Naand Almal
Ek hoop dit gaan goed. Wil graag vertel hoe n goeie hond my agterent lelik geret het.
So bel my groot vriend dave en se wil ons nie vir n naweek plaas toe kom nie. Nou so uitnodiging wens mens nie van die hand nie.
Vrydag middag is ek ma die klein man en sussie oppad Katfontein toe. Pad vat vir ewig met die 1000de mangaan trokke op die pad. Na n ewigheid kan ons eiteindelik op dave se werf stop.
Na ons die hele huis afgepak het ( die manne wat babas het weet wat ek bedoel) kan ons uiteindelik rustig sit n vuur aansteek en die week se worrys met n Captain Morgan probeer vergeet. Dave kan n vleisie braai die slag as hy wil en ons 1 soos konings en kom redelik laat in die bed.
Volgende oggend met n koffie in vra hy kort vleis vir sy manne kom ons ry n draai. Ons almal is in en op die patrol ma en sussie inkluis. Met ons malawiese chauffeur agter die wiel word daar kudus gesoek.
Veld is droog en die bokke is nie lus vir saamspeel nie. Soos dit gaan raak ons aan die gesels en kudu jag vir n wyle vergeet. Dit is totdat n kudu op 40m staan en kyk wat maak die lot in die veld.
Met redelike spoed en styl kry ek n 87 vmax in my liefling ackly se keel gedruk en probeer die bok in die zeiss opspoor. Maar sy het lank genoeg gekyk na ons en besluit om te verpas.
Die res van die oggend lewer niks op nie en met die son wat warem word se ons die chauffeur om huis toe te draai. Daar gekom word daar weer geeet en gesels. En ek en davr besluit om n wyle krieket te kyk. Dit het nie lank gehou nie totdat slaap my oorval het nie.
Spring met n gejuig 4 uur op en spoor vir dave op. Hy vra wil ek in 1 van sy blinds gaan sit en kyk vir n bok. So gese so gedaan en my chauffeur laai my net na half 5 af.
Ek sit rustig en kyk die wereld en droom oor groot kudus. Na 20 min kom 2 groot koeie ingestap en loop na die krip toe heel gemaklik.
Ek dink nee hier is my kans met my liefling ackley n maklike skoot op so 80 na 90m. Hulle drink klaar en begin wegloop. Die 1 steek vas en staar met so lang nek reguit na die blind toe.
Ek begin bewe soos n laaitie op sy 1ste date en dink nee wat vergeet van kopskoot. Agter die blad en die vmax sal sy werk doen.
Kruis raak redelik stil en ek druk die sneller. Koeie wys geen reaksie nie en spring saam haar maat oor die draad en daar is sy weg.
Ek kan dit nie glo nie so naby en met die ackly nie eens ek kan dit mis nie. Vol brewada is ek uit ek gan nie die bloed kry en dan vinnig vinnig die bok.
Ek doen my beste boesman bewegings maar niks nie 1 druppel nie na 20 min gee ek op en gan sit baie bedroef in die blind en wag vir donker.
Ek speel die skoot seker 1000 keer oor in my kop sy was daar ek het dit gedoen dit was haar reaksie maar niks bloed. Dit kan mos nie wees nie
Na n ewigheid kom die patrol se ligte bt my aan en ek vertel wat ek gedoen het. Dave se nee laat hy kyk. Die man vat sy tortch en sy plakkies( gan mos net vinnig n bok optel so geen nut vir skoene nie) begin hy bloed soek. Na 5 min word my vreese bewaar hy het pensmis gekry.
Nou die pens was baie ver van waar ek gemik het maar die bok is gekwes so sy word gesoek. Toe volg seke die beste spoorsny wat ek in my lewe gesien het en ooit wil sien( gan mos nie weer kwes nie). Dave kry ek 5 tot 10m in sy lig n druppel so ons gan aan 100 m word 200 word 300 400 tot maklik 500 tot 600m daar se hy neewat. Die bos is te ruig en met die lig gan ons haar nie kry nie. My moet wat ek nie gedink het kan verder sak nie sak nog 100m.
Dis hier waar die held van ons verhaal Toby dave se beeshond/collie kruising inkom. Sy het heeltyd saam haar baas geloop terwyl hy bloedsoek. Met die omdraai is sy net weg om roep vluit als toby is net weg.
Dave se moet nie worry nie sy sal bakkie toe kom ons draai maar terug. Na 30m se terug sluip( mens loop nie as jy so laag voel nie) hoor en die mooiste geluid wat ek nog gehoor het in die veld. Toby se aanhoudende en dringende blaf.
Marais is verby my plakkies en met sy liggie hier tussen die 3 dorings in. Toby blaff seker n goeie 200m van ons af en wat ok sal beet het wil sy nie los nie.
Sy raak stil en ek begin weer stress was dit net n haas of n jakkals hoekom raas sy nie meer nie. 10sec later klap Dave se 9mm en ek weet Toby die nuwe liefde van my lewe het die bok gekry.
Sy het die kudu vir seke 800m indien nie verder gevolg en vasgekeer en daar gehou totdat dave my werk kon klaarmaak met die 9mm.
Al vat die koeie oorgekom het was n lelike sny oor die pens en niks meer nie. Hoe ek dit reggekry het sal ek graag wil weet.
So ja n goeie hond het my agterend baie groot geret.
Dave my maat baie dankie vir als altyd voorreg om te kan kom kuier. Dankie dankie dat jy ingestem het om Amore se peet pa te wees.
Toby my liefling jy is die beste hond ooit. Ek hoop jou pa gee jou elke week n skaaptjop soos hy belowe het.
En dan laastens aan my liefling Ackly my skat jammer ek het jou in die steek gelaat. Volgende keer maak ons dit reg.
Lekker week almal
'n Goeie Hond Red my Agterent
- 6mmMusgrave
- Hero Member

