38 spl snubby herlaai

Post Reply
User avatar
DeonvTonder
Full Member
Full Member
Posts: 142
Joined: Sun May 31, 2015 11:12 am

38 spl snubby herlaai

Post by DeonvTonder »

Goeie dag menere,

Ek wil graag vir my 38 spl 2" snubby begin laai.
Ek het tans 158gr hornady xtp punte en S121 poeier. Ek sien somchem gee min van 3.4 gr en maks van 3.9 gr.
Nou moet die slim manne asb help. Is dit nodig om die ladings met 1.5gr aan te pas oor dit 'n snubby is of nie. Ek hoor ook die manne praat van fillers in die doppe. Is dit regtig nodig of nie?

Ek luister graag. Byvoorbaat dank
Glock 19 Gen 3
Howa 308
Howa 6mm Creedmoor
Voere 22LR
Baikal 12GA SS
Lee Enfield 303
Rossi .38 SPL
User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1380
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am

Re: 38 spl snubby herlaai

Post by snakker »

Ek reken korter loop gee laer druk vir dieselfde lading. So behoort hom nie af hoef te laai nie

Sent from my M2101K6G using Tapatalk

User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1380
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am

Re: 38 spl snubby herlaai

Post by snakker »

Begin hom laag en chrony hom net sodat jy onder veilige spoed bly (onthou wanneer jy na load tables veewys dat korter lope laer spoed gee)

Sent from my M2101K6G using Tapatalk


User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 38 spl snubby herlaai

Post by tripodmvr »

Die laer ladings gaan nie net oor druk soseer nie, maar meer oor terugslag. Snubbies word ook ligter gemaak en daarom kan druk 'n rol speel as die silinder se materiaal dunner is. Volg liefs Somchem se aanbevelings.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1380
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am

Re: 38 spl snubby herlaai

Post by snakker »

tripodmvr wrote:Die laer ladings gaan nie net oor druk soseer nie, maar meer oor terugslag. Snubbies word ook ligter gemaak en daarom kan druk 'n rol speel as die silinder se materiaal dunner is. Volg liefs Somchem se aanbevelings.
Dankie, daar leer ek ook nou iets (silinder materiaal) Image

Sent from my M2101K6G using Tapatalk

User avatar
DeonvTonder
Full Member
Full Member
Posts: 142
Joined: Sun May 31, 2015 11:12 am

Re: 38 spl snubby herlaai

Post by DeonvTonder »

tripodmvr wrote: Thu Aug 31, 2023 2:40 pm Die laer ladings gaan nie net oor druk soseer nie, maar meer oor terugslag. Snubbies word ook ligter gemaak en daarom kan druk 'n rol speel as die silinder se materiaal dunner is. Volg liefs Somchem se aanbevelings.
Oom dankie. Sal dit nodig wees vir 'n filler in die dop of kan 'n man net poeier gooi en gaan toets?
Glock 19 Gen 3
Howa 308
Howa 6mm Creedmoor
Voere 22LR
Baikal 12GA SS
Lee Enfield 303
Rossi .38 SPL
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 38 spl snubby herlaai

Post by tripodmvr »

https://www.somchemreload.com/search?c=11&f=276

Die laaste lading getoon is juis vir die kortloop rewolwers en is wel die 1,5gr laer. S121 is 'n baie vinnig brandende dryfmiddel en ontsteking deur normale slagdoppe is nooit 'n probleem nie. Dopvullers word gewoonlik aanbeveel by geweerkalibers waar die dop 60% of minder dryfmiddel bevat. Ek is nie 'n kenner van pistool of rewolwer herlaai nie, maar twyfel of 'n vuller nodig is. Handwapen doppe se interne volume is baie klein. Indien jy twyfel gebruik Dacron as vuller om die dryfmiddel teen die slagdop te hou. Gaan loer ook op Google en vra die vraag oor vullers vir handwapens. Dit kan jou dalk meer gemoedsrus gee.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1870
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: 38 spl snubby herlaai

Post by Alwin »

As jy S121 of soortgelyke vinnige kruit in 'n 38 Spl gebruik, is jou dopvulling gewoonlik baie laag, onder 30% of daar rond.
Omdat dit 'n vinnige kruit is wat maklik ontbrand, kan jy dalk reg kom sonder 'n vuller. Skiet jou toetsladings oor 'n chronograaf en kyk na die verskil tussen die hoogte en laagste spoed gemeet. As dit meer as 60 fps is, mag jy dalk 'n probleem hê. Ek het al in 'n ander soortgelyke toepassing 'n verspreiding van 400 fps gemeet. 'n Bietjie vuller materiaal het die verspreiding drasties kleiner gemaak. Deesdae gebruik ek gewone lae digtheid spons as vuller in handwapen doppe. Sover ek kan vasstel brand dit weg en laat geen residu nie.

Die Hornady 158gn XTP is 'n redelike duur koeël, dus raai ek jy wil hulle gebruik vir ernstige sosiale interaksie met anti-sosiale peste?
Ek wonder darem of jy hulle vinnig genoeg gestoot gaan kry om uit te sit in jou teiken medium.

