Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?
- Rudi Fischer
- Hero Member

- Posts: 1869
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?
Dagse Julle.
Jammer ek val nou so met die deur in die huis in.
Ek het nou die dag n klomp S&B doppe in 223 gekry en gedink om hulle te verander na 6x45.
Uitgeglooi en deur my 6x45 FL die gedruk en almal van hulle het daai doughnut.
Nog nooit die probleem op Rem of Sako doppe gehad nie.
Wonder nou of dit n S&B issue is

Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2956
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?
Rudi, was ook aanvanklik my aanname. As jy hierdie draad deurlees en dit wat ek opgelees het elders, het ek besef die probleem strek wyer.Rudi Fischer wrote: Tue Aug 01, 2023 10:18 am Dagse Julle.
Jammer ek val nou so met die deur in die huis in.
Ek het nou die dag n klomp S&B doppe in 223 gekry en gedink om hulle te verander na 6x45.
Uitgeglooi en deur my 6x45 FL die gedruk en almal van hulle het daai doughnut.
Nog nooit die probleem op Rem of Sako doppe gehad nie.
Wonder nou of dit n S&B issue is
Ek sal hopelik die antwoord oor tyd kry.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2956
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?
@ Arnold,
Ladder en later ook bevestig deur Driepoot en QL ek reg onthou. My groepe is tipies tussen 0.55 - 0.75 MOA saam met die uitskieter. Ek wil konstant tussen 0.35 - 0.55 wees. Ek kry nou en dan ook 0.8 - 1.1 MOA. Op 300-400m afstande mis jy dan ‘n Kolgans en Wildemakou heeltemal!
TPL verstellings gedoen en dit nou oorgedoen vir ingeval iets verander of ek dalk te grof was in my inkremente. Het 0.2mm vanuit groewe begin ek reg onthou.
Jip, ek gebruik dus fyn verstellings.
Ek het jou eiesoortige - dwarsgat
- toets hiermee mooi bestudeer tydens jou vorige plasing. Dink dit kan die wydte van ‘n band dalk mooi uitlig, veral by die klein doppe. Ek volg jou navorsing verder!
Beste.
Ladder en later ook bevestig deur Driepoot en QL ek reg onthou. My groepe is tipies tussen 0.55 - 0.75 MOA saam met die uitskieter. Ek wil konstant tussen 0.35 - 0.55 wees. Ek kry nou en dan ook 0.8 - 1.1 MOA. Op 300-400m afstande mis jy dan ‘n Kolgans en Wildemakou heeltemal!
TPL verstellings gedoen en dit nou oorgedoen vir ingeval iets verander of ek dalk te grof was in my inkremente. Het 0.2mm vanuit groewe begin ek reg onthou.
Jip, ek gebruik dus fyn verstellings.
Ek het jou eiesoortige - dwarsgat
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?
]Lategan
Die moeilikheid met 223 vs ander klein kaliber geweertjies is die 223 se nek is baie kort. Dopvolume is ook baie minder as ‘n 22-250bv. Dus is lae ES ‘n ding wat jy gaan sukkel mee.
Donuts gaan jy kry na 4-5skote per dop.
Al hoekom ouens die nie agterkom nie is omdat die kortgat 53-55gr nie tot in die donut seat nie.
Ek het al ‘n tussen 3-4000skote met 223 geskiet die laaste paar jaar en kon nog nooit ‘n ES van onder 15fps konstant regkry nie.
Primers/kruite/koeëls/doppe/nekke geskik en ook verskillende kamers gesny.
Ek laai my 223 ook met my FX120 en Autotrickler wat 0.02gr akkuraat is. Maak geen verskil vs ‘n Chargemaster nie.
Volgens my kan 223 en lae ES kan nie in dieselfde sin genoem word nie(net soos 22-250AI en lang loopleeftyd)

