More almal, ek is in die mark vir n nuwer bakkie, daar is n mooi Hilux wat dalk beskikbaar is, maar dit is n automaties.
As hier manne is wat met auto bakkies boer, hoe ondervind julle die auto in dag tot dag gebruik? Hoe hanteer hulle modderige nat 2 spoor paaie ens?
Ek hoor graag van julle ondervinding.
Groete
Automatiese bakkie op plaas.
-
Vleisie
- Sr. Member

- Posts: 439
- Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am
Automatiese bakkie op plaas.
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
-
Henlo
- Sr. Member

- Posts: 388
- Joined: Thu Aug 11, 2016 8:31 pm
Re: Automatiese bakkie op plaas.
Ek het nie ondervinding met n auto bakkie vir plaaswerk nie maar ek kan nou al vir jou sê hy gaan dors wees as jy so stadig ry heeldag
Te veel gunne en te min geld
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2958
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Automatiese bakkie op plaas.
My probleem met auto voertuie/bakkies is dat jou drywer werker op plaas of fabrieke, nie altyd auto kan ry nie. Mens is altyd versigtig hulle neuk verkeerde rigting met D en R se hefboom posisies. Daar is genoeg ongelukke om dit te ondersteun.
So waar werkers betrokke is, hou ek sover moontlik by handrat, veral as jy later die voertuig aangee en ander een vir jou aanskaf. Hulle ry ook minder op die remme waar plase baie op en steil af is, kies net lae rat.
Realiteit is ook, oor 10 jaar gaan handrat amper nie meer bestaan nie!
Beste.

Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Automatiese bakkie op plaas.
Ek ry een en sal nie sommer weer handrat nie. Baie beter in sand en baie lekker om nie die heeldag te dit en ratte verander nie.
Die enigste probleem is wanner jy gou iemand wil stuur. Leer maar een man om hom te verstaan dsn is daardie probleem ook opgelos.
Die enigste probleem is wanner jy gou iemand wil stuur. Leer maar een man om hom te verstaan dsn is daardie probleem ook opgelos.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
Vleisie
- Sr. Member

- Posts: 439
- Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am
Re: Automatiese bakkie op plaas.
Dankie sover vir die instte, die drywer is nie regtig vir my n groot probleem nie, ek ry gewoonlik self of stuur my pa.
Ek glo wel dit gaan n redelike aanpassing wees en ek stem dat ons nie ver in die pad af gaan sukkel om handrat voertuie in die hande te kry. In 2015 was dit net Dodge wat nog hand rat bakkies gemaak het in die VSA, vermoed ons gaan dieselfde pad stap.
Ek glo wel dit gaan n redelike aanpassing wees en ek stem dat ons nie ver in die pad af gaan sukkel om handrat voertuie in die hande te kry. In 2015 was dit net Dodge wat nog hand rat bakkies gemaak het in die VSA, vermoed ons gaan dieselfde pad stap.
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1878
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Automatiese bakkie op plaas.
Jou doel en manier van die bakkie gebruik op die plaas gaan grootliks bepaal hoe lekker die auto gaan werk.
Die nuwer 6-spoed outo ratkaste gee jou meer opsies. Dis veral as jy stadig poer-poer wat die outo ratkas dalk ekstra brandstof gaan suip. Op die pad is die verskil in gebruik redelik min.
Die enigste groot lastigheid kan wees as die battery en/of aansitter begin pla. Jy stoot nie 'n outo bakkie aan die brand nie en hulle hou ook nie daarvan om gesleep te word nie. (Geen smering op ratkas as enjin nie loop nie.)
Die manne wat sleep met 'n outomatiese Hilux glimlag al die pad. Hy trek baie beter weg met vrag en deesdae se outo ratkaste sukkel nie meer met oorverhitting nie.

- Gerhardu
- Hero Member

- Posts: 986
- Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
-
6.5/284Norma
- Hero Member

- Posts: 1730
- Joined: Tue Sep 08, 2015 7:28 am
Re: Automatiese bakkie op plaas.
Ek ry 'n auto Isuzu 3l.
Hy het die opsie om "handrat" te wees ook.
So in "low range" 4x4 sit ek hom oor om die rat te kies waarin ek wil wees teen watter spoed.
Dit is 'n fees.
Dan normale ry weer terug na auto toe.
Oor die algemeen ligter op disel as my vorige handrat 3l.

I'd rather be hunting!
Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
-
Vleisie
- Sr. Member

- Posts: 439
- Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am
Re: Automatiese bakkie op plaas.
So bietjie terugvoer na 8 maande(+-25 000km) van die Auto Hilux ry.
Ek weet werklik nie of ek weer sal terug gaan Handrat toe nie. Was aanvanklik n aanpassing, maar die gemak van die auto in die veld is regtig ongelooflik, hy is wel minder lief vir n nat plaaspad as wat die Ranger was, dink wel hier sal n stel agressiewer bande die probleem oplos. Dink ook daardie Autobox kalibrasie met die mapping sal dit nog beter maak.
Brandstof verbruik op die plaas teen oor my Handrat Ranger(2.2) wat hy vervang het is na genoeg dieselfde, 9.2km/l met die Hilux teen 9.4km/l op die Ranger.
Soos hier bo genoem sleep die auto ongelooflik lekker en weereens die gemak bo die handrat was verbasend.