Howa 6.5 PRC Barreled Action

Post Reply
etbal
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Thu Mar 23, 2017 9:49 am

Howa 6.5 PRC Barreled Action

Post by etbal »

Met meer en meer mense wat begin gesels oor 6.5 PRC wou ek graag by die forum gehoor het oor wat julle gedagtes is oor die PRC, essentially die magnum van die 6.5 creedmoor.

As ek 'n Howa 24 inch Varmint 6.5 PRC Barrel Action kan kry, watse stock sou goed by dit werk?
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 981
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: Howa 6.5 PRC Barreled Action

Post by Gerhardu »

Mcmillan kolf.
User avatar
Victor_
Full Member
Full Member
Posts: 219
Joined: Fri Jan 08, 2016 2:34 pm

Howa 6.5 PRC Barreled Action

Post by Victor_ »

Is baie jammer die Bravo of die XRS is nie in Howa LA beskikbaar nie.

Sou ‘n baie lekker kombo maak!
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Howa 6.5 PRC Barreled Action

Post by LUAN »

Ek sien op die Legacy site kom die Howas in baie verskillende kolf opsies. Ek weet nie hoeveel van hierdie variante by ons gaan opeindig.
https://www.legacysports.com/brands/howa_catalog/

Ek kyk ook na die kaliber en wonder of daar mede forum lede is wat al lisensies gekry het vir die Howa en hoe skiet hy?
Ek sien hy kom wel in n lang aksie (ander fabrikate maak hom kort) wat beteken jy sal gemaklik enige gewig koel kan optimaal seat en uit die magasyn skiet. Looplewe klink nie baie lank vir die kaliber maar as n jag geweer sal dit lank genoeg wees. Ook dit lyk of hy n beter opsie is as daai onpopulere 270 kaliber. n Ware platskiet kaliber met meer soorte koels om van te kies :)
etbal
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Thu Mar 23, 2017 9:49 am

Re: Howa 6.5 PRC Barreled Action

Post by etbal »

LUAN wrote: Sat Apr 09, 2022 3:04 pm Looplewe klink nie baie lank vir die kaliber maar as n jag geweer sal dit lank genoeg wees.
Ja dit is ook wat ek sien. Die ding is, ek soek 'n speelding waarmee ek meer kompetisie kan skiet want eks eintlik reeds 'n jaggeweer. Self dalk bietjie meer bene rek oor 'n 500+ meter.
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Howa 6.5 PRC Barreled Action

Post by Jean Marais »

etbal wrote: Sun Apr 10, 2022 4:02 pm
LUAN wrote: Sat Apr 09, 2022 3:04 pm Looplewe klink nie baie lank vir die kaliber maar as n jag geweer sal dit lank genoeg wees.
Ja dit is ook wat ek sien. Die ding is, ek soek 'n speelding waarmee ek meer kompetisie kan skiet want eks eintlik reeds 'n jaggeweer. Self dalk bietjie meer bene rek oor 'n 500+ meter.
As dit jou hoofdoel met die PRC gaan wees, moet jy sommer van die begin af twee koop. Looplewe is ongeveer 1000-1200 skote, en om 'n nuwe loop in SA te probeer deurkry by SAPD is bykans onmootlik, en as jy dit sou regkry, is die wagtyd belaglik. Vra my, eks daardeur en nei sommer weer nie.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
skaapwagter
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 67
Joined: Sun Feb 28, 2010 11:11 pm

Re: Howa 6.5 PRC Barreled Action

Post by skaapwagter »

etbal wrote:Met meer en meer mense wat begin gesels oor 6.5 PRC wou ek graag by die forum gehoor het oor wat julle gedagtes is oor die PRC, essentially die magnum van die 6.5 creedmoor.

As ek 'n Howa 24 inch Varmint 6.5 PRC Barrel Action kan kry, watse stock sou goed by dit werk?
Ook nou een gekoop gaan kyk na die TSP X kolf, hy jy al begin skiet met joune, sal graag wil hoor op watter punte jy besluit het.

Sent from my SM-N980F using Tapatalk

.22-250 tikka 6.5PRC Howa .338WM Sako ::)
TO Y O T A...
etbal
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Thu Mar 23, 2017 9:49 am

Re: Howa 6.5 PRC Barreled Action

Post by etbal »

hy jy al begin skiet met joune, sal graag wil hoor op watter punte jy besluit het.
Ek het toe gegaan vir 'n 6.5 Creedmoor Tikka T3X Super Varmint. Huidiglik ontwikkel ek nog vir die sweetspot maar vir jag glo ek die Hornady 120gr CX en die Hornady ELD-Match 140gr vir papier. Maar ek moet hulle nog deur hulle toetse sit voor ek verseker weet.

Ek het teen die PRC besluit omdat sy loop lewe minder is en hier is dit beina onmootlik om lope te ruil ::)
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 981
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: Howa 6.5 PRC Barreled Action

Post by Gerhardu »

n Loop op n geweer is soos bande op n voertuig.
Post Reply