Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het vanmore die voorreg gehad om 'n redelik intense buffel geveg te aanskou. Die twee het mekaar amper 'n halfuur lank karnuffel. Beide het die geveg oorleef.
Pragtige aksiefoto's, dankie Thinus. 'n Ware voorreg dat jy dit kon meemaak. Hulle het mekaar behoorlik seergemaak. Ek sou baie graag 'n video van daardie geveg wou sien.
Nogal besonders dankie vir die deel. Lyk of die geveg maar taamlik eensydig was. As ek daai ligter kleur buffel was het ek na daai eerste hou gemaak of ek n hammy gerek het en weg geloop...
tripodmvr wrote: Wed Dec 13, 2023 4:42 pm
Thinus, het jy al weer die bulle gewaar en is hulle beide nog gesond?
Marius, hulle het altwee ok gelyk 'n paar minute na die geveg, die verloorder het weg geloop en die wenner is 'n paar minute later ook weg. Ek het vanmore na hulle gaan soek maar kon nie een van die twee kry nie. Hier is egter baie wegkruip plek, hulle is in 'n 22 000ha area met geen binneheinings nie, heelwat daarvan is beboste klowe en ruie rivierbos.