Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8011
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Post by Arnold »

Ek het destyds 'n springbok op 340m met 'n Sako 223 en fabrieks ammo geskiet. Selfde met my eie 223 en 12 twist loop 'n springbok op 300m geskiet met 55gr sierra game kings.

Persoonlik dink ek nie mens moet sukkel met 'n 223 nie maar as jy begin met die hoër BC punte dink ek hulle is meer gevoelig vir die seating diepte as die ouer generasie koeës. Die ES wat mens met die klein dop kry is egter steeds iets waarna mens kan oplet maar ek glo met behoorlike ladingontwikkeling is die ES minder van 'n probleem as jy binne 'n node skiet.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13627
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Post by Capt. Yoda »

Lategan skiet jy nog S&B doppe in die roer?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2958
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Post by Lategan1 »

Jip. Maar soos jy op hierdie draad sien asook my inligting elders, is die uitskieter - dan bedoel ons drasties - in mindere en meerdere mate van toepassing op almal. Daarom o.a. die soeke na die eintlike probleem.

Ek skiet ook 200/PMP, dieselfde.

Wanneer hierdie probleem uitgesorteer, skakel ek oor na my 200/Lapua doppe.

Jou voorstel dalk, smyt weg. :laugh: Nee, sal hulle hou vir die 0-200.

Het jy voorstel?

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13627
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Post by Capt. Yoda »

Brass, Bullets and Barrels

Die 3 Bs vir akurate skiet en ongelukkig gaan daai S&B doppe nie in daai katogorie in val nie, vir gewone jag is hulle 100% maar nie as jy probeer konstant klein skiet nie. Jy kan hulle weeg en H2o ook meet maar daar is meer in goeie doppe as net dieselfde volumes, vat daai Lapua doppe en skiet hulle jy jaag n probleem wat nie bestaan nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2958
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Post by Lategan1 »

Verder.

A: Lengte
“I spoke with Bryan Litz, author of â€cApplied Ballistics for Long range Shootingâ€, and lead ballistician for Berger Bullets. Bryan informed me that the most critical measurement in bullet sorting for consistency is in fact the base to ogive measurement.
According to Litz, this measurement is in fact sorting the bullets for consistent Ballistic Coefficients (BC). What occurs in the bullet forming process is what determines the bullets physical ballistic qualities.”

Ek meet gevolglik 10 elk van die gewilde tipe koeëls vir die .223Rem wat ek het. Lengte “Base to datum point on ogive”. Dit het ook ‘n impak op die eenvormige dravlakke/ bearing surface. Wisselende dravlakke, gevolglike spoedverskille lewer wisselende elevasie.

Varminter & Match:
55gr Sierra Varminter #1360 (22.250 koeël)
Tipiese meting: 0.3085”
ES: 0.003”

55gr Sierra Blitzking #1455
Meet: 0.380
ES: 0.0065

55gr Hornady V-Max
Meet: 0.400
ES: 0.0025

53gr Horn V-Max (gunsteling)
Meet: 0.353
ES: 0.002

77gr Sierra Tipped MK (gunsteling)
Meet: 0.5775
ES: 0.0015

[]
50gr Sierra Varminter #1330 (22.250 koeël)
Meet: 0.273”
ES: 0.0035

[]
55gr Hornady Varminter SP #2266 (bulk)
BT+ cannelure.
Meet: 0.352
ES gr: 0.0025
ES lengte: 0.004

Jag:
55gr Sako Gamehead
Meet: 0.309
ES: 0.0085

60gr Nosler Partition (gunsteling)
Meet: 0.4135
ES: 0.009

Let op die onderskeie ES.

B: Ogief profiel/vorm
Die eenvormige profiel van die ogief, lengte en omtrek/deursnee, gemeet op verskillende indekspunte, is ook van belang. Verwys hier na ‘n konstante TPL, konsekwente spring/kontak na die loopgroewe. Ene Bob Green het ‘n spesiale “comparator + index” met akkurate meting tot 0.0001. Skynbaar nie een vir die .223 nie. Lees graag.

https://greensrifles.com/new-product-page

Die 0-200yard .223 jaggeweer denkskool se siening oor die beperkte akkuraatheid begin hier deels uitspeel as mens kyk na die swakker ES koeël metings. Mens kan aanvaar 40 jaar gelede se ES verskille was dalk nog groter.

Aangehegte info is redelik bekend onder sekere presisie skuts en geweersmede vir alle kalibers. Meningsverskille is algemeen.