Last edited by Apie on Tue Aug 01, 2023 6:00 pm, edited 1 time in total.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2956
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?
Waardevolle info, ook jou akkurate laai is NB, dankie Apie. Bly jy bevestig weer die kort dopnek.Apie wrote: Tue Aug 01, 2023 6:00 pm ]Lategan
Die moeilikheid met 223 vs ander klein kaliber geweertjies is die 223 se nek is baie kort. Dopvolume is ook baie minder as ‘n 22-250bv. Dus is lae ES ‘n ding wat jy gaan sukkel mee.
Donuts gaan jy kry na 4-5skote per dop.
Al hoekom ouens die nie agterkom nie is omdat die kortgat 53-55gr nie tot in die donut seat nie.
Ek het al ‘n tussen 3-4000skote met 223 geskiet die laaste paar jaar en kon nog nooit ‘n ES van onder 15fps konstant regkry nie.
Primers/kruite/koeëls/doppe/nekke geskik en ook verskillende kamers gesny.
Ek laai my 223 ook met my FX120 en Autotrickler wat 0.02gr akkuraat is. Maak geen verskil vs ‘n Chargemaster nie.
Volgens my kan 223 en lae ES kan nie in dieselfde sin genoem word nie(net soos 22-250AI en lang loopleeftyd)
Ek gaan voort met my reamer-plan! Kom ons kyk.
Beste.
Last edited by Lategan1 on Wed Aug 09, 2023 6:09 am, edited 1 time in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2956
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?
@JGZ, ek plaas hier vir bymekaar hou.
Met komplimente van Handloader Magazine. Vrygestel 8/2023, goeie praktiese leesstof, geld nie net vir .223 nie.
Iemand met “science calc” dalk Winchester dop se Std Dev kontroleer, ek sien berekeningsfout by die maks. dopnek wanddikte.
Paar goed staan vir my uit, dalk ‘n onderrok wat uithang?
https://www.handloadermagazine.com/the- ... 3-accuracy

Last edited by Lategan1 on Sun Aug 06, 2023 1:38 pm, edited 2 times in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Rawstorne
- Full Member

- Posts: 122
- Joined: Mon Oct 10, 2022 6:26 pm
Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?
Baie dankie Lategan1
Dit is interessante leerstof.
Ek dink altyd aan die inligting in die Denel/Somchem boek wat aantoon wat maak 'n groot en klein verskil aan akkuraatheid.
Ek volg hierdie draad noukeurig.

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?
Julle wat nou so praat oor die 223 het my na my Excel rekords laat loer. Hier is wat ek in Des 2022 geskiet het. Die onderste groep is 55gr PMP wat op nodespoed was.
TPL Koeël S321 Gem spoed Groepgrootte Berekende nodelading en spoed
56.4mm 40Vmax 27.9gr 3669 29mm 10 skote 28.05 3690
Van die individuele spoed gemeet
3 644
3663
3679
3649
3693
3686
3666

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2956
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?
Terugvoer.
Geweer: Rem mod 700 + Tim sneller, gepak + pilare,
Nikon 3-12x40,
55gr Sierra Varminter #1360 platbasis,
S321 25.1gr @ 3260 vps.
Groepe geskiet sonder Magneto.
My laaste 6 groepe oor 2 dae en verskillende weer is konsekwent en redelik goed. Geen opmerklike uitskieters soos voorheen nie. Laaste groepe is 4-skoot met korter TPL.
Groepe wissel 0.46 - 0.68MOA, 100 en 200m,
S&B doppe grof geklas, “anneal” vorige herlaai,
Opeenvolgende konsekwente groepe in TPL wat verkort met 0.2mm tot 46mm,
My geweer verkies korter TPL, sien teikens.
Bogemelde resultate nog nooit so konsekwent behaal nie.
Doppe liggies gedoen met “Fullsize die”, skouers slegs 0.0005” gedruk. SONDER DECAPPING ROD,
Druk nekke deur Exp mandrel .222,
Nekke Lee Collet Neck Die,
Ligte nekspanning/greep, kan koeël net net nie met hand indruk nie,
Koeëls het mooi eweredig en egalig ingepers na die exp mandrel proses + LCND.
Volgende stappe is reeds mee begin: “neck reamer” + nekke skil op een lot.
Ek het gevorder, nog ruimte vir beter. My mikpunt is om uiteindelik slegs die LCND te gebruik en sporadies die vollengte matrys, vir gerief!
Beste.
1ste teiken is 3x groepe vir 100, 200 & 300 teleskoop stelling.

Wildgeese
- Newbie

- Posts: 14
- Joined: Mon Nov 19, 2018 5:25 pm
Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?
Interresant ek kry min of meer dieselfde 3 mooi skote en 2 effens weg
Groepering op 100m 0'7 - 1duim
Cz 527 night sky 1/9 draai met 20duim loop
55gr v max of nosler varmegeddon
2995 fps
S321
Ek sien baie van julle kry better resultate open 53gr, gaan dit probeer
Will nie verder as 200m skiet nie en meestal blou ape

