TIPS VIR KARP-VANG

Any freshwater fishing stories here/ Enige varswater hengel stories hier.
Post Reply
User avatar
Hoender
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Sun Sep 04, 2011 3:21 pm

TIPS VIR KARP-VANG

Post by Hoender »

Ek wil graag bietjie by die mense tips bedel. Ek is maar nuut in die ding. Ek is van daai mense wat saam met mense gaan om vis te vang, maar wanneer hulle rye en rye en rye botteltjies dips en enige moontlike ding uithaal, dan bere ek maar en kyk wat hulle doen.

Sulke mense maak my negatief vir die sport

So asb die manne wat kan, ek soek raad asb

Groete hoender
.308 SAKO
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: TIPS VIR KARP-VANG

Post by Danie01 »

Hoender

Dit is dan so lekker om die verskillende doepas etc uit te toets. Ek begin altyd met wit soet deugie en later as ek nie iets gevang kry nie, dan begin ek met verskillende dips en doepas. Dips en doepas help ook nie altyd nie, party visse hou meer van die een soort en ander weer van n ander. Ek het al agter gekom dat ek beter vang met sekere soorte dip by sekere damme as by ander.

maar aangesien jy nie wil doepa's gebruik nie, is y raad erdwurms, mielies, krieke en eiergeel / kerrie / brood degie. Hier is n dam / pan naby ons wat jy maar jou doepa's kan b?re en weet jy gaan beste vang met jou natuurlike aas. Ek het groot sukses met erdwurms en die kerrie brood met uie sap.

Ek het my grootste karp met brood gevang wat ek met gerasperde uiesap aangemaak het. Was n 9.8kg karp, weet dit nie rekord nie, maar hier by ons vang jy nie sommer groter nie!

Groete
Danie
User avatar
Hoender
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Sun Sep 04, 2011 3:21 pm

Re: TIPS VIR KARP-VANG

Post by Hoender »

Dankie, ek vind dit intressant. Die dips en poeiers en die meester goedjies.

Waar kom oom van daan?

Groete Hoender
.308 SAKO
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13649
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: TIPS VIR KARP-VANG

Post by Geno »

Hoender,

Wat ek gewoonlik doen is om sagter geure te gebruik as dit warm is, en sterker geure as dit koud is, of as die wind waai. Ek hengel ook altyd een stok vlak, en een stok diep.
As die wind begin waai sit ek altyd die sterkste geure in my kas op soos bv. TCP.

Ek wil hierdie somer kyk of ek nie paar karpe met die boot kan vang nie....

Hier's so paar vissies wat ons gevang het:
http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=0

http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=5

http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=1

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: TIPS VIR KARP-VANG

Post by G-force »

n Raadsame tip is "Los die karp vang en try liewers kurpers."
Speel net.Ek het ook onlangs met my swaarbietjie gaan vang en al die dips ensv getry..nogals interesant en pret.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
Vriendin

Re: TIPS VIR KARP-VANG

Post by Vriendin »

Hi hoender - vra sommer vir julle viswinkel (waar jy die doepas koop) wat werk die beste.  Hulle deel graag hulle inligting uit.  Hulle weet mos ook wat in hulle omgewing werk en wat nie.  Ons glo ook iin sterk/skerp in die Winter en ligte in die Somer ..... maar daar is kere dat gewone pitmielies of bruinbrood (alhoewel ek wit verkies - dis taaier) en eier gemeng wonderlik werk.  Mens moet maar net toets
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: TIPS VIR KARP-VANG

Post by Danie01 »

Hoender

Ek is dam nou regtig nie n oom nie! Jy moet maak soos die manne hier s?. Gaan na naaste viswinkel en vra vir hul wat werk beste by watter dam en hoe en wanneer o dit te gebruik!

Groete
User avatar
Hoender
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Sun Sep 04, 2011 3:21 pm

Re: TIPS VIR KARP-VANG

Post by Hoender »

Ek sal maar maak soos die ou hande se. ek is maar nuut in die bedryf en wil graag ontwikkel daarin. wat kan nou lekkerder wees as om lyne in die water te he en saam met vriende te kuier.
.308 SAKO
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13649
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: TIPS VIR KARP-VANG

Post by Geno »

Hoener, waar bly jy? As jy hier in Pretoria se w?reld is, is jy welkom om by my te kom hengel, ek sal jou met graagte touwys maak.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Hoender
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Sun Sep 04, 2011 3:21 pm

Re: TIPS VIR KARP-VANG

Post by Hoender »

Geno,

Ek bly ongelukkig in Kimberley.

Dankie vir die aanbod!

