Een belangrike punt wat ek opgemerk het toe ek na die storie kyk en ek wil jou nie kritiseer nie, jy behandel geen skiet tegniek vir die bosveld wereld nie, alles word behandel oor die wye oop vlaktes. Maar aan die ander kant is dit seker waar meeste van hierdie probleem diere skade maak.
Ek het die volgende ondervinding gehad toe ek vir die eerste keer my toerusting in die bosveld uit getoets het. Nadat ek my caller, CD's, riostaat lig van Tewis in ontvangs geneem het het ek so 15:00 die middag stelling in geneem in een van die uitkyk poste op die plaas (voertuig was nie naby nie - by die huis gelos) die uitkyk pos is gelee naby 'n grond dam met 'n redelike wye oop land daarom, gras lekker kort. Ek stel toe die remote reg op volgens die wind rigting ens. - omtrend so 50 tree van die uitkyk pos af. Wag toe 5min in stilte en laat waai toe met jakkals "locator" met geen reaksie van die jakkalse. Wag toe so 2 min en speel vlakhaas distress met wag poses tussen in, niks gebeur nie. Omtrend so 40min nadat ek begin roep het, het ek vir 'n oomblik my oog van die remote/speaker af gehaal en toe ek weer terug kyk staan jakkals teef omtrend 5 tree van remote/speaker af. Sy het kort daarna verkas na beter wy velde. Stuur toe vir nefie om Jakkals te loop optel en nader te sleep tot by remote/speaker. Nadat ek geskiet het was daar 'n breuk van om trend 30min voordat ek weer begin roep het met jakkals baklei, gevolg met jakkals distress en so 15min daarna kom 2de teef in tot omtrend 100m van waar ek sit, sy steek toe vas en gaan le plat in die gras dat net haar koppie uitsteek. Ek probeer toe kop skoot met 303 maar skiet mis...
Die 2de keer was ek en Michiel saam in die nag met Takuza (1982; V8 CHEV SILVERADO) op die selfde plaas. Ons neem toe stelling in naby die westelike grens van die stuk grond met 'n redelike oop area skuins voor ons waarin ons toe die remote/speaker plaas (hy was omtrend so 50 tree voor die bakkie en 40 tree links teen die wind m.a.w ons staan to 50 tree onderkant die wind), agter ons was daar ook 'n redelike oop land met lang gras. Ek laat waai toe met "locator" en onmiddelik antwoord die Jakalse agter ons in die lang gras, ons lig maar sien niks - gras is te lank. Hou aan roep met vlakhaas distress met nodige wag poses tussen maar niks kom in nie. Speel so 40min later weer lokator en weer antwoord jakalse agter ons in lang gras, omtrend 50 meter van bakkie af maar hulle wil vir niks inkom na die caller/speaker toe nie en ons kon geen oe optel a.g.v. lang gras nie. Het toe later op gegee, en huis toe gekeer. Ek besef toe dat dit belangrik is om in 'n area te roep waar jy tot op die grond (laer as die laagste gras) om jou kan sien, anders lag hulle jou uit tussen die lang grasse.


