Elandjag met 7mm Rem Magnum
-
Skietstoel
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Elandjag met 7mm Rem Magnum
Naandsê manne met kennis vd 7mm Remmington Magnum.
’n Jong jagter vra raad aangesien hy nou die kans kry om sy eerste Eland te jag en hy wil weet of 1) Die geweer die taak kan doen en
2) watter punt/ kombinasie sal die beste werk?
Groetnis
’n Jong jagter vra raad aangesien hy nou die kans kry om sy eerste Eland te jag en hy wil weet of 1) Die geweer die taak kan doen en
2) watter punt/ kombinasie sal die beste werk?
Groetnis
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2126
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum
Jy sal 'n eland gemaklik op sy gat neersit met 7mm rem magnum. Skoot plasing moet net reg wees. Siende dit 'n jong jagter is neem ek aan dit gaan hart skoot wees - 'n goeie bonded punt soos nosler accubond. As die skoot plasing sleg is gaan jy tien teen een 4 plase sien, maar dit is nie die kaliber se skuld nie.
- RabieL
- Full Member

- Posts: 161
- Joined: Mon Oct 20, 2014 10:10 am
Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum
Die 7mm RM is meer as genoeg geweer. Ek het al seker 20 van hulle met een geroer. Hou by swaar vir kaliber koeels (175 grein) en sterker konstruksie agv sy spoed.
"Only Accurate Rifles Are Interesting"
9mmP, .22 LR AR 15, 12 Gauge, 243 Win, 6 Creedmoor, 6.5 Creedmoor, 7mm RM, 338 WM.
9mmP, .22 LR AR 15, 12 Gauge, 243 Win, 6 Creedmoor, 6.5 Creedmoor, 7mm RM, 338 WM.
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1534
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum
'n Vriend van my skiet gereeld elande op sy plaas met 'n 7mm Rem Mag. Goeie monolities soos Barnes of Hornady GMX of nou CX in 150gr sal ook die bok neersit.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
-
Carlc
- Sr. Member

- Posts: 271
- Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am
Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum
Ek gebruik 160gr nosler partitions en hulle werk baie goed. N goeie bonded koel sal net so goed werk.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum
My 30-06 met 150TSX het meer as genoeg penetrasie getoon op 'n jong bul. Die bok het geswik met die trefslag en gaan sit. Vandaar het hy probeer opstaan, maar na so 30 sekondes omgedop. Koeël is op die bors in en deur die maag tot tussen sy agterbene.Giepie wrote: Mon Feb 13, 2023 9:24 pm 'n Vriend van my skiet gereeld elande op sy plaas met 'n 7mm Rem Mag. Goeie monolities soos Barnes of Hornady GMX of nou CX in 150gr sal ook die bok neersit.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2940
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum
Sal mooi werk, iets soos Partition 175gr. Gaan lekker werk op die skouer ook!RabieL wrote: Mon Feb 13, 2023 9:00 pm Die 7mm RM is meer as genoeg geweer. Ek het al seker 20 van hulle met een geroer. Hou by swaar vir kaliber koeels (175 grein) en sterker konstruksie agv sy spoed.
Wat nie so lekker gaan werk nie is 162gr Eldx.
Dink die voorstelle is op die nommer - jou keuse gaan wees wat beskikbaar is.
Beste.
Last edited by Lategan1 on Mon Feb 13, 2023 10:05 pm, edited 1 time in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
Skietstoel
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum
Dankie vir almal se terugvoer, waardeer!
Groetnis
Groetnis
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum
Ek was op n elandjag waar die skut n sagtepunt loodkoeël in n 300 Weatherby gebruik het. Die koeël het kort onder die vel gebars en net n gedeelte van een long vernietig, met die gevolg dat hulle 11 of 12km ver gestap het op die kwesbok se spoor.
Gegrond op hierdie eenmalige ervaring sou ek aanbeveel om n swaar monolitiese koeël te skiet.
Gegrond op hierdie eenmalige ervaring sou ek aanbeveel om n swaar monolitiese koeël te skiet.
-
Thunderhead
- Hero Member

- Posts: 512
- Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am
Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum
Waar gaan hy die eland jag op die vlakte of in die bos? Bul of koei?
Skietstoel wrote: Mon Feb 13, 2023 7:36 pm Naandsê manne met kennis vd 7mm Remmington Magnum.
’n Jong jagter vra raad aangesien hy nou die kans kry om sy eerste Eland te jag en hy wil weet of 1) Die geweer die taak kan doen en
2) watter punt/ kombinasie sal die beste werk?
Groetnis
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum
Koei of bul, vlakte jag of bosveld?
-
Vissie
- Full Member