Sover is die aanduiding, ook volgens lede hier, dat die .223 kieskeurig is of kan wees. Die eenvormige geometriese kwaliteite van die loopgroewe, vorm, konsentrisiteit, koeël kontakpunt met groewe ens. tesame met die twee gemelde eienskappe bo genoem, blyk meer/veral krities te wees vir kleiner kalibers se akkuraatheid op langer afstande. Absolute eenvormige dop voorbereiding, nekspanning, nekwand diktes, staan sentraal saam met die “BBB”.

Hierdie verklaar dalk deels hoekom sekere 55gr koeëls ook nie goed (of moeilik) groepeer in ‘n vinnige 1:9 loop nie. (Ons aanvaar die herlaaier se goeie praktyk is in plek tesame met die beste doppe) Die kombinasie van die onderskeie goeie kwaliteite van die koeël en die spesifieke geweer se binnewerke, blyk veral ‘n vereiste te wees in die .223. Kombineer dit met sy tipiese kort keël,[neck & throat] kort TPL en “donuts”, dan verklaar dit waarskynlik die grootste deel van die .223 uitskieters/flyers.

Bietjie baie geluk ook benodig of finansies vir ‘n “custom build”.

Sou graag ons geweersmede en tegniese span se insig hieroor wil hoor.

My toetse gaan voort.

Beste.
Last edited by Lategan1 on Sun Jun 09, 2024 8:04 pm, edited 13 times in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13627
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Post by Capt. Yoda »

Image
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Wildgeese
Newbie
Newbie
Posts: 14
Joined: Mon Nov 19, 2018 5:25 pm

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Post by Wildgeese »

Baie interresant, skiet ook met s&b doppe maar vir tyd en wyl gaan ek skiet met hulle
Gaan later weer begin karring , doppe en punte dalk 53gr v max en defnitief kruit verander, maar ongelukkig nog n hele blik s321 oor.
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Post by Armand Steenkamp »

Ek skiet SnB doppe in my 222. Die geweertjie skiet duim groeperings op 200m met die Sellier&Bellots. Ek skiet wel Lapuas ook in hom maar ek kan nie rerig die verskil sien op die tyken nie. Ek het wel n idee dit is maar net oor die 222 met enige ding skiet en net nie vol dinge is nie.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Post by Apie »

‘n 222 het ‘n lekker lang nek en is meer ‘forgiving’ as ‘n 223.

In die ou dae was dit tot gebruik as bench rest kaliber


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13627
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Post by Capt. Yoda »

Hoeveel korter is n 223 se nek as n 6Dasher sin?

Ook een met n lekker nek
https://bulletin.accurateshooter.com/20 ... hunter-br/
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Wildgeese
Newbie
Newbie
Posts: 14
Joined: Mon Nov 19, 2018 5:25 pm

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Post by Wildgeese »

Lategan 1 , wat sal ons moet verander as ons die nek halfeer?
Speel ons nou met vuur ?
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Post by Apie »

Capt. Yoda wrote:Hoeveel korter is n 223 se nek as n 6Dasher sin?

Ook een met n lekker nek
https://bulletin.accurateshooter.com/20 ... hunter-br/
Ooo jinne…


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2958
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Post by Lategan1 »

8)

Die ding het net ‘n “collar”!

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Wildgeese
Newbie
Newbie
Posts: 14
Joined: Mon Nov 19, 2018 5:25 pm

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Post by Wildgeese »

JGZ is jou probleem opgelos?
Skiet jou wapen ñ " clover leaf "
User avatar
JGZ
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Fri Dec 12, 2014 11:04 am

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Post by JGZ »

Wildgeese wrote:JGZ is jou probleem opgelos?
Skiet jou wapen ñ " clover leaf "
My pa se geweertjie skiet nou mooi, ek dink dit kan nog beter. Nog nie weer kans gehad om te werk aan die lading nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------
Glock 17 Gen 4 9mm; Glock 43 Gen 4 9mm; Daniel Defense MK12 5.56; Tikka T3x 243 AI; CZ457 Varmint 22lr
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2958
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Post by Lategan1 »

JGZ wrote: Mon Aug 28, 2023 7:02 am
Wildgeese wrote:JGZ is jou probleem opgelos?
Skiet jou wapen ñ " clover leaf "
My pa se geweertjie skiet nou mooi, ek dink dit kan nog beter. Nog nie weer kans gehad om te werk aan die lading nie.
Môre,

Sodra ek klaar is met 55gr en oortuig is van volhoubare verbetering, begin ek met my 53gr V-Max ter vergelyking en aansluiting by JGZ. (Ek het 100de 55gr, so hulle moet eers werk!)

