Watter haelgeweer? (Nog n keer!?)
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2133
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Watter haelgeweer? (Nog n keer!?)
Goeiedag Jaracal,
My bevoegdheidseksamen vir haelgeweer is gedoen en word eersdaags ingehandig by ons plaaslike DFO. Ek het dus so agt maande tyd voordat die sertifikaat opdaag; intussen wil ek begin kyk na 'n haelgeweer om aan te skaf. Nou is die ou vraag: watter een? Ek het al baie opgelees op die verskillende forums en my kop staan semi-outomaties se kant toe. Iets met n verlengbare magasyn, of n standaard 6+ konfigurasie.
'n Bietjie agtergrond:
- ek het redelik min ervaring met haelgewere
- met 'n semi-outo skiet ek om een of ander rede akkurater as met 'n pomp-aksie, of enige van die dubbellope
- hy gaan nie baie werk nie, hoogstens n skietdag of twee per jaar, en dalk n paar voëls op n plaas.
- ek wil een keer koop en klaarkry - betroubaarheid is my heel grootste vereiste
- iets soos 3-gun ens sal waarskynlik nie vinnig plaasvind nie
"Grense" wat ek al vasgestel het:
- dit is waarskynlik nie nodig vir n Italiaanse nommer nie - n tweedehandse VSA-fabrikaat behoort heeltemal goed genoeg te werk
- hoe lastig is dit om net drie of vier skote in die magasyn te hê - die dubbelloop-skuts moet tog elke keer laai? (Is dit eerder n probleem met skare-beheer en/of sportskiet?)
- ek sal waarskynlik eerder na 'n langer loop moet kyk; die 18"- en 20"-lope is werklik nie geskik vir kleiduif en jag nie.
By voorbaat dank vir al die gedagtes!
Moedswillige vraag: hoe slim of dom is dit om sommer net met n ou 32" enkelloop te begin?

Krobb
- Full Member

- Posts: 177
- Joined: Sat Mar 01, 2014 4:57 pm
Re: Watter haelgeweer? (Nog n keer!?)
Ds. Google "beretta a300 jaracal".
Daar is al die inligting wat jy soek.
Die A300 is ongelukkig net 3+1 verder tik hy al die boksies.
Daardie ou langloop enkelskoot haelgewere skop soos donkies.

Zuku
- Sr. Member

- Posts: 299
- Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm
Re: Watter haelgeweer? (Nog n keer!?)
Vraag mbt tot semi automatiese (pomp aksie) haelgewere vir jag doeleindes. Van die meeste jag regulasies bepaal dat n geweer vir jag doel eindes mag nie meer as 2 skote mag skiet voordat dit weer gelaai word nie. Hoe is dit van toepassing op n pomp aksie /semi auto haelgewere. Moet the magasyn verander word dat dit dan net 1 rondte mag vat en 1 in loop?
-
Forester
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am
Re: Watter haelgeweer? (Nog n keer!?)
Ds J, ek sou nie 'n semi aanraai nie. Hoekom nie eerder 'n goeie tweedehandse O/U nie? Die "sight picture" is tog dieselfde as 'n enkelloop en 'n mens is inelkgeval nie veronderstel om te mik met 'n haelgeweer nie. 'n Semi gaan nie lekker werk vir kleiduif of jag nie, mense verkies om te kan sien dat 'n ander skut se geweer veilig is. Kyk na 28"-30" lope.
Wynand
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2133
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Watter haelgeweer? (Nog n keer!?)
Die enigste rede vir my oorweging is dat ek om een of ander rede akkurater skiet met die semi-outo's.Forester wrote: Tue Aug 23, 2022 10:03 am Ds J, ek sou nie 'n semi aanraai nie. Hoekom nie eerder 'n goeie tweedehandse O/U nie? Die "sight picture" is tog dieselfde as 'n enkelloop en 'n mens is inelkgeval nie veronderstel om te mik met 'n haelgeweer nie. 'n Semi gaan nie lekker werk vir kleiduif of jag nie, mense verkies om te kan sien dat 'n ander skut se geweer veilig is. Kyk na 28"-30" lope.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Watter haelgeweer? (Nog n keer!?)
Om semi-auto aan te koop vereis gewoonlik toegewyde sportskutstatus of 'n fisiese gebrek wat die ander tipes uitsluit. Het jy sulke status?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Kolhasie
- Hero Member