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?
Hoekom FL size jy jou doppe, expand hulle en druk hulle deur n lee neck collet? Jy werk meer aan die nek as wat jy aan die lading werk
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?
Kyk of 'n spoed naby 3050vps nie vir jou goeie groepe gee nie.Wildgeese wrote: Mon Aug 14, 2023 7:49 pm Interresant ek kry min of meer dieselfde 3 mooi skote en 2 effens weg
Groepering op 100m 0'7 - 1duim
Cz 527 night sky 1/9 draai met 20duim loop
55gr v max of nosler varmegeddon
2995 fps
S321
Ek sien baie van julle kry better resultate open 53gr, gaan dit probeer
Will nie verder as 200m skiet nie en meestal blou ape
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Wildgeese
- Newbie

- Posts: 14
- Joined: Mon Nov 19, 2018 5:25 pm
Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?
Dankie sal probeer
Toe my loop nog nuut was, was my volgende groepering op 24,6gr
Ek het omtrent 400 skote nou deur, sal die spoed op 24'6 gaan meet en kyk of dit naby 3050vps is en van daar af werk
Dankie
Toe my loop nog nuut was, was my volgende groepering op 24,6gr
Ek het omtrent 400 skote nou deur, sal die spoed op 24'6 gaan meet en kyk of dit naby 3050vps is en van daar af werk
Dankie
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?
StemCapt. Yoda wrote:Hoekom FL size jy jou doppe, expand hulle en druk hulle deur n lee neck collet? Jy werk meer aan die nek as wat jy aan die lading werk
FL size en Expand en laai.
Skiet en laat weet!
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?
Lategan, as jy weer tyd het en bq wil skiet laai vir ons 5 patrone wat jy net FL, dan 5 wat jy FL en expand en dan 5 met FL, expand en die Lee ding dan kyk ons bq of daar n verskil is
Ek sal nie se die is n reel nie maar iets wat ek al baie gesien het is wanner n geweer so n random flyer gooi veral n fabrieks geweer kort hy meer neck tension. Ek het n 308 wat niks wou weet van skiet tot ek by 7thou NT gaan draai het nou skiet daai geweer vir die dood met enige iets wat ek in hom laai
Jou dop en sy nek is op sy reguitse wanner hy uit jou kamer uit kom (ons glo darem die kamer is reg gesny) hoe meer goed jy in die nek af druk of die dop in druk hoe meer kans het jy om daai nek skeef te druk
Ek sal nie se die is n reel nie maar iets wat ek al baie gesien het is wanner n geweer so n random flyer gooi veral n fabrieks geweer kort hy meer neck tension. Ek het n 308 wat niks wou weet van skiet tot ek by 7thou NT gaan draai het nou skiet daai geweer vir die dood met enige iets wat ek in hom laai
Jou dop en sy nek is op sy reguitse wanner hy uit jou kamer uit kom (ons glo darem die kamer is reg gesny) hoe meer goed jy in die nek af druk of die dop in druk hoe meer kans het jy om daai nek skeef te druk
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2956
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?
Proses van eliminasie en konsekwent wees.
@Yodo, Ek fokus nou op die nek en skouer voorbereiding, niks word skeefgedruk nie, anneal deel van proses. Ek hoor duidelik jou gedagte hieromtrent. Ladingontwikkeling beste van die haelgeweer verspreiding, stokoud. Tripod se PMP 55gr voorbeeld is wel besonders swak, maar moontlik tipies van onstabiele lang 55gr.
Daar is vordering, maar nie wat mens sal verwag dit moet wees met ligte kaliber nie. Sal terugvoer gee, het reeds moontlike uitskieters. Proses herhaal ter bevestiging.
@Yodo: Het reeds grotendeels jou goeie voorstel gedoen en sal afrond.
Ek herhaal, net so gatvol ek etlike jare al is met die wisselvalligheid van hierdie kaliber, net so ook vir my omvattende skrywes! Hopelik neem dit ander saam op die pad na suksesvolle ontwikkeling.
@ Arnold se groep is uitstaande gemeet teen die tipiese .223 standaard. Nou moet dit net konsekwent kan gebeur. Die enkele effe hoër koeël, is slegs 25mm hoog op 400m.

