Supersoniese Knal -

User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1244
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am

Supersoniese Knal -

Post by TFDADD »

Wanneer 'n voorwerp vinniger as die spoed van klank beweeg, ontstaan daar die sogenaamde 'supersoniese knal' - bv vliegtuig wat deur die klankgrens gaan wat 'n harde knalgeluid tot gevolg het.

Die meeste van ons koeëls, afgevuur in ons hedendaagse jaggewere, vlieg vinniger as die spoed van klank en breek dus ook deur die klankgrens wat gevolglik ook 'n 'supersoniese knal' tot gevolg het.

My vrae nou - waar vind hierdie 'supersoniese knal' plaas?

a) Geweer sonder knaldemper? en

b) Geweer met knaldemper ?

Kan enigiemand antwoord op hierdie twee vrae en ook die antwoord op vraag b) toelig met veduideliking daarvoor?
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1841
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Supersoniese Knal -

Post by LoopSoosStroop »

Die supersoniese knal is 'n drie-dimesionle koniese skokgolf wat saam met die koeel beweeg soos wat hy deur die lug vlieg. Dit ontstaan en kan gehoor word met of sonder knaldemper, die volume daarvan afhangende natuurlik waar jy jouself bevind relatief tot die skokgolf.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1841
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Supersoniese Knal -

Post by LoopSoosStroop »

Hier is 'n oulike foto wat wys hoe dit lyk:

https://www.nasa.gov/mission_pages/gale ... 815/f.html
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Supersoniese Knal -

Post by alecjohnson »

Interessante een die, die supersoniese knal vvind natuurlik net plaas bo 1050fps +-.

met of sonder demper maak nie saak nie, dis die koeël wat die klankgrens breek die demper het nie 'n invloed nie. Met demper word die gasse gevorm vertraag en is die supersoniese knal meer opneembaar(Is dit ooit 'n woord?) dalk opmerklik. Dit vind volgens my net na die koeël in vlug beland plaas, direk na die kroon, maar dit is ook nie 'n enkele gebeurtenis nie, soos dit vlieg kan die gons gehoor word, dis van wat ek verstaan 'n klomp klein gebeurtenisse.

Hoop hier word nog lekker uitgebrei op die een.
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1841
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Supersoniese Knal -

Post by LoopSoosStroop »

As jy by "A" staan in die prentjie hier onder, dan het jy al die supersoniese "knal" gehoor. As jy by "B" staan is hy nog oppad.
sonic boom.jpg
Die klank wat die verbranding van die kruit maak is grootliks wat beheer word met 'n knaldemper, en 'n knaldemper kan niks aan die klank van die supersoniese golf of knal doen nie.

Dis hoekom 'n .45 ACP rondte at stadiger as die speod van klamp beweeg so stil gemaak kan word deur 'n effektiewe knaldemper. Die ontbrandings klank word beheer en daar is geen supersoniese klank nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 988
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm

Re: Supersoniese Knal -

Post by Toyrsi »

Goeie voorbeel is om voor in die Bisley skywe se gat te sit en skywe trek. Daai skoot(soniese klap) klap nog hard as die rondte bo-oor jou beweeg.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13509
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Supersoniese Knal -

Post by Capt. Yoda »

Silincer het geen impak op dit nie hy gaan nog klap is maar net die klank by jou wat sagter is net soos Stroop daar se en net soos Toyrsi se beleef jy dit baie mooi as jy tykens trek
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1534
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Supersoniese Knal -

Post by Giepie »

In die weermag is ons geleer oor die klap en die knal. Die klap, 'n skerp geluid, is wanneer die koeël by jou verby beweeg, die knal is 'n dowwer geluid en is wanneer die koeël uit die loop gaan en is agv die ontbranding. Met die tydsverkil tussen die klap en die knal kan jy die afstand skat. Die demper demp net die klank, en die recoil, by die geweer.

Jagters hoor 2 Klanke, die knal wanneer die koeël uit die loop gaan, en die doef wat jy hoor wanneer die koeël (hopelik) die bok tref. ;D
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1244
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am

Re: Supersoniese Knal -

Post by TFDADD »

Dankie vir almal se terugvoering.
LoopSoosStroop skryf -
Die klank wat die verbranding van die kruit maak is grootliks wat beheer word met 'n knaldemper, en 'n knaldemper kan niks aan die klank van die supersoniese golf of knal doen nie.
Pieter, jou sinvolle verduidelikings met behulp van die 'oulike foto' maak die verskil tussen die verbrandingsklank en supersoniese golf of knal, heeltemal verstaanbaar.