Die mees effektiewe 38 Spl lading wat die VSA polisie gebruik het toe hulle nog rewolwers gebruik het, was 'n 158gn lood holpunt koeël met 'n +P lading. Hierdie lood HP koeëls is heelwat sagter as die XTP. +P stoot die druk op na +/-21000 PSI. SAAMI maks druk is rondom 18000 PSI. Hierdie ladings is ook uit 4" lope geskiet, gewoonlik S&W mod 10 rewolwers, wat heelwat sterker en swaarder as die gewone 2" 5-skoot 38 Spl rewolwer is.

Behalwe dat hoë druk die klein en ligte rewolwers vinnig laat slyt en speling ontwikkel op die verkeerde plekke, is die klein rewolwertjies se teruglsag nogal pynlik. Ek het al 'n paar keer die velle tussen my duim en wysvinger afgeskil met so enetjie. Veral die tradisionele hout grepe is die grootste sondebokke. Die meer moderne rubbergrepe help so 'n bietjie om die pyn langer uit te rek. Mens wil nie die tipe met warm ladings skiet nie.

My voorstel vir 'n goeie veeldoelige lading sou wees om 'n klompie gegote lood 148 gn "Target Wadcutter" koeëls op te spoor. Die koeël is basies silindries en sy punt en basis is ewe plat. Party bronne noem hulle ook "double ended wadcutter" omdat jy hulle kan omdraai en dis steeds dieselfde ding. Hierdie koeëls word binne in die dop gelaai en sy punt is omtrent gelyk met die dop se bek. Die konsep is ontwikkel vir teiken skiet omdat dit die dop se vry volume verminder (dopvulling % baie verbeter) en dus meer konstante spoed gee. Hulle pons ook mooi skerp gesnyde gaatjies in die papier teiken. Hierdie teiken ladings het ook van die beste resultate in selfverdedigingssituasies gelewer, uit kortloop (2") rewolwers. Hulle gaan dalk nie uitsit in die teiken nie, maar die skerp rand sny nogal 'n lekker wondkanaal, baie groter as 'n gemantelde holpunt wat nie uitsit nie.

Net so 'n paar idees om te oorweeg.
User avatar
DeonvTonder
Full Member
Full Member
Posts: 142
Joined: Sun May 31, 2015 11:12 am

Re: 38 spl snubby herlaai

Post by DeonvTonder »

Goeie môre almal,

Ek het die naweek my toets rondtes geskiet. 5 skote elk gelaai met 3.4gr S121 waarvan 5 sonder filler was en 5 waar ek sommer stukkie toilet papier as filler gebruik het. Die resultate is as volg:

Met filler: 558 fps
567 fps
568 fps
572 fps
576 fps
Die het 'n gemidelde spoed van 568 fps, ES 18 fps en SD 6 fps

Sonder filler: 570 fps
580 fps
580 fps
572 fps
565 fps
Gemidelde spoed van 573 fps, Es van 15 fps en SD van 6 fps

Somchem gee volgens hulle tabel 'n gemiddelde spoed van 568 fps so ek dink ek is redelik in die ballpark ;D . Groeperings het ook nie te sleg gelyk nie.

Gedink ek deel sommer met almal. Mooi dag en groete
Glock 19 Gen 3
Howa 308
Howa 6mm Creedmoor
Voere 22LR
Baikal 12GA SS
Lee Enfield 303
Rossi .38 SPL
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: 38 spl snubby herlaai

Post by Louis Kriel »

Yes Deon eks baie nuuskierig, jy het seker nie "gesettle" op 570 fps nie. Volgens my bietjie oplees en beperkte ervaring, is die ideale koeel vir die 38 snubby, n 110gr SJHP teen 900 fps (of vinniger) behoort die job te doen. Ek gebruik Hodgdon Titegroup. S121 is na my beskeie mening heeltemal te vinnig vir die swaarder koele. Jou lading gaan goed werk vir n 148 FWC vir teiken skiet.
User avatar
DeonvTonder
Full Member
Full Member
Posts: 142
Joined: Sun May 31, 2015 11:12 am

Re: 38 spl snubby herlaai

Post by DeonvTonder »

Louis Kriel wrote: Thu May 02, 2024 12:49 pm Yes Deon eks baie nuuskierig, jy het seker nie "gesettle" op 570 fps nie. Volgens my bietjie oplees en beperkte ervaring, is die ideale koeel vir die 38 snubby, n 110gr SJHP teen 900 fps (of vinniger) behoort die job te doen. Ek gebruik Hodgdon Titegroup. S121 is na my beskeie mening heeltemal te vinnig vir die swaarder koele. Jou lading gaan goed werk vir n 148 FWC vir teiken skiet.
Louis ek het eerlikwaar nie veel verder gekarring aan wat ek hierbo gedeel het nie. Ek wou weet wat die slimmer manne doen i.v.m. 'n vuller of sonder vuller laai op die 38 spl. Soos hierbo gesien kan word is die verskil minimaal. Ek sal wel op latere staduim oorslaan na 'n ligter punt. Die 158gr is baie lekker maar vir teiken skiet is dit dalk so bietjie oorbodig. Ek het klompie silver rapids wat ek nog gaan toets (ook 158gr) en sal dan 'n besluit neem maar ja ek dink ligter gaan dalk beter opsie wees.