Pasop ook vir nekke te dun skil in ‘n fabrieks kamer.
As jou dop nek te veel expand in die kamer en jy moet hom baie terugdruk met die resizing proses sal dit runout veroorsaak(got the t shirt)
Sent from my iPhone using Tapatalk
As jou dop nek te veel expand in die kamer en jy moet hom baie terugdruk met die resizing proses sal dit runout veroorsaak(got the t shirt)
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2956
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?
Dankie Apie.Apie wrote: Wed Aug 16, 2023 12:51 pm Pasop ook vir nekke te dun skil in ‘n fabrieks kamer.
As jou dop nek te veel expand in die kamer en jy moet hom baie terugdruk met die resizing proses sal dit runout veroorsaak(got the t shirt)
Sent from my iPhone using Tapatalk
Baie sensitief vir wisselende dopnek wanddiktes met sy kort nekkie. Beperkende faktor soos jy noem, neck clearance. Juis waarmee ek nou besig is.
Onthou die probleem kom voor in 1:12 tot 1:9 lope. Êrens is daar ‘n generiese probleem. Jy het voorheen genoem oor die kort- nek en keël. Die ooglopende antwoord gebasseer op algemene ervaring hier en elders genoem, skiet korter en ligter koeëls. Waar staan die 1:9 en 1:8 lope met swaarder koeëls? Die dopnek is nie langer vir swaarder koeëls nie.
Wil juis ‘n T-shirt aantrek, darem met nie-jammerkry doppe!
Daar is ‘n sterk denkskool wat glo dit is ‘n 0-200m geweer. Dalk korrek in die historiese konteks, bv. ook in wind. Vraag is dan, hoekom beter BC koeëls en vinniger lope vir swaarder koeëls ontwerp indien die geweer nie inherent akkuraat is vir langer afstande nie?
Dalk met fokus op AR mark?
Andersins is dit heerlike geweertjie om te skiet.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?
Die 223 met hoe BC koels en lang vinnige lope word gebruik waar ouens en baie vrouens hulle in FTR gebuik waar hulle op 1000m met hulle teen 308s kompeteur.Lategan1 wrote: Wed Aug 16, 2023 1:56 pmDankie Apie.Apie wrote: Wed Aug 16, 2023 12:51 pm Pasop ook vir nekke te dun skil in ‘n fabrieks kamer.
As jou dop nek te veel expand in die kamer en jy moet hom baie terugdruk met die resizing proses sal dit runout veroorsaak(got the t shirt)
Sent from my iPhone using Tapatalk
Baie sensitief vir wisselende dopnek wanddiktes met sy kort nekkie. Beperkende faktor soos jy noem, neck clearance. Juis waarmee ek nou besig is.
Onthou die probleem kom voor in 1:12 tot 1:9 lope. Êrens is daar ‘n generiese probleem. Jy het voorheen genoem oor die kort- nek en keël. Die ooglopende antwoord gebasseer op algemene ervaring hier en elders genoem, skiet korter en ligter koeëls. Waar staan die 1:9 en 1:8 lope met swaarder koeëls? Die dopnek is nie langer vir swaarder koeëls nie.
Wil juis ‘n T-shirt aantrek, darem met nie-jammerkry doppe!
Daar is ‘n sterk denkskool wat glo dit is ‘n 0-200m geweer. Dalk korrek in die historiese konteks, bv. ook in wind. Vraag is dan, hoekom beter BC koeëls en vinniger lope vir swaarder koeëls ontwerp indien die geweer nie inherent akkuraat is vir langer afstande nie?
Dalk met fokus op AR mark?
Andersins is dit heerlike geweertjie om te skiet.
Beste.
Die 222 en die 223 is baie akuraat so dat hulle in die ou dae teen 6PPC's mee geding het in die kort afstand (100 en 200y) BR wereld, ek is nie seker waar jy jou inligting oor hul akuraatheiod ander kant 200m kry nie maar dit is nie heeltemal korek nie. n Kaliber sal net tot 200m beperk word in so geval as hy nie langer koels met n hoer BC vinnig genoegkan skiet nie, selfs n 6BR met n 12 twist loop of n 30BR met n 14 twist loop sal nie gesien word as akuraat genoeg anderkant 200m nie en dit gaan nie oor die kaliber/dop ontwerp nie dit gaan maar oor daai combo nie kan kers vas hou by vinniger twist 6mms met 105gr koels daar nie.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2956
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?
Die onderwerp is “massa produksie gewere van die rak af” …. presisie gewere met custom dit en dat is iets anders.
Ek is deeglik bewus van die onderskeie aanwendings, dit is juis waar ek o.a. oplossings soek vir hierdie wye probleem.
Sonder “overload” van info, daar is niks of min wat ek in my omvattende soeke na info, studie? … gevind het wat nie strook met wat ons lede op hierdie onderwerp geplaas het of wat ek self ervaar nie. My soeke is vir die voor die handliggende of dan generiese antwoord, nie slegs simptone nie.