- Posts: 547
- Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm
Re: Watter haelgeweer? (Nog n keer!?)
Hoekom nie pomp aksie nie?
Kan vinnig skiet as jy moet
Kan vinnig skiet as jy moet
-
obasch
- Hero Member

- Posts: 721
- Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am
Re: Watter haelgeweer? (Nog n keer!?)
Self is ek 'n groot semi liefhebber, besit en gebruik ek die wat ek het wanneer ek kan, maar na baie jare moet ek erken 'n O/U kry die tumbs up, veral as 'n eerste haelgeweer.
My stuiwer in die arm beurs:
- ek wil een keer koop en klaarkry - daar bestaan nie so iets nie, sodra die haelgeweergogga byt volg die volgende een, ....en nog een, .....en nog
- betroubaarheid is my heel grootste vereiste - hoewel semi's baie betroubaar is, is 'n O/U of SxS net soveel eenvoudiger en meer betroubaar
- hoe lastig is dit om net drie of vier skote in die magasyn te hê - wat jy nie met 2 skote raakgeskiet kry nie sal jy ook nie met skoot #3 & 4 & 5 raakgeskiet kry nie. Boonop is dit 'n beslommernis om die magasyn leeg te maak elke keer as jy jou geweer wil veilig maak.
- 30" in 'n O/U is aan te beveel maar 28" is ook aanvaarbaar ('n semi met 28" hanteer naastenby soos 'n O/U met 30") korter as 26" is in elk geval nie toegelaat volgens meetse kleiskiet dissiplines nie
'n Enkelskoot gaan jou grensloos frustreer, dis gemaak vir slange, muise en rotte in die skuur
Die enigste rede vir my oorweging is dat ek om een of ander rede akkurater skiet met die semi-outo's - jy gaan mos leer om beter te skiet met wat jy gaan aanskaf, baie belangrik kry 'n geweer wat jou ordentlik pas (gaan praat met die goeie skuts by 'n kleiskiet klub, meeste is baie behulpsaam en sal jou baie leer)
Zuku - 'n pompaksie word na elke skoot herlaai so dit is wettig net so, 'n semi is wettig met 'n limiter in die magasyn.
Semi's is nie meer die muishond van die verlede nie, dit word nou se dae baie gebruik vir kleie skiet ('n sigbare vlaggie in die oop aksie werk goed om mede skuts gerus te stel)

Obasch, baie dankie, dit maak sin.
Sou daar n rede voor wees dat ek beter met die semi-outo's geskiet het? Ek wonder nou of die teikens nie dalk nader was nie?

- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2464
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Watter haelgeweer? (Nog n keer!?)
N semi skiet baie lekker voëls, en is baie handig as n ou daardie extended tube op sit met 8 of 9 rondtes ....veral as die volgende sarsie voëls vinnig op n ou afkom.
Die terug skop op n semi is vir my ook effe minder as op n o/u of s/s, so die jong span of vroulief kan ook lekker saam speel. Die ander voordeel (vir my) is dat hy dan ook lekker vir huis beskerming kan dien.
Die een nadeel is dat jy net die een choke het en dalk stadiger laai.
N ou kry nie so maklik daardie snaakse uitkyk by die klei baan met bv. n o/u nie, maar ek't al manne met pompaksies by die klei baan gesien deelneem, sonder drama.....hulle staan ongelukkig uit soos n seer oog, as so iet jou sou pla.
Dit mag dalk makliker wees om n lisensie vir n o/u te bekom, en nog meer so as jy dalk nie toegewyde status het nie.
My eerste shotty is n o/u, oor ek hou van die meer tradisionele maar is verseker sterk oppad na n semie sodra die regte een oor my pad kom vir n sak-pas prys. My o/u was effe kort vir my maar het net een van daai recoil pad kouse oor getrek wat hom nou ook nog sagter oo die skouer maak.
In n semi skiet die Franchi baie lekker. Die ander baie lekker semi, vir my, is die Benelli.....ek dink byde kom dalk met shims om hom vir jou te "pas". N ou kan seker ook nie vout maak met n Beretta nie....kyk dalk net dat n ou wel n extended tube kan op sit, veral met sekere modele. Die ander goet, bo en behalwe die extended tube, is dalk om te kyk of hy vir "steel shot" geskik is en dat n ou vel chokes kan ruil as jy wil.
N ou wapensmid het my eendag mooi laat versteen dat Italiaans die regte keuse is in n shotty....dit het dalk al baie verander met moderne CNC masjiene, maar betroubaarheid bly n primere oorweeging.
Koop dalk wat jou die meeste trek, dan geniet jy hom net daardie klein bietjie meer.....en basta met wat ander dink by die skiet baan of jag veld
Sent from my SM-A515F using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
-
pietskiet
- Full Member

- Posts: 139
- Joined: Fri Jun 26, 2009 10:28 am
Re: Watter haelgeweer? (Nog n keer!?)
Middag al die shotgunners
Ek wil my eerste haelgeweer koop, en soek ook bietjie leiding en hulp om my gedagtes te struktureer. Het nou deur hierdie draad en n paar ander gelees, en dink my mind is opgemaak om n O/U te koop, i.p.v semi-auto waarna ek eerste gekyk het.
Wil n paar kleie skiet, en n paar voële so af en toe. Die opsies in die O/U mark is nogal baie en daar is groot verskille in prysklas - n Beretta Silver Pigeon begin hier by R40k, maar dan kan jy ook n turkse model kry vir seker R15k. Ek glo nogal aan buy once, cry once, maar is ook nie lus om noodwendig R40k vir n gun te betaal as n R10k model die job net so goed kan doen nie.
Ek weet met iets soos Rangefinders se die ouens koop eerder n tweedehandse Leica as n nuwe no-name brand...Wat is julle gevoel oor tweedehandse haelgewere? Soek ek eerder vir n goed opgepaste Beretta,Benelli, Browning of selfs Miroku, of kan ek maar met n geruste hart n goedkoper maar nuwe geweer koop?
Indien tweedehands, waarna moet n ou uitkyk in terme van potensiele slaggate?
Ds J: het jy toe ooit n haelgeweer gekoop en indien wel, wat?

