Belted Case Body Swage Die

Post Reply
3kus
Full Member
Full Member
Posts: 148
Joined: Mon Mar 26, 2018 11:02 am

Belted Case Body Swage Die

Post by 3kus »

Goeie naand manne,

Ek weet nie is daar iemand op die forum wat die "die" van Sudami gebruik en kan aanbeveel of nie? Ek sien nie enige ander alternatiewe naas die Larry Willis matrys (Belted Magnum Collet Resizing Die) nie.

Baie dankie.
.22LR / 308 Win / 6.5x55 SE / 6.5CM / 7 RSAUM / 338WM / 375H&H / 9mm
Gideon@1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Thu Jul 12, 2012 1:02 pm

Re: Belted Case Body Swage Die

Post by Gideon@1 »

Volg die draad
300em😱🍻
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1831
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Belted Case Body Swage Die

Post by Rudi Fischer »

3kus wrote:Goeie naand manne,

Ek weet nie is daar iemand op die forum wat die "die" van Sudami gebruik en kan aanbeveel of nie? Ek sien nie enige ander alternatiewe naas die Larry Willis matrys (Belted Magnum Collet Resizing Die) nie.

Baie dankie.
Ek het die die gebruik.
Het baie lekker gewerk maar dink die spring steel op die collet gedeelte was nie reg behandel nie en het 3 van daai collets gebreek.

Hy kraak reg waar hulle hom gesny het. Ek het so 40 doppe gedoen voor hy bly breek het.

Toe vat ek hom maar terug vir n refund.

Image
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
3kus
Full Member
Full Member
Posts: 148
Joined: Mon Mar 26, 2018 11:02 am

Re: Belted Case Body Swage Die

Post by 3kus »

Dankie Rudi, dis juis die terugvoer waarna ek opsoek was. Het jy enige voorstelle hoe jy die probleem oorkom het? Daar is manne wat ander fabrikate se matryse aanbeveel, maar ek wil nou nie onnodig geld in die water gooi om by 'n volhoubare oplossing uit te kom nie.

Daar is ook maar min terugvoer oor die Larry Willis matrys, en voor ek so iets probeer wil ek eers hoor is daar nie n beter oplossing in SA nie.
.22LR / 308 Win / 6.5x55 SE / 6.5CM / 7 RSAUM / 338WM / 375H&H / 9mm
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1831
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: Belted Case Body Swage Die

Post by Rudi Fischer »

3kus wrote:Dankie Rudi, dis juis die terugvoer waarna ek opsoek was. Het jy enige voorstelle hoe jy die probleem oorkom het? Daar is manne wat ander fabrikate se matryse aanbeveel, maar ek wil nou nie onnodig geld in die water gooi om by 'n volhoubare oplossing uit te kom nie.

Daar is ook maar min terugvoer oor die Larry Willis matrys, en voor ek so iets probeer wil ek eers hoor is daar nie n beter oplossing in SA nie.
Dit was vir my 338 wm.
Die geweer het n baie stywe kamer en ek kon geen doppe gebruik wat in n ander geweer geskiet was nie.

So ek het toe n Redding 30-338 body die gekry wat op uit verkoping was by S&O

Die neck gedeelte oop gemaak na 338 toe en daai die druk die buldge weg. Nou kan ek enige doppe gebruik.

Die swage die nooit probeer op my 375, 416 of 458 nie.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
Post Reply