Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Hoeveel meriete is daar in, om jou kolf ligter te maak deur bv. gate onder jou recoil pad, dieper die kolf in te boor.
Ek verstaan dat 'n man nie die kolf se sterkte moet affekteer nie. Dit is 'n Richards Microfit lamineer kolf so ek dink hy is reeds lekker sterk.
Vir my ook lekker gemaklik maar net effe te swaar.
Die Brno se kd sal afkom en dit sal hom ligter maak, asook makliker hanteerbaar.
Hoeveel gramme sal jy so met n kolf werkery wen??
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Ek dink ook maar hardop, maar ek weet nie hoeveel gewig jy gaan verloor met sulke gate nie. Vir die balans van die geweer is dit dalk 'n groter probleem. Ek sou dan eerder voor by die handgreep weg vat, sonder om rigiditeit in te boet.
Last edited by Giepie on Wed Jun 28, 2023 4:33 pm, edited 1 time in total.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
N lekker dra band help nogal baie... een van myne weeg by die 6kg om te help met terug skop, en kan darem n entjie loop met hom voor dit te ongemaklik raak.
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Skryf dalk maar vir die maatskappy en hoor wat hulle sê?
As jy dit vir die .22 wil doen behoort jy lekker te kan speel want die voorgreep is 5cm breed. Op die 308 sal ek versigtiger wees en mooi na hulle voorskrifte luister.
Edit: vir watter doel moet hy ligter word? Die rede vir my vraag: metaal is swaarder as hout, en ek veronderstel dat jy met hom wil stap. As hy werklik baie ligter moet word is dit dus sinvoller om ook aan die metaal te werk: die loop korter te maak, n klein aluminium knaldempertjie opsit en n eenvoudige teleskopie opsit. As jy dan nog die kolf uitboor sal jy waarskynlik n geweer van 3.5kg kan hê.
Ter verwysing: my 308 ( BRNO ZKK601 ) met knaldemper, standaard kolf, teleskoop en patrone weeg ongeveer 4.1kg. Die lengte is n groter probleem as die gewig.
Last edited by Ds J on Fri Jun 30, 2023 12:04 am, edited 4 times in total.
Cobus, jy kan taamlik gewig spaar as jy hom agter uit boor veral op n laminate kolf. Kyk maar net na die roer se balans as jy agter begin gewig weg vat
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Om jou gewigverlies weens uitholling van die kolf te bereken kan jy soos volg werk:
Aanname: Hout is gewoonlik effens ligter as water, veral as dit mooi droog is. Gelamineerde hout is ge-impregneer met hars, dus is dit swaarder as gewone droë hout. Dis 'n redelike aanname om te aanvaar dat jou kolf se hout ongeveer 1g per cm^3 of bietjie minder kan weeg.
Bereken dus die volume van die hout wat jy gaan uitboor in cm^3.
Die formule vir die volume van 'n silindriese gat is V = pi x r x r x l. (pi = 22/7, r = radius van gat en l = lengte van gat.)
Werk in centimeter. Die antwoord in cm^3 is dan naby aan die gewig in gram.
Dit gaan vir jou 'n goeie idee gee van jou potensiële massaverlies.
Meet 3 keer en boor een keer. Dis nie so maklik om 'n gat wat te ver geboor is weer toe te stop nie.