- Posts: 1033
- Joined: Thu Apr 28, 2016 2:06 pm
- 6mmMusgrave
- Hero Member

- Posts: 1033
- Joined: Thu Apr 28, 2016 2:06 pm
Re: 'n Goeie Hond Ret my Agterent
So paar fotos
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Toyrsi
- Hero Member

- Posts: 1004
- Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Re: 'n Goeie Hond Ret my Agterent
Mooi storie Jacques.
Toby en Dave is YSTERS!
Toby en Dave is YSTERS!
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Jacques Esterhuyzen
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7568
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
-
Dawie Malan
- Hero Member

- Posts: 844
- Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am
Re: 'n Goeie Hond Ret my Agterent
Baiemooi. Dankie vir die deel!
-
F.L.A.S.H
- Hero Member

- Posts: 854
- Joined: Mon Jul 23, 2012 10:53 am
Re: 'n Goeie Hond Ret my Agterent
Dankie Ou maat
Is altyd lekker om julle hier te he, ek is bitter trots om Peetpa vir julle pragtige dogter te kan wees.
Ongelukke gebeur maar ek is bly ons kon dit uitsort, Tobi is n yster hond wat al n paar manne se Jagte gered het, ek belowe se word baie bederf.
Mooi loop
Is altyd lekker om julle hier te he, ek is bitter trots om Peetpa vir julle pragtige dogter te kan wees.
Ongelukke gebeur maar ek is bly ons kon dit uitsort, Tobi is n yster hond wat al n paar manne se Jagte gered het, ek belowe se word baie bederf.
Mooi loop
- HunterB
- Sr. Member

- Posts: 345
- Joined: Fri May 15, 2015 12:05 pm
Re: 'n Goeie Hond Ret my Agterent
Dankie vir die deel.
Nie alle jag verloop soos die stories wat mens altyd hoor nie. Sulke dae kry jy ook en min manne sal jou van dit vertel.
Self so vloek gehad met die boog vanjaar. Sou baie betaal om vir Tobi daar te kon he. Gemsbok net voor donker geskiet, bloed gevat maar donker het dit moeilik gemaak. Tou op gegooi en volgende ogg eerste lig verder gaan soek. Net om te sien dat ons skaars 50m te vroeg gestop het. In die donker nie gesien dat hy op die laaste n skerp draai gemaak het en gevrek het nie.
Nie alle jag verloop soos die stories wat mens altyd hoor nie. Sulke dae kry jy ook en min manne sal jou van dit vertel.
Self so vloek gehad met die boog vanjaar. Sou baie betaal om vir Tobi daar te kon he. Gemsbok net voor donker geskiet, bloed gevat maar donker het dit moeilik gemaak. Tou op gegooi en volgende ogg eerste lig verder gaan soek. Net om te sien dat ons skaars 50m te vroeg gestop het. In die donker nie gesien dat hy op die laaste n skerp draai gemaak het en gevrek het nie.
CZ p10c 9mm P
Catma O/U 12ga
Astra .22lr pistool
BRNO .22lr
Savage MSR Recon AR 223
Tikka 223 ackley
Ruger American gen 2 223
Howa custom 6mm BRA
Howa custom 6.5x55 swede
Musgrave K98 7x57 mauser
Howa varminter 308win
CZ 9.3x62
Catma O/U 12ga
Astra .22lr pistool
BRNO .22lr
Savage MSR Recon AR 223
Tikka 223 ackley
Ruger American gen 2 223
Howa custom 6mm BRA
Howa custom 6.5x55 swede
Musgrave K98 7x57 mauser
Howa varminter 308win
CZ 9.3x62
- Gerhardu
- Hero Member

- Posts: 986
- Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
-
partner
- Hero Member

- Posts: 998
- Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm
Re: 'n Goeie Hond Red my Agterent
Dankies vir die deel. En great uitkoms.