- Posts: 234
- Joined: Sat Jan 19, 2013 9:02 pm
Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum
Swaar en monolities is nie noodwendig maats nie. Ek sou sê jou opsies is eerder ‘n swaar of middeweg H mante tiepe loodkern koeël of ‘n midde-gewig monolitiese koeël wat jy teen ‘n hoër snelheid kan skiet.Ds J wrote: Mon Feb 13, 2023 11:16 pm Ek was op n elandjag waar die skut n sagtepunt loodkoeël in n 300 Weatherby gebruik het. Die koeël het kort onder die vel gebars en net n gedeelte van een long vernietig, met die gevolg dat hulle 11 of 12km ver gestap het op die kwesbok se spoor.
Gegrond op hierdie eenmalige ervaring sou ek aanbeveel om n swaar monolitiese koeël te skiet.
Dit hang natuurlik af van die afstand waarop jy hom gaan skiet, en sodoende die spoed van die koeël op impak.
Beste wenk. Jag nader!
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13509
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum
EK hoor hulle praat van die 7RM as die Creedmoor vir Mans
Kyk ook maar hoe lang patroon jy in jou magasyn kan laai voor jy besluit op lang swaar koele, enige ordentlike koel behoort goed te werk. In die ou dae het die manne Elande met 308s en PMP ook geksiet, ek was al by waar n monster Eland met n 270 ook geskiet is
Kyk ook maar hoe lang patroon jy in jou magasyn kan laai voor jy besluit op lang swaar koele, enige ordentlike koel behoort goed te werk. In die ou dae het die manne Elande met 308s en PMP ook geksiet, ek was al by waar n monster Eland met n 270 ook geskiet is
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum
Jip. Hy is 'n bl*ksem as jy hom kwes... Het dit al gesien...Ds J wrote: Mon Feb 13, 2023 11:16 pm Ek was op n elandjag waar die skut n sagtepunt loodkoeël in n 300 Weatherby gebruik het. Die koeël het kort onder die vel gebars en net n gedeelte van een long vernietig, met die gevolg dat hulle 11 of 12km ver gestap het op die kwesbok se spoor.
Gegrond op hierdie eenmalige ervaring sou ek aanbeveel om n swaar monolitiese koeël te skiet.
-
Drenalinjunkie
- Hero Member

- Posts: 830
- Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am
Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum
Ek sal enige dag n eland met n 7mm aandurf. Hetsy of dit n 7x57, 7mm RM, 7mm RSAUM ens is.
-
Skietstoel
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum
Sal dit n bul kan platmaak op 300m met 175g Accubonds?
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
- BeesBreet
- Hero Member

- Posts: 1649
- Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am
Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum
GemaklikSkietstoel wrote:Sal dit n bul kan platmaak op 300m met 175g Accubonds?
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum
Dis maklik doenbaar en ek dink jy sal hom yskoud skiet. Ek het hierdie bul op 550m met 'n 6.5mm 143gr ELD-X platgeskiet.

Goed, beter, 6millimeter!
- snakker
- Hero Member

- Posts: 1380
- Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum
Geno, jy kon mos maar sommer die Grendel gebruik het vir daai skoot...Geno wrote:Dis maklik doenbaar en ek dink jy sal hom yskoud skiet. Ek het hierdie bul op 550m met 'n 6.5mm 143gr ELD-X platgeskiet.
Sent from my M2101K6G using Tapatalk
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum
Ja, dan hol daai eland terug Lesotho toe om 'n ander dag weer geskiet te word.snakker wrote: Tue Feb 14, 2023 10:38 am Geno, jy kon mos maar sommer die Grendel gebruik het vir daai skoot...
Sent from my M2101K6G using Tapatalk
Goed, beter, 6millimeter!
- RabieL
- Full Member

- Posts: 161
- Joined: Mon Oct 20, 2014 10:10 am
Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum
Eland se kind kry so drafstappie aan hom, maar dit kan heeldag aanhou en al lyk dit stadig sit hy myle tussen homself en die jagter in. Veearts vriend van my het ook al vertel dat hulle nie sommer val nadat hulle gedart is nie.HeinM wrote: Tue Feb 14, 2023 7:38 amJip. Hy is 'n bl*ksem as jy hom kwes... Het dit al gesien...Ds J wrote: Mon Feb 13, 2023 11:16 pm Ek was op n elandjag waar die skut n sagtepunt loodkoeël in n 300 Weatherby gebruik het. Die koeël het kort onder die vel gebars en net n gedeelte van een long vernietig, met die gevolg dat hulle 11 of 12km ver gestap het op die kwesbok se spoor.
Gegrond op hierdie eenmalige ervaring sou ek aanbeveel om n swaar monolitiese koeël te skiet.
"Only Accurate Rifles Are Interesting"
9mmP, .22 LR AR 15, 12 Gauge, 243 Win, 6 Creedmoor, 6.5 Creedmoor, 7mm RM, 338 WM.
9mmP, .22 LR AR 15, 12 Gauge, 243 Win, 6 Creedmoor, 6.5 Creedmoor, 7mm RM, 338 WM.
-
Skietstoel
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum
Nee wat, as ek almal se goeie insette lees, dink ek, as hy die regte koël op die regte plek plaas (goeie skootplasing), sal hy biltong kan maak met hierdie roer.
Dankie vir almal se insette! Waardeer!
Dankie vir almal se insette! Waardeer!
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
