Vlakvarkie Spit - Hoe maak mens?

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Ockert1992
Hero Member
Hero Member
Posts: 827
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm

Vlakvarkie Spit - Hoe maak mens?

Post by Ockert1992 »

Middag julle,

Ek soek raad oor hoe ek moet maak om 'n kleinerige vlakvarkie te spit. So 12kg.

Ek het op 'n paar verwysigings afgekom van manne wat dit al gedoen het, maar kry nie lekker besonderhede.

Is hier dalk iemand wat my met 'n reseppie of 2 kan help?

Dankie

Ockert
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1367
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Vlakvarkie Spit - Hoe maak mens?

Post by Toxxyc »

Gewoonlik sit mens die ding maar bo-op die hitte.

Nee ek grap. Ek het nog nooit een gespit nie, maar as ek advies kan gee, hanteer hom meer as 'n skaap as 'n vark. Vlakvark is nie soos vark nie, die vleis is donkerder en nader aan rooivleis. Hy's ook nie vetterig soos gewone vark nie, so hy droog makliker uit. Hy doen goed met dieselfde geure wat mens maar op wildsvleis of skaap ook sit - sout, swartpeper, roosmaryn, tiemie, en dan suurlemoen of appelasyn soos jou smaak verkies.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Vlakvarkie Spit - Hoe maak mens?

Post by ruaanb »

Vlakvark op daai manier gaan jy moet bespuit en besmeer tot die dood toe want vlakvark het maar n vaal smaak.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13570
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Vlakvarkie Spit - Hoe maak mens?

Post by Capt. Yoda »

Soos Ruaan se jy gaan hom moet sous gee vir smaak die vlarkvark is maar net die carrier van die smaak, as ek kon sou ek hom n bq rook voor die tyd ook met iets soets.
Vrugte smake soos perseke en self pynapel werk baie lekker saam vlakvark
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Vlakvarkie Spit - Hoe maak mens?

Post by Frikkie Coetzee »

1. Verkoop die vlakvark.
2. Sit geld by
3. Koop n speenvark.
4. Spit en viola!
Carlc
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 271
Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am

Re: Vlakvarkie Spit - Hoe maak mens?

Post by Carlc »

Met so bietjie moeite kan n vlakvarkie baie lekker wees op n spit. Kyk in die Kook en Geniet kookboek. Daar is n afdeling oor die maak van hamme. Ek het daai instruksies gevolg en die varkie gepekel en toe gerook en daarna gespit. Ek het hom bedruip met so soeterige bedruipsous wat jy normaalweg op n gammon sal sit. Niemand het gekla en net die bene het oorgebly.
Ockert1992
Hero Member
Hero Member
Posts: 827
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm

Re: Vlakvarkie Spit - Hoe maak mens?

Post by Ockert1992 »

Dankie vir almal se terugvoer. Hoop hier kom nog 'n paar idees.

Uit die huiswerk wat ek gedoen het en gedink:

- Hy moet defnief gespuit word. Ek dink aan mengsel van olyf olie, suurlemoen sap, knoffel, sout, peper, tiemie en roosmaryn.
- Mens moet pasop vir te droog braai. Ek dink ook aan 'n soeterige sous buite om. Ek hou van honey/mustard tipe sousie by vark.
- Ons wil dit eenvoudig maak. Vark, Vars Brood, Mengelslaai en 'n aartappel of noedelslaai. Vark moet so wees jy moet hom amper sommer soos "pulled pork" op brood kan eet ook.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13570
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Vlakvarkie Spit - Hoe maak mens?

Post by Capt. Yoda »

Frikkie Coetzee wrote: Tue Oct 03, 2023 1:40 pm 1. Verkoop die vlakvark.
2. Sit geld by
3. Koop n speenvark.
4. Spit en viola!

Man wat al n vlakvark gespit het ++>:
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Vlakvarkie Spit - Hoe maak mens?

Post by Supacow »

Vlakvark op die spit proe baie soos karp uit n dam
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2128
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Vlakvarkie Spit - Hoe maak mens?

Post by Malan123 »

Neeman. Spuit hom goed, stop hom vol bacon, garlic en cherries en maak seker almal drink al brandewyn vir breakfast dan loop hy soos 'n jet!
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1486
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Vlakvarkie Spit - Hoe maak mens?

Post by Eduard Venter »

Sako30-06 hier op die forum het op 'n tyd 'n resep geplaas hier êrens. Gaan soek dalk bietjie of jy dit nie kan opspoor nie. Hy skiet nou en dan 'n klein varkie by my juis vir daai doel.

