Goeie dag Manne.
Ek kort so bietjie hulp hierso namens n vriend van my.
Soos bo aangemeld sit hy met n oorspronklike kondisie Mauser in 8x57 J(318 Cal),.die loop & geweer is nog in n baie goeie kondisie.
Die probleem is ammo,.of duur om te bekom of altaans skaars om komponente te kry.
Hy wil hom dalk maybe convert na 8mm-06mm.
Ek verstaan dat die loop sal ge-ream moet word & dalk moontlike veranderings aan die kamer ens,met ander woorde so bietjie Gunsmithing werk deur iemand wat sy storie ken.
Sal dit maklik gedoen kan word?
Indien wel hoe lyk die prosedure?
Enige hulp & of advies sal wardeer word.
Ek hoor graag an iemand wat beter kennis as ek het.
Baie dankie.
8x57 Mauser J
-
Johan van Wyk
- Hero Member

- Posts: 619
- Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Re: 8x57 Mauser J
Eerstens, as die geweer 'n oorspronklike, onaangeraakte (maw geen teleskoopgate, nuwe snellers, veiligheidsknippe, warm bloutenks of gebuigde slothandvatsels nie) Oberndorf Mauser is, is hy waarskynlik genoeg werd vir 'n versamelaar om jou vriend genoeg te betaal dat hy (binne perke) 'n nuwe fabrieksgeweer in 'n kaliber van sy keuse sal kan koop met die opbrengs. Oorspronklike Mauser sportgewere word net skaarser, en dis nooit lekker om te sien hoe een "omskep" word en sodoende al sy versamel- en monetere waarde verloor nie. As jy 'n foto of twee van die geweer en die proefmerke kan opsit, sal dit help.
Tweedens, die omskepping waarvan jy praat is bepaald nie vir enigiemand om te doen nie! Daar is waarskynlik iemand in SA wat 'n loop se interne deursnit van .318" na .323 kan sny, maar selfs al is dit suksesvol sit jy na die tyd steeds met loopstaal uit die 1920's of 30's wat nie gemaak is vir gebruik met moderne, harde projektiele nie.
Derdens, Claw in SA maak .318" koele, en met 'n bietjie moeite sal jou vriend 8x57J matryse in die hande kry. 8x57 doppe is bekombaar, en met alles byderhand is daar geen rede hoekom die geweer nie weer gebruik kan word soos hy is nie.
My 2c.

Last edited by Johan van Wyk on Wed May 10, 2023 8:02 am, edited 1 time in total.
-
HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Re: 8x57 Mauser J
Mornings
Ek het 'n 8x60J, dus dieselfde probleem met patrone en punte. Quest maak ook .318 punte op aanvraag. As die man nie self herlaai nie, het hy 'n groot uitdaging. Hy sal wel 'n loopvervanging moet doen as hy gewone 8mm "S" punte (.323) wil skiet. Ek sien nie die nut om die geweer te herkamer na 8-06 nie... Net die dopgroote gaan verskil en hy gaan ballisties nie regtig veel daarby baat nie...
Mooi dag daar!

- LoopSoosStroop
- Hero Member

- Posts: 1841
- Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Re: 8x57 Mauser J
Conversion gaan baie meer kos as om 'n stel oordentlike doppe en matryse in die hande te kry. Koeels is plaaslik beskikbaar by verskeie vervaardigers.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering
-
Bismarck 1941
- Jr. Member

- Posts: 51
- Joined: Wed Apr 19, 2023 9:04 pm
Re: 8x57 Mauser J
Dankie Manne vir al julle antwoorde wat julle aan my verskaf het.
Ek is jammer dat ek nou eers terug ietsie stuur oor hierdie saak,baie vewikkelinge gehad die laaste tyd wat al my aandag gekort het.
Sover ek laaste gehoor het, het hy blykbaar die geweer aan verkoop aan sy familie.
Ek het die nodige kennis & antwoorde aan hom oorgedra voor die verkoop..
Groete.
H.