Giepie skryf dan heeltemal tereg -
Die demper demp net die klank, en die recoil, by die geweer.
Na aanleiding van bogenoemde wil dit dus blyk dat knaldempers net tot voordeel van die man wat die sneller trek is, nl. demp ontbrandingsklank en verminder terugskop van die geweer teen die man se skouer.
alecjohnson skryf -
die supersoniese knal vvind natuurlik net plaas bo 1050fps +-.
Wat min of meer die spoed van klank is (afhangende van hoogte bo seespieël) waar geskiet word.

My volgende vraag nou met die volgende gegewens ter inligting -
Jaggeweer lanseer koeël teen 3150vps (voet per sekond) na bok wat 200 meter weg staan.
Só, hierdie koeël vlieg nou heelwat vinniger as die spoed van klank (ongeveer 3 x) oor 'n relatief gesproke, baie kort afstand.

Gaan hierdie bok enige van die ontbrandingsklanke of die 'klank van die supersoniese golf of knal' hoor die oomblik as die vinnig bewegende koeël hom tref?
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1111
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Supersoniese Knal -

Post by J le Roux »

Die knaldemper demp die skoot se klank wanneer die hoe druk gasse uit die loop ontsnap. Vir persone redelik naby aan die wapen, maak nie saak in watter rigting nie, ongedemp is hierdie klank baie ordes hoër as die supersoniese knal van die koeël.

Dus is die knaldemper tot voordeel van almal wat in die vuurwapen se omgewing is.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 956
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Supersoniese Knal -

Post by OosKaapJagter »

Met betrekking tot jou vraag oor die bok op 200 meter behoort die bok die supersoniese klankgolf eerste te hoor direk na die skoot tref, gevolg deur die knal vanaf die geweer so twee derdes van 'n sekonde later.

As dit 'n breinskoot is sal die bok niks meer hoor nie.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13509
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Supersoniese Knal -

Post by Capt. Yoda »

TFDADD wrote: Tue May 09, 2023 7:33 pm

Gaan hierdie bok enige van die ontbrandingsklanke of die 'klank van die supersoniese golf of knal' hoor die oomblik as die vinnig bewegende koeël hom tref?
Net as jy hom mis skiet
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2940
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Supersoniese Knal -

Post by Lategan1 »

Die bok hoor hom aankom … daarom is so baie kopskote bekskote gevolg deur eina ego’s wyl die plaas fynkam.

Beste.

:-[
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1534
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Supersoniese Knal -

Post by Giepie »

'n Vraag - In teorie, as die bok op 200m staan en getref word, sal dit net die doef voel en hoor. Al die ander bokke anderkant die bok sal die doef en die knal van die geweer hoor, maar nie die klap van die koeël nie, want die klankgolf is nie by hulle verby nie. Is dit reg?
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Grenslyn
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 366
Joined: Wed Apr 08, 2015 9:25 am

Re: Supersoniese Knal -

Post by Grenslyn »

Giepie wrote: Thu May 11, 2023 10:44 am 'n Vraag - In teorie, as die bok op 200m staan en getref word, sal dit net die doef voel en hoor. Al die ander bokke anderkant die bok sal die doef en die knal van die geweer hoor, maar nie die klap van die koeël nie, want die klankgolf is nie by hulle verby nie. Is dit reg?
Dit is 100% korrek. Bokke wat nader aan die skut staan as die bok wat geskiet word sal eerste die supersoniese knal hoor en dan die doef hoor van die koeël wat tref en dan die slag van die geweer. Indien die afstand tussen die twee bokke baie klein is sal slegs een geluid gehoor word en daarna die slag van die geweer.
Hein
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 956
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Supersoniese Knal -

Post by OosKaapJagter »

Die supersoniese knal beweeg kort op die hakke van die koeël self. Die knal verdwyn nie net wanneer die koeël skielik tot stilstand geruk word nie. Daardie klankgolwe beweeg steeds en gaan steeds gehoor word. Die geluid van die koeël wat vasslaan en die supersoniese knal gaan egter so naby mekaar wees dat dit soos 'n enkele geluid ervaar sal word. Die slag van die geweer as dit 200 meter vêr is sal so 2/3 van 'n sekonde later daar aankom.
Zuku
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 299
Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm

Re: Supersoniese Knal -

Post by Zuku »

My 2 sent van hoe ek dit verstaan.