Sent from my SM-A127F using Tapatalk

OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 958
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Vlakvarkie Spit - Hoe maak mens?

Post by OosKaapJagter »

As jy regtig 'n wilde vark op 'n spit moet sit, probeer ten minste die vlakvark verruil vir 'n bosvark. Ek het een keer al so bosvark geëet wat op 'n spit gaargemaak was en was aangenaam verras.

Om 'n vlakvark gaar te maak is die resep amper dieselfde as om 'n hadeda gaar te maak. Jy berei die gereg voor met 'n ellelange lys bestanddele en tegnieke, kook dit dan vir iets soos twee dae lank saam met 'n groot rivierklip, waarna jy die hadeda weggooi en die klip eet.
User avatar
azimm2525
Newbie
Newbie
Posts: 7
Joined: Sun Dec 29, 2019 5:00 pm

Re: Vlakvarkie Spit - Hoe maak mens?

Post by azimm2525 »

Ek het al n Paar gespit. Ek haal die varkie uit die vrieskas so drie dae voor die tyd. Sit hom in in groot cooler box met n Brine en water mengsel. Los hom daar tot jy reg is om te spit.
Baste met olief olie and knoffel. Kan hom ook n bietjie inspuit.
Heerluk, proe soon Kassler chops.
My laaste spit was die Varkie klaar voor die Lamb.

Please excuse the spelling mistakes.

Sent from my SM-S901E using Tapatalk

Dash431
Full Member
Full Member
Posts: 198
Joined: Sat Nov 22, 2014 8:09 pm

Re: Vlakvarkie Spit - Hoe maak mens?

Post by Dash431 »

azimm2525 wrote: Tue Oct 03, 2023 7:03 pm Ek het al n Paar gespit. Ek haal die varkie uit die vrieskas so drie dae voor die tyd. Sit hom in in groot cooler box met n Brine en water mengsel. Los hom daar tot jy reg is om te spit.
Baste met olief olie and knoffel. Kan hom ook n bietjie inspuit.
Heerluk, proe soon Kassler chops.
My laaste spit was die Varkie klaar voor die Lamb.

Please excuse the spelling mistakes.

Sent from my SM-S901E using Tapatalk
Daai klink soos n plan
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2148
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Vlakvarkie Spit - Hoe maak mens?

Post by Ds J »

Gedagte: sou n mens so n klein varkie eers n ruk kan kook in n passende sous, en dan spit vir die afronding?
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Vlakvarkie Spit - Hoe maak mens?

Post by sako 30-06 »

Stap :

1. Koop n Meat Tenderizer with blades. https://www.takealot.com/professional-m ... izer-with-
48-sharp-blades/PLID54511259. Ek gebruik die outjie ook vir heel hoender, hoender borsies,heel wilds fillets en sirloins.

2. Steek die vark vol gate.

3. Maak nou n basiese soutwater oplossing (brine), daar is n paar resepte op die internet.
By die water gooi ek swartpeper korrels, knoffel en coriander sade. Kook alles saam, laat afkoel en
bedek die varkie, sit in yskas vir 2 dae. My vlakkie het mooi in n coolerbox gepas, so dit het baie
gehelp.

4. Haal die vark uit die oggend wat jy hom gaan spit, spoel die soutwater af.
Smeer die vark met twee bottels Griekse slaaisous. Draai nou die vark toe in kleefpastiek.
Laat marineer vir so 4 ure.

5. Spoel slaaisous af en maak die vleis mooi droog. Meng smoked paprika, bruinsuiker, en n bietjie
knoffelsout in n bakkie. Vryf die vark met Canola olie en suurlemoen sap,smeer nou die spesery
mengsel oor.
Marineer vir 2 ure.

6. Sit varkie op spit, op n redelike lae hitte vir die eerste uur.
Smelt Pork Lard in n bakkie.
Sodra vleis begin kleur kry is dit tyd om die varkie met die vet te smeer. Ek smeer die vet so elke
30min. Spit vir so 3 ure, die hitte moenie te hoog wees nie.

7. Haal vark van dit spit af, sit in n groot bak en laat elke persoon sy eie vleis afsny.

8. Bedien met broodrolletjies, vars gebakte brood, slapchips en koolslaai.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Vlakvarkie Spit - Hoe maak mens?