Sal groepe en kommentaar plaas.

Beste.
Last edited by Lategan1 on Wed Oct 11, 2023 6:28 pm, edited 1 time in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Dirkvh
Hero Member
Hero Member
Posts: 1016
Joined: Fri Jan 03, 2014 10:36 am

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Post by Dirkvh »

Myne het so gemaak met 55gr Nosler FB. Toe ek lading verhoog maak hy toe en skiet 7,5mm ctc met 'n 0.5mm jump.

55gr Nosler Varmageddon
Varget, so 26.4gr
Sako Vixen
Fiocchi primers
Lapua doppe

Lekker ding van Varget op ligter punt soos 55gr is dat hy nie sommer druk slaan, dop vat nie genoeg poeier vir dit. (My ondervinding)
Rom 8 v 1&2: Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8011
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Post by Arnold »

Ek het onlangs 'n paar ladings gaan skiet met my AR15 om te sien waar ek die Hornady 55gr SP koeeltjies moet laai. Het hulle sommer geseat tot by die krimpgroef in LC doppe.

Die node op 'n 223 lyk my is so 0.2-0.3gr wyd, so laai maar fyn op die klein doppies :)
As ek die teiken vat is die node by 26.7gr - 26.8gr maar ek sal weer moet gaan toets met 'n teleskoop wat meer vergroting het om te sien of 26.6gr deel is. 26.5gr het egter taamlik oop gemaak.

Die ander probleem met die kort 14.2" loop is natuurlik dat net sowat 90% van die dryfmiddel ontbrand, wat definitief 'n invloed gaan hê op akkuraatheid.
55grSP S321.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2958
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Post by Lategan1 »

Terugvoer, in my geweer.

Na al die reën die laaste maand, kon ek nie langer uitstel nie. Gister gaan skiet in 25-30km wind feitlik reg van voor. Jammerlik moes ek dus op 100 i.p.v. 200m skiet. Onder omstandighede verbasend goed gegaan.

Evaluasie suksesvol: Ja, afgehandel.
Elevasie uitgeskakel: Nee, maar 25-33% beter sedert aanvang. Sien gister se teikens.
Sukses van nekke skil buite en binne: 25 - 33% verbetering.
3-skoot groepe algeheel beter: Ja, beduidend, sien onderskeie konstante MOA.
5-skoot groepe algeheel beter: Ja, met steeds enkele swakkelinge.
Algehele konsekwentheid en verbetering van die swak uitskieters het mooi verbeter. (bv. 1.6 vs 1.2 MOA, 1.1 vs 0.8 ens.)
Capt Yodo versoek: Suksesvol, ma nie soos hy wou sien nie!
TPL: Kort is beter, soos iemand ook aangedui het.
Gelaaide patrone geweeg: ES van 4 stelle: 0.9 - 1.7gr.
Doppe anneal: Ja
Inside neck reamer: Ja
Outside neck turn: Ja
Nekwand dikte verskil: <0.001”
Neck clearance: 0.009”
Nekspanning: +- 0.0025-0.0035”
S321 akkuraat geweeg tot +_0.03gr.
Slagdop: Fiochi


My gevolgtrekking:
Konstante egalige en konsekwente nekspanning is krities met hierdie klein kaliber kortnek.
Korter/kort TPL beperk bes moontlik die impak van swak geometriese kwaliteit binne die geweer, bv. groewe.
My ervaring strook met my navorsing en lede se insette hier, tesame met my aanvullende info voorheen hier genoem.
Die .223 is nie noodwendig maklik ‘n akkurate geweer vir >250m nie. Benodig geluk, baie ontwikkeling en goeie laaitegniek.
Party 5-skoot groepe toon steeds duidelik die effe vertikale en vervolgens nie oorweldigend voldoende vir my behoefte op 300-400m nie.
Semi volmatrys se beter ES en groepe is weer bevestig.
[] Opmerklik hoe mooi skerp my skouer/romp se hoeke vorm met die fyn kopspasie stelling.

My plan:
Ruimte vir verbetering nou bes moontlik met my Lapua-doppe en V-Max 55 & 53 gr.
Groep #3 se tegniek sal ek eers oordra sonder die skil van dopnekke buite en binne.
My ideaal sal wees slegs semi volmatrys .0005 kopspasie + LCND.
Indien nie werklik beter as bogemelde evaluasie met S&B doppe nie, sal ek skil buite & binne en Exp. mandrel ook gebruik. Die bewyse spreek vanself en sal ‘n herhaling van hierdie lang proses uitskakel.

