Goeiemiddag Jaracal, is hier enigeen wat kennis of ervaring het van n Yamamoto Pointer haelgeweer?
Dit is blykbaar n kopie (variant?) van die FN Browning wat tussen 1963 en 1972 in Japan gemaak is, voordat Miroku die FN Browning haelgewere begin maak het.
Dr Google se resultate is weersprekend - sommige skrywers sê dat die Browning parte pas, en ander sê dat dit nie pas nie. Sommige Japanese kopieë het blykbaar n ander interne sisteem.
Ek sal dit werklik waardeer indien iemand n paar wyse woorde kan sê!
Yamamoto Pointer 12Br?
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2133
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Yamamoto Pointer 12Br?
Hier is enkele foto's van twee Yamamoto haelgewere.
https://www.flickr.com/photos/196234911 ... 5i665924iM
Die interne foto's is van een haelgeweer wat al redelik gewerk het, en die ander foto's is van n redelike ongebruikte een.
https://www.flickr.com/photos/196234911 ... 5i665924iM
Die interne foto's is van een haelgeweer wat al redelik gewerk het, en die ander foto's is van n redelike ongebruikte een.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2133
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Yamamoto Pointer 12Br?
Goeienaand Jaracal, net vinnige terugvoer:
Die Yamamoto is by die huis en ek is baie beïndruk!
Dit lyk werklik of die haelgeweer bitter min gebruik is, want daar is min krappies en merke aan die beweeglike dele.
Ek sal hom waarskynlik uitmekaar moet haal om deeglik skoon te maak, maar dit is tog deel van die opwinding. Die vere sal waarskynlik ook vervang moet word: die hoofveer moet 9¼" lank wees, en het al geset tot 8½".
Mooi aand!