Naand Almal,
Ek het n 308 Musgrave wat ek 7 jaar terug geerf het.
Die loop se serial nommer lees: OB 347168
Die aksie se serial is: ERA 347168
Ek het al baie opgelees oor die serial wat met "OB" begin maar kry nerens inligting oor die serial wat met "ERA" begin nie.
Kan enige iemand my help identifiseer watse aksie die geweer op gebou sal wees?
Groete,
Tielman
Musgrave OB/ERA aksie hulp
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Musgrave OB/ERA aksie hulp
https://www.youtube.com/watch?v=FSkxou4M5Mk
ERA het die P14/P17 aksie gebou. Lyk jou aksie soos die in die video?
ERA het die P14/P17 aksie gebou. Lyk jou aksie soos die in die video?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1870
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Musgrave OB/ERA aksie hulp
Musgrave het lope in verskeie profiele, ook ongeprofileerd, verkoop met OB- reeksnommers op. Wapensmede regoor die land het hulle op aksies gemonteer om gewere te bou of om verweerde lope te vervang. Die OB- nommer dui dus net op die loop se oorsprong, maar nie die geweer nie.
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Musgrave OB/ERA aksie hulp
ERA staan vir Eddystone Rifle Arsenal. Was n filiaal van Remington. Het baie P14 gewere in 303Br en P17 in 30-06 gebou vir die eerste Wereld Oorlog.
Baie is omgebou na jaggewere.
Jou loop is n Musgrave loop.
Baie is omgebou na jaggewere.
Jou loop is n Musgrave loop.