Dankie vir saam leer en lees.

Foto’s volg.

Beste.
Last edited by Lategan1 on Tue Mar 12, 2024 2:45 pm, edited 17 times in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2958
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Post by Lategan1 »

Verder.

#1: Full size partially 0.0005 headspace (no exp ball)
#2: F/S 0.0005 headspace + Exp. mandrel .222
#3: F/S 0.0005 headspace + Exp. mandrel .222 + Lee LCND
#4: F/S 0.0005 headspace + LCND.

Beste.
IMG_1336.jpeg
IMG_1334.jpeg
IMG_1332.jpeg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Lategan1 on Mon Mar 11, 2024 9:42 am, edited 2 times in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2958
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Post by Lategan1 »

Nr 4.
IMG_1335.jpeg
Beste.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2958
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Post by Lategan1 »

Apie wrote: Tue Aug 15, 2023 8:54 pm
Capt. Yoda wrote:Hoekom FL size jy jou doppe, expand hulle en druk hulle deur n lee neck collet? Jy werk meer aan die nek as wat jy aan die lading werk
Stem

FL size en Expand en laai.

Skiet en laat weet!


Sent from my iPhone using Tapatalk
Sien beste finale resultate, inlyn met vorige.

Volgende was opmerklik:
Exp. mandrel se weerstand met drukslag wissel baie, selfs na die dopnekke binne gesny en toe geskiet is.
Na die exp mandrel gebruik is, is die druk met LCND baie meer egalig. Ek druk en draai 1/8 en druk weer.

So in my geval het die werk aan die nek baie beter resultate opgelewer. Die belangrikheid hiervan het ek min twyfel oor.

Beste.
Last edited by Lategan1 on Fri Oct 13, 2023 8:35 am, edited 1 time in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8011
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Post by Arnold »

Hi Lategan, ek wil nou nie lelik wees nie maar ek sou geen gevolgtrekkings maak gebasseer op daardie groepe nie.

Teenoor jou vorige plasing waar jy van jou 3 skoot groepe wys is hierdie taamlik swakker? As daai blokkies 1 MOA is dan is al jou groepe meer as 1 MOA.
Indien die wind 'n faktor is kan jy die lukrake gedrag ook nie uitskakel nie.

Ek sou weer probeer op 'n dag waar die wind nie so groot invloed het nie en ook die beste komponente tot my beskikking gebruik.

Terloops, ek kan nie onthou dat ek aangedui het dat 'n kort TPL beter is nie. Dalk dat ek kort moes laai in my magesyn? TPL moet mens maar toets.
Ek begin wel lank en laai korter maar as ek kort begin laai het sou die opinie dan wees dat 'n langer TPL beter is ... ?
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3127
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Post by LUAN »

Lategan met al die moeite wat jy bereid is om te doen met dop voorbereiding (nekke skil binne en buite) dink ek sal jy beter af wees om al jou doppe net te vat en te laai. Gaan skiet hulle almal oor die chrony terwyl jy groepe skiet. Die wat uit die groep is, is gewoonlik van die node af hulle spoed sal meer verskil. Gooi daai doppe eenkant en laai die wat konstant was weer en kyk of hulle almal nog mooi groep. Hou dan daardie batch doppe eenkant vir jou presisie werk.
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2472
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Post by jdpretorius »

Lategan het jy dalk onlangs n borescope in daai kamer en loop gehaad? Meskien sit daar iets vas of dalk selfs n carbon ring wat pla.
Ek glo die geweerkie moet baie beter kan doen.


Teo ek begin herlaai het was een van die eerste kalibers n Sako 223 (wel soortvan want dit was n 222 wat ek laat re-chamber het na 223)
Op daai stadium het n ou net die Somchem boekie gehaad en jou ore uit geleen vir raad. As ek nou reg ontdou het die kettie n 1:14 twist gehaad en hy het 55gr Sierras gekry met S321. N gewone Lee Die is ingrspan met PMP doppe en daar was glad nie regtig gekyk na TPL of Jump nie, behalwe vir dit wat die Somchem boeke geseg het......nou ek's geen sniper nie, maar daai geweerkie het n R2 grote groep geskiet, al was dit skoot 80 vir die dag.
So daar's dalk iets anders wat bietjie pla

Sent from my SM-A536E using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Post Reply