Groete Hoender
.308 SAKO
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: TIPS VIR KARP-VANG

Post by Christo »

Hoender wrote:
Ek bly ongelukkig in Kimberley.
Ek bly lekker oppie plaas. Jammer om te hoor jy is ongelukkig daar waar jy bly  ;D

Ek het baie sukses gehad met erdwurms op karp. Geen sukses met al die doepa's. Seker maar omdat dit plaas karpe is. Maar op 'n goeie dag van die seuns sommer 30 van hulle in 'n oggend.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: TIPS VIR KARP-VANG

Post by Cobus(Cobb) »

Chicken...!!

Jong ek het ook al vir jare sulke souse en doepas ens ens gebruik, soms met moerse sukses en soms met moerse teleurstellings.

Ek en seun Dewie is nou al weer terug by basics en kry meeste sukses met floaties en gewone (plain) mielie bom.
Gooi konstant op een plek en onthou die geheim vir as jy in rivier vang...een stok vlak in en 2e stok bietjie dieper.(probeer op/teen die drop off zone te l?)

Ek sien gereeld hoe manne tot aan die ander kant van die rivier probeer gooi, en manne daai kant wil weer hierdie kant toe gooi??Dis nou mos net stupid....vang aan jou kant en cast op een kol.
Netheid van jou visgery, aas en stroppe dink ek nie persoonlik is doodsaak nodig nie

Beste raad wat ek vir jou het is ...los die karpe, vang lekker groot babers met medium tot dun lyn op medium size duiwe en no 2 bass hoeke

Lekker vang

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Vriendin

Re: TIPS VIR KARP-VANG

Post by Vriendin »

Christo wrote:
Hoender wrote:
Ek bly ongelukkig in Kimberley.
Ek bly lekker oppie plaas. Jammer om te hoor jy is ongelukkig daar waar jy bly  ;D

Ek het baie sukses gehad met erdwurms op karp. Geen sukses met al die doepa's. Seker maar omdat dit plaas karpe is. Maar op 'n goeie dag van die seuns sommer 30 van hulle in 'n oggend.
Hier by ons is dit ook so ..... al die plein goed werk hier in die Noordkaap.  Seker maar al ons mielielande en goeie grond (erdwurms).  Doepas en dips werk, maar hoekom soveel geld spandeer as die basiese goed werk en die vangste daarmee goed is.
User avatar
Hoender
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Sun Sep 04, 2011 3:21 pm

Re: TIPS VIR KARP-VANG

Post by Hoender »

So almal se ek moet begin by basics en dan soos ek gaan die dips uitprobeer?
.308 SAKO
Superman

Re: TIPS VIR KARP-VANG

Post by Superman »

Hi manne ek gaan bietjie by Limiric lodge vang die naweek en net gewonder of enige een vir my kan raad gee rondom watter aas ek moet gebruik asook hoe diep n ou moet gooi ens?
Vriendin

Re: TIPS VIR KARP-VANG

Post by Vriendin »

[quote="Hoender"]
So almal se ek moet begin by basics en dan soos ek gaan die dips uitprobeer?

Hoender, het jy al by XXX of Bethsaida (baie naby Christiana op die Kimberley kant) probeer vang.  Baie goeie vangste onlangs gehad - gewone mieliebolle en plain floaties.  Meestal karps ongeveer 4kg en babers. 
KLASIE
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 67
Joined: Wed Sep 16, 2009 3:08 pm

Re: TIPS VIR KARP-VANG

Post by KLASIE »

Hi daar Hoender

Net iets wat jy moet onthou as jy in dam of rivier hengel wat druk deur kompeterende hengellaars gehengel word dan sal daai karpe gewoond wees aan allerhende verskillende doepas en moet jy maar jou metodes hier by aanpas , kry die nodige inligting by jou viswinkel en waak tog teen die baie visvang stories want al die souse  en goed vang meer hengellaars as visse. Ek se nie dat dit nie werk nie maar wees versigtig en moenie jou ore teveel
uitleen nie. Goue reel om te onthou is glo in die aas wat jy in die water gooi , en dan het iemand gese van sagte geure vir somer en vrugte geure net so in die lente , skerp geure vir koue maande dise visse raak minder aktief in die winter en het dan iets nodig om hul te prikkel dan werk skerp geure. Ek het in my konpeterende dae seker 300 verkillende geure gehad en ek moet se daar is volgens my net so +- 20 geure wat  jy nodig het om met groot sukses te hengel by meeste van ons damme , bv. piesang ,grinadella, amandel, anys, strawberry, garlic, tcp,bloekom-olie ens . Dit is ma net my mening en ek kom al 20j met die varswater hengel en hengel nou nie meer kompeterend nie maar het al daai skool geld betaal. Stywe lyne n van die grotes
User avatar
stephensonsknives
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 305
Joined: Tue Dec 08, 2009 3:50 pm

Re: TIPS VIR KARP-VANG

Post by stephensonsknives »

geno ons het daggese by pmp uitstappie
waar het jy hengelplek en kan n man dit besoek ek is hier in pta noord
my nr 0828722114
Bewarings Beampte Baviaanspoort
www.stephensonsknives.com
Post Reply