.243"/6mm en toekomstige 0.264" koeels gaan vervaardig word met n 0.71mm mantel en die 0.277" tot en met 0.312" gaan almal vervaardig word met n 0.91mm Mantel. Dit is aansienlik dikker as huidige kommersiele koeels.

Die eerste diameters wat die lig gesien het is 0.308" en 0.243"/6mm. die verskeidenheid van gewigte is algemeen. APM kan op die huidige oomblik 1000 koeels per dag vervaardig en met huidige ontwikkeling behoort die kapasiteit op te gaan na 2300 koeels per dag Teen 20 Februarie 2023. Verdere produksie verhogings is ook in die pyplyn soos wat die besigheid groei. APM streef daarna om op winkel rakke beskikbaar te wees vir elke jagter om sodoende die afhanklikheid van die Ingevoerde koeels tee te werk en beskikbaarheid daar te stel vir ons eie mense.

Verdere nuus en ontwikkeling sal in die toekoms op hierdie draad gedeel word soos dit plaasvind. Ek glo en hoop dat die Suid Afrikaanse mark die voordeel hieraan sal sien en handelaars is meer as welkom om my te skakel. Aangeheg is ons aanvanklike pryslys en hy gaan drasties vergroot in die nabye toekoms. Die toerusting om .0.312 Koeels te vervaardig is reeds in proses. Die daaropvolgende diameters is 0.264", 0.277" en 0.284"
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by RabieL on Mon Feb 06, 2023 2:54 pm, edited 1 time in total.
"Only Accurate Rifles Are Interesting"

9mmP, .22 LR AR 15, 12 Gauge, 243 Win, 6 Creedmoor, 6.5 Creedmoor, 7mm RM, 338 WM.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: APM Bullets

Post by Capt. Yoda »

Lekker man, kan jy dalk vir my die lengte/OAL van daai 105gr gee? Is dit n 105gr FB koel?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
RabieL
Full Member
Full Member
Posts: 161
Joined: Mon Oct 20, 2014 10:10 am

Re: APM Bullets

Post by RabieL »

Hierby aangeheg fotos van hoe die produk lyk.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
"Only Accurate Rifles Are Interesting"

9mmP, .22 LR AR 15, 12 Gauge, 243 Win, 6 Creedmoor, 6.5 Creedmoor, 7mm RM, 338 WM.
User avatar
RabieL
Full Member
Full Member
Posts: 161
Joined: Mon Oct 20, 2014 10:10 am

Re: APM Bullets

Post by RabieL »

@Capt, dis n Typo wat ek onmiddelik gaan regmaak, die FB is n 100 grein koeel. Die 105 gaan n toekomstige bootstert wees.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
"Only Accurate Rifles Are Interesting"

9mmP, .22 LR AR 15, 12 Gauge, 243 Win, 6 Creedmoor, 6.5 Creedmoor, 7mm RM, 338 WM.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: APM Bullets

Post by Frederik »

Enige fotos van herwinde koeels diere of wetpacks en teen watter spoed hulle geskiet is?

Sterkte met die nuwe besigheid.
User avatar
RabieL
Full Member
Full Member
Posts: 161
Joined: Mon Oct 20, 2014 10:10 am

Re: APM Bullets

Post by RabieL »

Frederick, nog niks herwin uit diere nie, maar ek beoog om paar wetpack toetse te doen voor die week eindig.
"Only Accurate Rifles Are Interesting"

9mmP, .22 LR AR 15, 12 Gauge, 243 Win, 6 Creedmoor, 6.5 Creedmoor, 7mm RM, 338 WM.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: APM Bullets

Post by Capt. Yoda »

100% dankie, ek sal wag vir daai 105gr
Daai 80gr met die dukker mantel kan lekker werk in n vinnige twist groot dop 6mm
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2461
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: APM Bullets

Post by Nico Harris »

Gaan julle enige koeëls uitbring met n skerp punt met n beter bc?
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
RabieL
Full Member
Full Member
Posts: 161
Joined: Mon Oct 20, 2014 10:10 am

Re: APM Bullets

Post by RabieL »

Nico, ja die volgende 2 reekse waaraan ek werk is die Conex en Bondex reeks. Dit gaan is n rebated Boat tail ontwerp met n hoe hitte tolerante polymer tip. Ek voorsien dat dit so twee maande weg is. Die beginsel daaragter is dat dit identiese koeels gaan wees itv vorm, BC en mantel dikte maar soos wat van die name afgelei kan word gaan een konvensioneel wees en een bonded. Jy gaan dus jou lading ontwikkeling kan doen met die Conex en dan indien nodig n bonded in sy plek kan gebruik op diere. Die intensie is om die bonded weergawes rondom R 1000 per 100 op winkel rakke te he met die Conex so ietwat goedkoper.
"Only Accurate Rifles Are Interesting"

9mmP, .22 LR AR 15, 12 Gauge, 243 Win, 6 Creedmoor, 6.5 Creedmoor, 7mm RM, 338 WM.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2461
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: APM Bullets

Post by Nico Harris »

Dit is baie goeie nuus. Ek sal wag vir hulle- dis presies waarna ek opsoek is!
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
Cobus Wessels
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Nov 26, 2022 2:41 am

Re: APM Bullets

Post by Cobus Wessels »

Ek is skoon opgewonde oor die bonded koeëls.