Braveheart
- Newbie

- Posts: 25
- Joined: Thu Mar 23, 2023 8:48 am
Re: Watter haelgeweer? (Nog n keer!?)
Pieter gaan lees weer Obasch se baie goeie raad.
As ek iets kan byvoeg is dat tegnologie in haelgeweer lope baie meer gevorderd is as wat die gemiddelde man besef. 'n Goeie haelgeweer het nie net twee pype op 'n goeie aksie nie. As jy 'n "can of worms " wil oopmaak gaan google 'n bietjie "Guide to Shotgun Barrels"
Goeie hout en grafering vang die meeste oe en persone as dit by haelgeweer keuses kom veral by die eerste keer koper. Vir die kompeterede skut sal daar dieper na die aksie en lope gekyk. Dis waarom ek altyd sê koop wys. Tweedehandse waarde word ook grootliks hier bepaal.
Soos met alles gebeur dit soms dat ietsie breuk. By fabrikate soos Beretta en Browning sal jy altyd parte beskikbaar hê om jou vinnig uit te help.
Haelgeweer koop is soos vrou soek. Soos Obasch noem Is daar altyd plek vir nog 'n haelgeweer, eers een dan nog een ens. Ek het drie. Vat jou tyd en koop die regte een wat "OORDENTLIK REG PAS" met 'n verstelbare comb. Ek het twee amper twee jaar se skiet gemors deur by die geweer te probeer aanpas. Die geweer moet 100% reg vir jou ligaam mates wees. Die geweer moet gerieflik REG pas sodat hy sal skiet waar jou oe kyk--nie anders om nie. Elke Kleiskiet klub het geakriditeerde opgeleide afrigters en wyse ou manne wat jou hiermee kan help. In my klub is almal Protea skuts self. Gaan kuier gerus by 'n klub naby jou. Jy sal verbaas wees hoe vinnig en vriendelik skuts sal wees. Belangrike tip----Luister na een afrigter wat 'n goeie geskiedenis het want almal is te greetig om jou te probeer help. Dis hier waar jy regtig sal begin haelgeweer skiet op die regte manier. Jou scores sal wys hoe jy groei. Met die kostes van haelgeweer ammo is dit wys om van die begin af 'n bietjie opleiding te kry vir die eerste koper. Alles in haelgeweer skiet gaan oor raakskiet wat bepaal word deur "Gun Fit"
Ek is ook kranige vere skieter. Ek geniet dit baie maar kan bysê dat dit vinnig slegte gewoontes aanleer soos kop optel, ens. Daar is verseker 'n plek vir Kleie en vere skiet solank jy dit geniet. Dis tog waaroor alles gaan.
Is daar 'n plek vir goekoper Haelgewere? Verseker as jy een keer 'n jaar 'n paar duiwe en kleie wil skiet. Onthou net een ding. Jy kry wat jy voor betaal. Parte kan 'n probleem wees. Daar is redes waarom seker wapens goedkoper is as ander. (Soos lope, hout en gravering) Onthou meeste van die nuutste gravering word gestamp en nie met die hand gedoen nie. Alles gaan oor kostes. Sal ek een koop----Beslis NEE
Ek skiet 'n Beretta Silver Pigeon wat goed by my pas. Ek sal graag 'n Beretta 694 of DT11 wil aanskaf teen die regte prys maar op die staduim is die Silver Pigeon se vermoeens baie meer as my eie skietvermoee. Die vraag wat ek altyd vra? Gaan 'n R220 000 Beretta DT11 of R100 000 Beretta 694 my beter laat skiet? Gaan my score met 1 of 2 punte optel? In my geval sal ek NEE sê. Al waneer ek "Ja" sal sê as dit by 'n belegging kom. Die regte geweer teen die regte prys.
'n Beretta Silver Pigeon of Browing 525 is goeie waarde vir geld en geweer genoeg om jou baie ver te vat in kleie en vere skiet. Kyk Na 30" lope.
Sterkte met alle potensiele kopers se besluite en keuses.

Hi Braveheart
Baie sinvolle raad, baie dankie. Ek het Obasch se plasing aandagtig gelees - dis juis agv sy plasing wat ek afgesien het van my semi-outo plan en besluit het op n O/U.
Die een stukkie advies wat lyk my universeel verkondig word is dat dit is om seker te maak die gun pas jou. Ek hou van hoe jy dit gestel het: "Die geweer moet gerieflik REG pas sodat hy sal skiet waar jou oe kyk--nie anders om nie",
Ek gaan n draai maak by die Valley Gun club (was nou die dag daar, smart setup!) en kers opsteek.
As hier enige Jaracaller in die Paarl rond is wat sal bereid wees om bietjie kennis te deel sal ek dit baie waardeer. Ek betaal graag in goeie wyn en biltong ;-).
Weet nog nie hoe ernstig ek oor haelgeweer skiet gaan raak nie, so dis n groot sprong om R40k + uit te haal vir n ordentlike roer. Nie eers vir my jaggewere so baie betaal nie! Maar n beretta het darem net n allure wat moeilik is om te ignoreer....

blaser
- Hero Member

- Posts: 1609
- Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm
Re: Watter haelgeweer? (Nog n keer!?)
N SEMI IS KONING KYK NA DIE BENELLI
het min terug skop
het min terug skop