Iets wat Winchester eindlik in 1963 op die M70 moes gebou het en nooit in die M100 Semi en M88 Lever action nie.
Dink as hulle dit op die M70 gebou het was dit n baie bekender kaliber vandag gewees.
Dit daar gelos.
Het toe sommer by n forum lid 300 x Wincherster 284 Win doppe gekry.
Het n Walter loop gekoop vroeg in 2022 en in die begin in 2023 het ek n Winchester Pre 64 1953 kolf en aksie opgetel.
My neef in Texas het toe ook vir my n oorsproklike Winchester recoil pad gekry soos wat op die gewere was in die 60’s.
Die Walter loop het uitgekom op n 26” 1-9 twist.
Ek geoog om 160-168gr koeels te skiet.
Huidiglik het ek n 4-12x44 Zeiss V4 op haar gesit maar as ek n 4-16x44 Zeiss V4 kan kry sal dit eerste prys wees. (Dankie Zane vir die teleskoop)
Ek vat haar more om loop in te breek en sal laat weet hoe at skiet.