Die koeël beweeg ten beste spoed soos dit gemaak is, supersonies. Die lugdruk agter die koeël druk die koeël vorentoe. Sodra die koeël die loop verlaat word die gasdruk in die lug vrygelaat en beweeg in alle rigtings wat n bol vorm. Die bol vorminge lug wat ontsnap agter die koeël is wat die skut hoor. Die V vormige lug word gevorm sodra die koeël weg beweeg van die bol gas en die V vormige skokgolf word groter en langer agtertoe hoe verder weg van skut af beweeg wat die wat die klank verander. DIe skut kan nie die bewegende koeël hoor nie. As jy buite die skokgolf is gaan die klank meer na n "gezoem" klink as n knal. So wat jy hoor is waar jy is in vergelyking met die koeël se beweging.

As jy n knaldemper gebruik, bly die spoed van die koeël dieselfde. Die effek van die knaldemper breek en vertraag net die skokgolf (bol gas) wat die klank verander sonder om die spoed te verander. Sodra die koeël verder weg beweeg, word die V vormige skokgolf weer gevorm.

Hier kan gesien word hoe die lug reageer sodra dit die loop verlaat. Die V vormige skokgolf is nog nie gevorm nie, en die gas versprei in n bol in alle rigtings. Dit is die gas wat vertraag word deur die knaldemper

http://kuulapaa.com/home/highspeed/rifles.html

Image

Hier kan gesien word hoe die V vormige skokgolf begin vwrd sodra die koeël weg beweeg van die loop en die bol gas.

Image
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Supersoniese Knal -

Post by Wouter Roets »

More Zuku

Jy se die skut kan nie die koeel se knal hoor as hy deur die klankgrens gaan nie. Hoe verklaar jy dan dat as n mens skiet met n supersoniese .22 rondte in n geweer wat toegerus is met n knaldemper, jy dit duidelik hoor as skut? Die silencer absorbeer ten volle die gasse se klank, so dit is net die knal van die koeel wat deur die spoedgrens beweeg wat waarneembaar is.

Groetnis
Wouter
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1244
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am

Re: Supersoniese Knal -

Post by TFDADD »

OosKaapJagter » 11 May 2023 16:37
Die supersoniese knal beweeg kort op die hakke van die koeël self. Die knal verdwyn nie net wanneer die koeël skielik tot stilstand geruk word nie. Daardie klankgolwe beweeg steeds en gaan steeds gehoor word.
Ons moet hier in gedagte hou dat die supersoniese knal wat ontstaan sodra die vlieënde koeël deur die klankgrens breek, net 'n eenmalige klank effek is wat op dié spesifieke moment ontstaan - verwys na onderstreepte gedeelte van hierdie sin.

Dink aan 'n straalvliegtuig wat spoed opbou by 'n lugvertoning, sodra hy deur die klankgrens breek bokant jou, word die supersoniese knal hoorbaar - daarna sien mense verder weg die straal vliegtuig geluidloos bo-oor hulle vlieg met net sy straalenjin klanke wat 'n ruk later vir hulle hoorbaar raak (hy vlieg dus weg vir sy eie enjinklanke.)
Die straalvliegtuig kan net eenmaal deur die klankgrens breek, selfs al vlieg hy verder teen 2 tot 3 maal die spoed van klank.

Netso is dit ook met 'n koeël wat deur die klankgrens breek - eenmalige klank effek of supersoniese knal - kan ook nie weer deur die klankgrens breek nie, omdat koeëlspoed stelselmatig oor afstand gevlieg afneem. Die enigste verdere geluid wat die steeds vlieënde koeël kan maak, is heel moontlik 'n geringe suisgeluid - die nou omdat 'n koeël nie 'n enjin het soos die straalvliegtuig nie.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Supersoniese Knal -

Post by tripodmvr »

Dink mooi oor die tyd wat jy diens gedoen het in die skietgat. Watter geluide volg op mekaar?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Grenslyn
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 366
Joined: Wed Apr 08, 2015 9:25 am

Re: Supersoniese Knal -

Post by Grenslyn »

TFDADD wrote: Sat May 13, 2023 3:56 pm
OosKaapJagter » 11 May 2023 16:37
Die supersoniese knal beweeg kort op die hakke van die koeël self. Die knal verdwyn nie net wanneer die koeël skielik tot stilstand geruk word nie. Daardie klankgolwe beweeg steeds en gaan steeds gehoor word.
Ons moet hier in gedagte hou dat die supersoniese knal wat ontstaan sodra die vlieënde koeël deur die klankgrens breek, net 'n eenmalige klank effek is wat op dié spesifieke moment ontstaan - verwys na onderstreepte gedeelte van hierdie sin.

