Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Geno wrote: Wed Oct 04, 2023 7:26 am
My Pel het 'n klompie 500gr SBC softs deur my gekoop vir sy .458Lott.
Gister het hy die fotos aangestuur na hy 'n klient opgeback het op 'n groot buffelbul.
Spoed is onbekend, maar ek vermoed dit sal rondom 2250fps wees.
En hier is my 500gr met die Lott teen 2200fps ook uit 'n buffel baie mooi vergelyking.
Nee, ek sien dit glad nie dat jy die A-frame afskiet nie, ek noem dit bloot vir interresantheid en konteks. As ek nie tussen 2015&2020 genoeg koeels gekoop het om my vir my lewe te hou nie, het ek beslis my groot gewere met SBC gelaai. Miskien kry ek nog n sotlike offer vir van my koeels by ‘n VSA jagter dan koop ek wel n klomp by jou
Zebra shot at 290m with a 180gr SBC @2990fps from a 300 win Mag. Almost no meat damage. Shot behind the shoulder and recovered in the opposite shoulder
Red Hartebeest shot at 270m with a 180gr SBC @2990fps from a 300 win mag. Shot on the left shoulder, exited on the right shoulder, showing expansion. Zero meat damage
Frontale skoot op 'n blouwildebees.
Afstand 200m.
150gr .308" SBC uit 'n .30-'06, trompsnelheid ±2900vps.
Wildebees het ±50m gehardloop en toe geval.
Goeie bloedspoor danksy bloeding uit inskietwond.
Die koeël is deur die bopunt van die hart.
Dis nou weer die lang wag tot volgende jaar om paar diere om te gooi vir my, met wat ek weet die boring resultate gaan wees van die SBC koeels maar ek sal my self besig hou met die 160gr 7mm SBC koeel en lading ontwikkeling in die 7x57 een van die dae.
Frederik wrote: Thu Nov 02, 2023 7:02 am

Ek wag self vir die 7mm SBC koeëls, wil hulle in my vrou se 7x57 probeer.
Frederik wrote: Thu Nov 02, 2023 7:02 am
Dis nou weer die lang wag tot volgende jaar om paar diere om te gooi vir my, met wat ek weet die boring resultate gaan wees van die SBC koeels maar ek sal my self besig hou met die 160gr 7mm SBC koeel en lading ontwikkeling in die 7x57 een van die dae.
Daai gaan 'n gevaarlike kombinasie maak as ek die dinge so kyk
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
Sal almal laat weet sodra dit in voorraad is.
Het die naweek n paar gemaak, het nog n klein dingetjie wat ek moet uitsorteer maar behoort nou reg te wees
More Rudi,
Ek hou hierdie draad met belangstelling dop. Hou baie van wat ek sien.
Nou wonder ek maar of jy die reeks gaan uitbrei na ander kalibers ook. Indien jy sou sal ek beslis by jou koop.
Ek sal my twee voortande gee vir n 277 kaliber 155gr punt om in my 270 WSM te laai.
Groetnis
Bennie Bester
Bennie Bester wrote:More Rudi,
Ek hou hierdie draad met belangstelling dop. Hou baie van wat ek sien.
Nou wonder ek maar of jy die reeks gaan uitbrei na ander kalibers ook. Indien jy sou sal ek beslis by jou koop.
Ek sal my twee voortande gee vir n 277 kaliber 155gr punt om in my 270 WSM te laai.
Groetnis
Bennie Bester
Middag Bennie.
Jong, en sal verseker nog kalibers uit bring.
Maar dink ek moet net eers die kalibers wat ek nou uit het lekker vestig en baie voorraad op bou.
Ek het wel n .338 en 8mm in gedagte en dan het ek gedink om dalk n 85gr 6mm uit te bring. Maar dit vir die toekoms.
As ek n .277 gaan maak gaan dit dalk n 130gr moet wees agv my koeels se lengte.
n 150/155gr gaan soos n 170gr lyk en dan gaan baie min mense hom kan skiet.
Synde hierdie koper projektiel langer is as gewone koeëls sou my keuse 'n 140/145gr wees vir die 277 kaliber. Genoegsame penetrasie en spoed om redelik vêr nog te kan ontplooi. Onthou dat selfs die gewone 130gr kopermantelkoeëls nog al die jare effektief gewerk het in jagtoestande en selfs op groter wild.