Post by sako 30-06 »

Het die resep al gebruik vir vlakvark en ystervark.

Die brine is eintlik meer as voldoende en dis nie werklik nodig vir die slaaisous marinade nir, maar die varkvet is n moet. Of anders kan jy net die varkvark toedraai in netvet.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Vlakvarkie Spit - Hoe maak mens?

Post by Pappabeer »

Ek het n oop spit wat met hout werk. Ek kan nie inligting gee oor die stainless spitbraaiers wat toemaak om die dier nie.

Sorg dat jy genoeg hitte het. Ek sou sê n 12kg varkie gaan so 4 ure braai. Dit hang baie van sy kondisie af. As ek n bosvark vir die spit skiet het hy ten minste 2 maande op macadamias gevreet en het twee duim vet op sy rug en lieste, en as ek n vlakvark skiet vir n spit is dit voor April. ‘N Augugustus vark gaan geen vet hê nie en maer wees. Tensy hy bv in n winter gewas vreet vir die hele winter.

Kopskote tel hier. Jy spit nie n dier wat se ribbes moertoe geskiet is nie
Hang hom n week in die koelkamer
Meng 2L Sprite en n bottel griekse slaaisous en spuit hom met halfte daarvan in.As jy te veel spuit is die vleis n pap gemors.
Smelt n kg vark vet en meng met die res van jou Sprite en slaaisous mengsel. Hiermee smeer jy hom in soos hy braai elke 20-30 minute dat hy goudbruin word, en nie droog braai nie. ‘n Gewone 100mm verfkwas werk 100% vir die doel

As hy gaar is kerf jy hom op in die pan wat die sous opgevang het ( na n uur gooi jy eers die bloed uit die pan)

Nou kan jy hom met die bykosse bedien

Image
Image

Tipiese spitvarke. Natuurlik die voorste vlakvark

Image
Image
Jong bosvarkie op die spit
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13570
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Vlakvarkie Spit - Hoe maak mens?

Post by Capt. Yoda »

Genade daai lyk lekker
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Ockert1992
Hero Member
Hero Member
Posts: 827
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm

Re: Vlakvarkie Spit - Hoe maak mens?

Post by Ockert1992 »

Pappabeer wrote: Wed Oct 04, 2023 2:02 am Ek het n oop spit wat met hout werk. Ek kan nie inligting gee oor die stainless spitbraaiers wat toemaak om die dier nie.

Sorg dat jy genoeg hitte het. Ek sou sê n 12kg varkie gaan so 4 ure braai. Dit hang baie van sy kondisie af. As ek n bosvark vir die spit skiet het hy ten minste 2 maande op macadamias gevreet en het twee duim vet op sy rug en lieste, en as ek n vlakvark skiet vir n spit is dit voor April. ‘N Augugustus vark gaan geen vet hê nie en maer wees. Tensy hy bv in n winter gewas vreet vir die hele winter.

Kopskote tel hier. Jy spit nie n dier wat se ribbes moertoe geskiet is nie
Hang hom n week in die koelkamer
Meng 2L Sprite en n bottel griekse slaaisous en spuit hom met halfte daarvan in.As jy te veel spuit is die vleis n pap gemors.
Smelt n kg vark vet en meng met die res van jou Sprite en slaaisous mengsel. Hiermee smeer jy hom in soos hy braai elke 20-30 minute dat hy goudbruin word, en nie droog braai nie. ‘n Gewone 100mm verfkwas werk 100% vir die doel

As hy gaar is kerf jy hom op in die pan wat die sous opgevang het ( na n uur gooi jy eers die bloed uit die pan)

Nou kan jy hom met die bykosse bedien

Image
Image

Tipiese spitvarke. Natuurlik die voorste vlakvark

Image
Image
Jong bosvarkie op die spit
Dewald, baie dankie. Ek like daardie spitbraai van jou! Is dit 'n stainless steel bak wat hy in het?

My varkie lyk net soos een op jou foto en ja was darem 'n kop skoot.

Net 'n vraag is daar 'n rede hoekom julle nie ook bietjie vet/olie in die vark inspuit nie?

Dankie vir die planne. Tussen hulle sal ek defnitief regkom, maar dink ek moet nou eers vir my so spitbraai bou....
Ockert1992
Hero Member
Hero Member
Posts: 827
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm

Re: Vlakvarkie Spit - Hoe maak mens?

Post by Ockert1992 »

sako 30-06 wrote: Tue Oct 03, 2023 9:36 pm Het die resep al gebruik vir vlakvark en ystervark.

