9mm Accubullet 124gr

Post Reply
Stef1274
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 75
Joined: Thu Jan 26, 2023 1:27 pm

9mm Accubullet 124gr

Post by Stef1274 »

Hi almal,

Het enigiemand enige ervaring met hierdie produk? Ek sien dit in op Feather, Fur & Target se shop. Lyk asof dit 'n nuwe tipe coating vir cast bullets is, baie goeie prys. Kan werk as dit werk.

Dankie

https://ffat.co.za/product/acubullet-9mm-124gr-bullets/
308 Win - Custom Israeli Mauser
303 Bri - Enfield 1970s Sporter
6.5 Grendel - Howa Mini
9mmS - Beretta 84BB
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: 9mm Accubullet 124gr

Post by LUAN »

Lyk of dit dieselfde coating is wat gebruik word deur ander vervaardigers.
Eks gelukkig met die
https://compi-shot.co.za/
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 956
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: 9mm Accubullet 124gr

Post by OosKaapJagter »

Kry dit en toets dit. Dit is 'n goeie prys.

My persoonlike keuse tans is die koeëls van Bullet Corp. In my jong dae het ons baie gegote loodkoeëls gebruik. Die "lead fouling" is net iets waarvan ek gelees het, maar nooit self ervaar het as ek my pistole skoongemaak het nie. Al die nuwe produkte met 'n "coating" op maak dat jy steeds goedkoop kan herlaai, sonder om jouself met lood te vergiftig. Soms wonder ek ook of die vergiftiging nie maar deesdae oordryf word nie. Al die blootstelling aan lood (windbuks koeëltjies, gegote koeëls en sinkers vir visvang) het nie enige ooglopende of blywende skade gelaat nie.

Die meeste van hierdie produkte werk maar dieselfde. Sommiges lyk net beter as ander.

As jy nog nie met sulke koeëls herlaai het nie, onthou net om jou dop effens meer te "flare" voordat jy die koeëlpunt laai, andersins skraap die skerp rand van die dop jou "coating" af.

Die belangrikste is volgehoue beskikbaarheid en prys, mits die afmetings korrek is en jy nie sit met koeëls wat tuimel of so iets nie.
Post Reply