Dink aan 'n straalvliegtuig wat spoed opbou by 'n lugvertoning, sodra hy deur die klankgrens breek bokant jou, word die supersoniese knal hoorbaar - daarna sien mense verder weg die straal vliegtuig geluidloos bo-oor hulle vlieg met net sy straalenjin klanke wat 'n ruk later vir hulle hoorbaar raak (hy vlieg dus weg vir sy eie enjinklanke.)
Die straalvliegtuig kan net eenmaal deur die klankgrens breek, selfs al vlieg hy verder teen 2 tot 3 maal die spoed van klank.

Netso is dit ook met 'n koeël wat deur die klankgrens breek - eenmalige klank effek of supersoniese knal - kan ook nie weer deur die klankgrens breek nie, omdat koeëlspoed stelselmatig oor afstand gevlieg afneem. Die enigste verdere geluid wat die steeds vlieënde koeël kan maak, is heel moontlik 'n geringe suisgeluid - die nou omdat 'n koeël nie 'n enjin het soos die straalvliegtuig nie.
Sit manne op 200m, 300m, 400, 500m ens en skiet bo-oor hulle of by hulle verby. Almal hoor die supersoniese "crack" ongeag waar hulle staan. Jy hoor dit duidelik in die lug hier by jou soos die koeël verbykom. Ek is nie 'n wetenskaplike nie, maar praat maar net van wat ek self ervaar en waarneem.
Hein
User avatar
dennisinpe
Full Member
Full Member
Posts: 242
Joined: Thu Jan 21, 2016 8:30 pm

Re: Supersoniese Knal -

Post by dennisinpe »

sonic boom does not occur only at the moment an object crosses the sound barrier and neither is it heard in all directions emanating from the supersonic object. Rather, the boom is a continuous effect that occurs while the object is travelling at supersonic speeds and affects only observers that are positioned at a point that intersects a region in the shape of a geometrical cone behind the object. As the object moves, this conical region also moves behind it and when the cone passes over the observer, they will briefly experience the "boom".
User avatar
Grenslyn
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 366
Joined: Wed Apr 08, 2015 9:25 am

Re: Supersoniese Knal -

Post by Grenslyn »

https://youtu.be/GvtAElaDVz8

Hierdie wys dit baie mooi.
Hein
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1244
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am

Re: Supersoniese Knal -

Post by TFDADD »

by Grenslyn » 18 May 2023 10:20

https://youtu.be/GvtAElaDVz8

Hierdie wys dit baie mooi.
Na die kyk van die Grenslyn video hierbo, waarin dit duidelik blyk dat slegs onder baie spesiale omstandighede enige drastiese gevolge/skade deur die supersoniese knal van 'n straler tot stand gebring kan word EN slegs die knal geluid deur 'n koeël wat supersonies vlieg hoorbaar is, sonder enige gevolge/skade, wil dit voorkom of die onderstaande stelling redelik korrek is.
Netso is dit ook met 'n koeël wat deur die klankgrens breek - eenmalige klank effek of supersoniese knal - kan ook nie weer deur die klankgrens breek nie, omdat koeëlspoed stelselmatig oor afstand gevlieg afneem. Die enigste verdere geluid wat die steeds vlieënde koeël kan maak, is heel moontlik 'n geringe suisgeluid - die nou omdat 'n koeël nie 'n enjin het soos die straalvliegtuig nie.
Enige iemand wat hierdie bespreking sinvol kan saamvat vir ons almal, veral in terme van hoekom sommige jagplaas eienaars so naarstigtelik streng daarop is dat geen jagter sonder knaldemper op sy plaas mag jag nie?
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
Zuku
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 299
Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm

Re: Supersoniese Knal -

Post by Zuku »

No n goeie video. Veral die gedeelte as die voorwerp supersonies beweeg.

https://youtu.be/JO4_VHM69oI
Post Reply