Die brine is eintlik meer as voldoende en dis nie werklik nodig vir die slaaisous marinade nir, maar die varkvet is n moet. Of anders kan jy net die varkvark toedraai in netvet.
Sako jou resep sal self mooi kan werk lyk dit vir my.

Watter vark vet gebruik julle? Self uitgebraai of koop julle dit klaar?

Groete
Ockert
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1367
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Vlakvarkie Spit - Hoe maak mens?

Post by Toxxyc »

Ockert as jy iets soets in 'n sousie op die vark sit, onthou om dit net eers later op te sit. So vir die laaste uur tot 90 minute. Suiker in die souse brand baie maklik en jy kan maklik 'n bitter swart laag rondom brand wat jou vark nog slegter sal maak.

Ek het nie gedink aan brine nie. Dit sal lekker werk as jy hom in 'n coolboks kan gooi met 'n oplossing van suiker en sout. Los hom vir 'n paar dae daar binne. Dit sal hom meer sappig ook maak en haal baie van die "wild" uit die vleis uit.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Vlakvarkie Spit - Hoe maak mens?

Post by sako 30-06 »

Toxxyc wrote: Wed Oct 04, 2023 9:56 am Ockert as jy iets soets in 'n sousie op die vark sit, onthou om dit net eers later op te sit. So vir die laaste uur tot 90 minute. Suiker in die souse brand baie maklik en jy kan maklik 'n bitter swart laag rondom brand wat jou vark nog slegter sal maak.

Ockert as ek lui is koop ek sommer die pork lard by n plek soos meat world. Anders koop ek vark spek, sny dit in blokkies en braai die vet uit.
Dan bedien jy die pork crackling as n startertjie met six gun spice en gebruik die uitgebraaide vet vir die varkie.
Jy kan ook die vet verhit met botter en knoffelsout tot dit n vloeistof is, dan spuit jy dit in die vark in.

Daar is n paar maniere en dit klink na baie moeite, maar dis deel van die kuier en glo my die mense gaan hulle vingers afeet. As jy die pulled pork effek wil he dan spit jy die vark vir so 2 ure tot die vel mooi kleur kry, daarna smeer jy hom jimmy sous en botter, draai dan toe in foelie en laat rus oor baie lae hitte vir nog so uur en n half.

Ek moet se, Dewald het my n idee gegee vir my volgende projekkie. Daai spit is bobaas, baie goeie idee.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Vlakvarkie Spit - Hoe maak mens?

Post by sako 30-06 »

Askies, daar quote ek die verkeerde post. ;D
Ockert1992
Hero Member
Hero Member
Posts: 827
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm

Re: Vlakvarkie Spit - Hoe maak mens?

Post by Ockert1992 »

sako 30-06 wrote: Wed Oct 04, 2023 12:50 pm
Toxxyc wrote: Wed Oct 04, 2023 9:56 am Ockert as jy iets soets in 'n sousie op die vark sit, onthou om dit net eers later op te sit. So vir die laaste uur tot 90 minute. Suiker in die souse brand baie maklik en jy kan maklik 'n bitter swart laag rondom brand wat jou vark nog slegter sal maak.

Ek het nie gedink aan brine nie. Dit sal lekker werk as jy hom in 'n coolboks kan gooi met 'n oplossing van suiker en sout. Los hom vir 'n paar dae daar binne. Dit sal hom meer sappig ook maak en haal baie van die "wild" uit die vleis uit.
Ockert as ek lui is koop ek sommer die pork lard by n plek soos meat world. Anders koop ek vark spek, sny dit in blokkies en braai die vet uit.
Dan bedien jy die pork crackling as n startertjie met six gun spice en gebruik die uitgebraaide vet vir die varkie.
Jy kan ook die vet verhit met botter en knoffelsout tot dit n vloeistof is, dan spuit jy dit in die vark in.

Daar is n paar maniere en dit klink na baie moeite, maar dis deel van die kuier en glo my die mense gaan hulle vingers afeet. As jy die pulled pork effek wil he dan spit jy die vark vir so 2 ure tot die vel mooi kleur kry, daarna smeer jy hom jimmy sous en botter, draai dan toe in foelie en laat rus oor baie lae hitte vir nog so uur en n half.

Ek moet se, Dewald het my n idee gegee vir my volgende projekkie. Daai spit is bobaas, baie goeie idee.
Dankie Sako!
Post Reply