My verwysing na die historiese konteks. Dit is nog paar treë terug, begin by 1957, “army issue 5.56 NATO met lope 1:14, 1:12, 1:7 en 55/62gr tumbling bullets” voor die kaliber in die 80’s siviel vlam gevat het as jaggeweer en latere meer presisie aanwending. Ek stel die 0-200m nie as feit nie, maar bevraagteken dit juis met ‘n motivering. Lees mooi met 8x40 fokus
Die voog .222 het sekerlik gedurende hierdie tydperk die ver skiet gedoen, dit betwyfel ek geensins nie, want ek weet nie!
Ek het my afleidings, sal my beter gevolgtrekkings plaas sodra ek dit binne redelike twyfel met kontrole bevestig.
Wees deel van die soeke en spaar die boodskapper…
Wat ek wel kan uitlig want dit tref my;
Die woorde “inherently accurate” ONTBREEK grotendeels en word nie algemeen gebruik nie, teenoor “can be accurate”.
Lees net 3 sinne oor o.d. .308, dan staan daar “inherently accurate”.
Beste.
Ek is deeglik bewus van die onderskeie aanwendings, dit is juis waar ek o.a. oplossings soek vir hierdie wye probleem.
Sonder “overload” van info, daar is niks of min wat ek in my omvattende soeke na info, studie? … gevind het wat nie strook met wat ons lede op hierdie onderwerp geplaas het of wat ek self ervaar nie. My soeke is vir die voor die handliggende of dan generiese antwoord, nie slegs simptone nie.
My verwysing na die historiese konteks. Dit is nog paar treë terug, begin by 1957, “army issue 5.56 NATO met lope 1:14, 1:12, 1:7 en 55/62gr tumbling bullets” voor die kaliber in die 80’s siviel vlam gevat het as jaggeweer en latere meer presisie aanwending. Ek stel die 0-200m nie as feit nie, maar bevraagteken dit juis met ‘n motivering. Lees mooi met 8x40 fokus
Ek het my afleidings, sal my beter gevolgtrekkings plaas sodra ek dit binne redelike twyfel met kontrole bevestig.
Wees deel van die soeke en spaar die boodskapper…
Wat ek wel kan uitlig want dit tref my;
Die woorde “inherently accurate” ONTBREEK grotendeels en word nie algemeen gebruik nie, teenoor “can be accurate”.
Lees net 3 sinne oor o.d. .308, dan staan daar “inherently accurate”.
Beste.
Last edited by Lategan1 on Fri Aug 18, 2023 6:51 pm, edited 1 time in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?
Jy vra dan hoekom vervaardigers hoe BC koels en vinniger lope vir 223 maak, n geweer/kaliber is nie akuraat tot op 200m en dan eweskielik op 300m vergeet die koel waar heen om te gaan nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2956
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?
Jip, ek bevraagteken die motief en daardeur probeer weerlê ek die 0-200m denke.
Ek glo nie vervaardigers sal iets ontwerp en vervaardig as dit nie kan werk nie. Beteken wel ook nie dit is uitstaande nie! Ek is eens met jou vraag. Dalk lees dit nou duideliker.
Let wel, die nekkie bly kort!
Beste.
Ek glo nie vervaardigers sal iets ontwerp en vervaardig as dit nie kan werk nie. Beteken wel ook nie dit is uitstaande nie! Ek is eens met jou vraag. Dalk lees dit nou duideliker.
Let wel, die nekkie bly kort!
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?
Die 300WM het ook 'n kort nek. Lategan, die Yanks gebruik die 223 om tot so 500 treë hul grond eekhorinkies mee te skiet. Ek het nog min klagtes oor onakkuraatheid gehoor. Doodmaakvermoë en windskuif is waarom hulle gewoonlik by 500 treë stop.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3126
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?
Het jy die dop volumes gemeet en net die konstantes gebruik Lategan?
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2956
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?
@Luan
1) ek probeer by my bestaande praktyk hou, daarvandaan wysig, meet en verander soos aangaan. Hoekom, want ek wil in beginsel niks meer voorbereiding doen as met my ander kalibers nie. Hierdie soektog neem my wel soontoe.
2) H2O geklas nee, grof geklas volgens gewig ja. Sien die uiterste verskille in dopgewigte van onderskeie vervaardigers op die vroeër geplaasde tabel. [ek verstaan die verskil tussen H2O en grein geklas, net nie my praktyk nie, sal ten einde laaste oorweeg indien onsuksesvol]
3) @ Tripod, ek verstaan nie, sien jou eie voorbeeld op node? Net die insette van al die .223 skieters op hierdie draad illustreer reeds die baie meer algemene probleem as wat ons besef.