Sent from my ELE-L09 using Tapatalk

Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2330
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: APM Bullets

Post by Diesel Dog »

Great , ek wens jou alle voorspoed met jou onderneming.

Ek sit juis met die probleem dat ek nie die koeels van my keuse kan kry vir my stap jag by Bigwater in April nie.Nou is hier n oplossing vir my 300wsm met s 365 en 180gr loodkern koeels.

DD
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2464
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: APM Bullets

Post by jdpretorius »

RabieL wrote:Nico, ja die volgende 2 reekse waaraan ek werk is die Conex en Bondex reeks. Dit gaan is n rebated Boat tail ontwerp met n hoe hitte tolerante polymer tip. Ek voorsien dat dit so twee maande weg is. Die beginsel daaragter is dat dit identiese koeels gaan wees itv vorm, BC en mantel dikte maar soos wat van die name afgelei kan word gaan een konvensioneel wees en een bonded. Jy gaan dus jou lading ontwikkeling kan doen met die Conex en dan indien nodig n bonded in sy plek kan gebruik op diere. Die intensie is om die bonded weergawes rondom R 1000 per 100 op winkel rakke te he met die Conex so ietwat goedkoper.
Daai bonded klink soos n lekker plan.
As n ou die bc dalk bietjie kon op stoot sal dit bitter nice wees.

Sent from my SM-A536E using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Vissie
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Sat Jan 19, 2013 9:02 pm

Re: APM Bullets

Post by Vissie »

Bly om dit te hoor. Ek kyk graag uit vir die uitgebreide reeks!

Alles van die beste!
User avatar
RabieL
Full Member
Full Member
Posts: 161
Joined: Mon Oct 20, 2014 10:10 am

Re: APM Bullets

Post by RabieL »

Ek kan wel se dat wanneer n koeel se meplat met die polymer puntjie verklein word en die rebated boat tail bykom die BC van n koeel aansienlik verhoog. Om voorbeelde te noem. Die 6 mm 105 gr se BC gaan op na 0.53 toe en n 200 grein 308 koeel gaan na 0.610 toe.
Last edited by RabieL on Tue Feb 07, 2023 6:12 am, edited 1 time in total.
"Only Accurate Rifles Are Interesting"

9mmP, .22 LR AR 15, 12 Gauge, 243 Win, 6 Creedmoor, 6.5 Creedmoor, 7mm RM, 338 WM.
Gideon@1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Thu Jul 12, 2012 1:02 pm

Re: APM Bullets

Post by Gideon@1 »

6mm 200 grein?
Ek neem aan dis vir .308 kaliber?
Mooi aand!
User avatar
RabieL
Full Member
Full Member
Posts: 161
Joined: Mon Oct 20, 2014 10:10 am

Re: APM Bullets

Post by RabieL »

Gideon@1 wrote: Mon Feb 06, 2023 10:23 pm 6mm 200 grein?
Ek neem aan dis vir .308 kaliber?
Mooi aand!
.308 Koeel in 200 grein ja
"Only Accurate Rifles Are Interesting"

9mmP, .22 LR AR 15, 12 Gauge, 243 Win, 6 Creedmoor, 6.5 Creedmoor, 7mm RM, 338 WM.
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1841
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: APM Bullets

Post by LoopSoosStroop »

Hierdie is presies wat ons nodig het, vir die wat nie noodwendig 'n mono soek nie. Wens julle alle sukses toe en hoop die koele skiet reguit!
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: APM Bullets

Post by Arnold »

Ek wens vir jou jou voorspoed en sukses en sien uit daarna om die nuwe reekse te sien!
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: APM Bullets

Post by ruaanb »

Alle voorspoed!
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: APM Bullets

Post by LUAN »

Sien hulle is al op die rakke hier in Pe. Sal moet laai en laat waai
User avatar
RabieL
Full Member
Full Member
Posts: 161
Joined: Mon Oct 20, 2014 10:10 am

Re: APM Bullets

Post by RabieL »

Ek wil net graag weer n update bring.

1. Ons het n Facebook blad gestig om informasie te kan deel. Lede is baie welkom om daarby aan te sluit, die blad se naam is APM Bullets.
2. As dit die Heer se wil is behoort die platbasis koeels vir .264 en .312 binne die volgende 2 weke beskikbaar te wees.

Groete
Rabie
"Only Accurate Rifles Are Interesting"

9mmP, .22 LR AR 15, 12 Gauge, 243 Win, 6 Creedmoor, 6.5 Creedmoor, 7mm RM, 338 WM.
Lapua
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 481
Joined: Wed May 03, 2017 7:26 am

Re: APM Bullets

Post by Lapua »

Goeie middag,

Watter gewig sal die .264 koëels wees?
User avatar
RabieL
Full Member
Full Member
Posts: 161
Joined: Mon Oct 20, 2014 10:10 am

Re: APM Bullets

Post by RabieL »

Lapua, voorlopig gaan dit n 130 grein en n 145 grein koeel wees.
"Only Accurate Rifles Are Interesting"

9mmP, .22 LR AR 15, 12 Gauge, 243 Win, 6 Creedmoor, 6.5 Creedmoor, 7mm RM, 338 WM.
Lapua
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 481
Joined: Wed May 03, 2017 7:26 am

Re: APM Bullets

Post by Lapua »

Lekker, dankie
Post Reply