Nuwe koeëls vir Quickload en GRT

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
Post Reply
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1544
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Nuwe koeëls vir Quickload en GRT

Post by Giepie »

Ek het Hornady ECX 165gr koeëls vir my 30-06 gekry en dit werk vir my baie lekker, ongelukkig nog nie 'n koeël herwin nie. https://www.hornady.com/bullets/rifle/3 ... -gr-ecx#!/ Ek het in QL en GRT Hornady se GMX 165gr koeël data gebruik omdat dit nie andersins beskikbaar is nie. Die werklike data vir die ECX is baie anders as die GMX data, die nuwe CX data sal nader aan die GMX data wees omdat daar min verandering is. Die ECX se polymer tip is afgeplat teenoor die GMX en CX se skerp punte. Wat is die inligting wat mens nodig het om nuwe koeëls in te voeg? Dieselfde geld ook vir GRT. Ek kom agter die 2 programme verskil dikwels baie van mekaar.

Agtergekom 'n nuwe data leer vir QL is beskikbaar, maar teen R740. :(
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Cobus Wessels
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Nov 26, 2022 2:41 am

Re: Nuwe koeëls vir Quickload en GRT

Post by Cobus Wessels »

Ek kan ongelukkig nie jou vraag antwoord nie maar wil net saamstem dat daai ECX punte regtig lekker skiet uit my gewere. Korter en monolitiese koeëls. Goed uit stadiger draai lope vir lekker Bosveld werk. Ek het ook nog nie herwin nie.

Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk

User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Nuwe koeëls vir Quickload en GRT

Post by tripodmvr »

Die onbekende is gewoonlik die BC van die koeël. Die res kan mens meet en so een skep op QL.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Stef1274
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 75
Joined: Thu Jan 26, 2023 1:27 pm

Re: Nuwe koeëls vir Quickload en GRT

Post by Stef1274 »

tripodmvr wrote: Wed Jan 03, 2024 9:53 pm Die onbekende is gewoonlik die BC van die koeël. Die res kan mens meet en so een skep op QL.
Selfde in GRT. Of jy kies die naaste een aan wat jy het, pas party van die waardes aan. Haal een uit die pakkie en kry die vernier.
308 Win - Custom Israeli Mauser
303 Bri - Enfield 1970s Sporter
6.5 Grendel - Howa Mini
9mmS - Beretta 84BB
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1544
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Nuwe koeëls vir Quickload en GRT

Post by Giepie »

Dankie. Dit is wat ek sover gedoen het. Iets wat die naaste is gebruik en dan net aangepas. Hoekom ek gevra het is omdat ek baie groter aanpassings met die kruit se brandspoed moes doen. Ek het ook net gewonder oor die vorm van die koeël, soos verwys na die Hornady ECX, waar ek die GMX se data aangepas het.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Monster
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 363
Joined: Mon May 26, 2014 10:34 am

Re: Nuwe koeëls vir Quickload en GRT

Post by Monster »

Hi Almal, my rekenaar het omgeval en ek het al my bullet files, kruit en nuwe kaliber files verloor. Kan iemand my asb help?
Post Reply