Groete
Glock 19 Gen 3
Howa 308
Howa 6mm Creedmoor
Voere 22LR
Baikal 12GA SS
Lee Enfield 303
Rossi .38 SPL
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: 38 spl snubby herlaai

Post by Ds J »

Die rede vir dopvullers is om te keer dat die lae volume kruit plat lê en gelyktydig aan die brand gesteek word. Dit veroorsaak dan n kaboem met skade aan die skut.
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1516
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: .30kal 155gr Nosler CC te koop

Post by swc-tr »

Ds J wrote:Die rede vir dopvullers is om te keer dat die lae volume kruit plat lê en gelyktydig aan die brand gesteek word. Dit veroorsaak dan n kaboem met skade aan die skut.
Met handwapen kalibers en hul relatief klein dopvolumes, en die vinnige ontbrandende dryfmiddels (wat maklik ontbrand) wat gebruik word, is daar geen gevaar van S.E.E. nie. Dopvullers is geensins nodig nie.
Die gevaar by handwapen ammunisie laai is by geen lading (wat koeël in loop laat vassteek) of dubbel ladings. Dit veroorsaak "kaboeme"

Sent from my SM-A125F using Tapatalk


Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 871
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: 38 spl snubby herlaai

Post by Viking »

Nou hoe nou??

Ek het 'n Taurus .357 Magnum met 'n 4 duim loop - wat ook die "gewone" .38 special patroon kan hanteer.

Vroulief het 'n Rossi "snubby" en skiet gemaklik met haar gekoopte .38 patrone - wat ek ook in die Taurus gebruik vir teiken doeleindes.

NOG NOOIT het 'n handelaar ons gevra of ons .38 special patrone wil hê vir 'n "snubby" nie!

Is daar "ligter gelaaide" .38 special (snubby) patrone op die handelaars rakke?
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: 38 spl snubby herlaai

Post by Ds J »

Viking wrote: Mon May 06, 2024 11:20 am Nou hoe nou??

...

Is daar "ligter gelaaide" .38 special (snubby) patrone op die handelaars rakke?
Nog nooit gesien nie; ek dink ek het een keer daarvan gelees.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 38 spl snubby herlaai

Post by tripodmvr »

Viking wrote: Mon May 06, 2024 11:20 am Nou hoe nou??

Ek het 'n Taurus .357 Magnum met 'n 4 duim loop - wat ook die "gewone" .38 special patroon kan hanteer.

Vroulief het 'n Rossi "snubby" en skiet gemaklik met haar gekoopte .38 patrone - wat ek ook in die Taurus gebruik vir teiken doeleindes.

NOG NOOIT het 'n handelaar ons gevra of ons .38 special patrone wil hê vir 'n "snubby" nie!

Is daar "ligter gelaaide" .38 special (snubby) patrone op die handelaars rakke?
Die snubbies is ligter gebou en dit sal raadsaam wees as jy as herlaaier dit in ag neem. Dit is Somchem se boodskap vir herlaaiers.

Die winkelpatrone gaan na baie skote sekerlik meer slytasie veroorsaak en die aksie kan los raak. In elk geval word sulke rewolwers nie sommer vir duisende skote gebruik soos die 9mm semi-autos nie. Meer terugslag word wel ondervind, maar as dit nie pla om die rewolwer te hanteer nie, is dit dan nie 'n probleem nie. Kyk net uit om nie die +P ammunisie te kry nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: 38 spl snubby herlaai

Post by Louis Kriel »

Viking wrote: Mon May 06, 2024 11:20 am Nou hoe nou??

Ek het 'n Taurus .357 Magnum met 'n 4 duim loop - wat ook die "gewone" .38 special patroon kan hanteer.

Vroulief het 'n Rossi "snubby" en skiet gemaklik met haar gekoopte .38 patrone - wat ek ook in die Taurus gebruik vir teiken doeleindes.

NOG NOOIT het 'n handelaar ons gevra of ons .38 special patrone wil hê vir 'n "snubby" nie!

Is daar "ligter gelaaide" .38 special (snubby) patrone op die handelaars rakke?
Ek dink Manie Johannes wat by Somchem ladings ontwikkel het, was dalk oorversigtig (goeie ding) met die ligte J-frame snubbies. Ek dink nie n konstante dieet van fabrieks ammo gaan jou Taurus mod. 85 of Rossi snubby opblaas nie. Op die ergste gaan jy dalk n losserige silinder kry of jou timing gaan bietjie uit raak oor baie jare. Ek het n 3" SS Taurus mod.85. 90% vd koele wat hy skiet, is 148gr FWC teen 700fps, MAAR ek laai ook vir hom 110gr XTP's met n Vectan ba9.5 lading wat ek nie hier gaan noem nie. Spoed is 1280fps en ek is seker hy sal die job goed doen wanneer nodig.
Post Reply