Ruger #1 - 243 Win - 100gr PMP ProAmm

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Ruger #1 - 243 Win - 100gr PMP ProAmm

Post by Arnold »

Classic.jpg
Ek het 'n kans gekry om so paar skote oor die chronograaf te skiet. Geen druk gesien nie en volgende sal ek seker 'n paar laai op 'n lae en hoë node om te sien wat mooi maak.

22" loop
TPL 67mm - seker so 2.4mm uit die lands, gelaai tot by die krimpgroef van die 100gr PMP ProAmm
Lapua doppe, Murom LRM primers en S365 lot102

Spoed is van slegs een skoot. As ek die somme op GRT maak lyk dit soos 2840 fps en 2950 fps. Vir die doel van die geweer (kortafstand) sal die 2840fps dalk beter werk as mens die koeëlkonstruksie in ag neem.
100gr PMP ProAmm.png
Ek het met die 4x scope geskiet en was nie te gepla oor groeperings nie en het eerder probeer om die teleskoop ingestel te kry. Dit lyk tog of die geweertjie heel aanvaarbaar groepeer so ek is opgewonde oor die een.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2940
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Ruger #1 - 243 Win - 100gr PMP ProAmm

Post by Lategan1 »

Lekker, hoe lyk dopvul @ 2840? Dit sal my kriteria wees.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Ruger #1 - 243 Win - 100gr PMP ProAmm

Post by Capt. Yoda »

Hoekom sal dopvul jou kritera wees vir n jag geweer met n 4x scope op wat tot op 200m gaan skiet met 365 en n 100gr koel?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1870
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Ruger #1 - 243 Win - 100gr PMP ProAmm

Post by Alwin »

Die 2840fps lading klink vir my na 'n goeie idee.

Hou ook in gedagte dat die No1 se uittrekker nie dieselfde krag kan uitoefen as die van 'n grendelaksie nie. Op 'n warm dag kan dit belangrik raak om die doppe maklik uit te kry.

My kortafstand lading het die PMP 100gn koeëls teen 2400 fps gestoot met S335. Dit het nogal lekker gewerk in Bosveld jag toestande.
Knewel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 271
Joined: Fri Dec 02, 2016 10:44 pm

Re: Ruger #1 - 243 Win - 100gr PMP ProAmm

Post by Knewel »

Baie nice Arnold. Stuur bietjie foto's as jy hom op sy eerste jag vat. Groete

Sent from my SM-A750F using Tapatalk

'Shooting is all about confidence' -Tubby Smith
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1614
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: Ruger #1 - 243 Win - 100gr PMP ProAmm

Post by Francoisv »

Mooi geweer Rix, ek sal graag so 'n No 1 in 'n klassieke kaliber wil besit.

Sent from my CPH2359 using Tapatalk

Francois Vogel
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2940
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Ruger #1 - 243 Win - 100gr PMP ProAmm

Post by Lategan1 »

@Yoda
Glo Arnold verstaan duidelik.

Lekker …. Dit wat hy deel, Insluitend potensiële groep op 2840 met 100gr.
S365 …. Wisselende lot prestasie welbekend,
ek nie sy lot kontroleer het vir o.a. goeie % dopvul nie.
Dit sal my kriteria wees…. Omrede ek hou van goeie % dopvul, 88% plus. Dit is waar ek die minste sukkel met konsekwentheid.
My 2c ondersteun dus die 2840 vs die 2950, (elke geval warm) waaroor hy nog wil besluit, met die voorbehoud van goeie % dopvul.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Ruger #1 - 243 Win - 100gr PMP ProAmm

Post by Arnold »

Die 2840fps lading behoort hier by 41.3/4gr S365 te wees en die 2950fps lading sal hier by 43.3/4gr rond wees.

Ek het getoets tot 44gr en geen druktekens ervaar nie, so die 2950fps is mooi binne perke.

Soos voorheen genoem is die doel van die geweer kortafstand, daarom is die kleinste groepe nie van kardinale belang nie. As ek rondom 1 MOA kan handhaaf met 4x scope sal ek tevrede wees want ek glo dit is genoeg om rooibokke in die bos te teiken. Dopvulling is dus nie iets waaroor ek bekommerd is nie en ek sal eerder die lae lading gebruik vir moontlike beter koeël prestasie en minder recoil vir die kinders.

Dit was die eerste keer wat ek met die Leupold M8 gaan skiet en ek het en het eers na die tyd bietjie opgelees oor hoe die verstelling werk. Volgende keer sal ek dan ook met meer selfvertroue die geweer zero.

Ek beplan om volgende beide ladings te skiet en dan sal ek 'n besluit maak gebasseer op die groeperings.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Ruger #1 - 243 Win - 100gr PMP ProAmm

Post by Wouter Roets »

Arnold

Laat spoed eerder jou hoof kreteria wees met die keuse van jou lading vir hierdie aplikasie. Selfs teen 2850ft/sek vra jy baie van n konvensionele koeel op bos afstande.

Groetnis
Wouter
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Ruger #1 - 243 Win - 100gr PMP ProAmm

Post by Arnold »

Wouter Roets wrote: Tue Jan 23, 2024 11:41 am Arnold

Laat spoed eerder jou hoof kreteria wees met die keuse van jou lading vir hierdie aplikasie. Selfs teen 2850ft/sek vra jy baie van n konvensionele koeel op bos afstande.

Groetnis
Wouter
Wouter, hiermee stem ek saam.

Ek sou kon afstap na 2760fps en dan wys die somme nog 100% ontbranding. Definitief iets om na te kyk.
Minder as dit en volledige ontbranding find nie plaas nie, maar ek kan dit seker toets en kyk na iets by 2600 fps wat ongeveer 95% verbranding wys?
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 624
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Ruger #1 - 243 Win - 100gr PMP ProAmm

Post by ZKK »

Goeie middag almal. Erens het ek gesit en slaap in die klas. en iets gemis.

Hoekom plot julle deesdae die spoed teenoor die grein?
As ek nou moes raai sal ek die volgende raai.
Plekke op die grafiek waar mens platter hellings het, beteken daar is minder variasie op spoed tussen kruit ladings.
Dui hierdie posisies ook vir jou nodes aan?

Groete
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Ruger #1 - 243 Win - 100gr PMP ProAmm

Post by Wouter Roets »

Arnold

Ek sou vir jou aplikasie n spoed van hier rondop 2500-2600ft/sek wou sien dat jou inpaksnelhede hier so tussen 2300-2400ft/sek kon wees. Vir bertroubare penetrasie sal ek nie sommer hoer as dit hardloop nie. Ek dink 1 duim groepe is nog steeds maklik haalbaar met 95% ontbranding, maar ek dink jy gaan laer daal is dit vir daai spoed. Dopvulling met stadig verbrandende kuit moet verkieslik bo 80% wees. Die idiaal sal wees om vinniger poeier te hardloop met n vuller. S335 of iets wat daar brand sal my keuse wees. Dink Alwin het ook daai resep gebruik.

Groetnis
Wouter
User avatar
herman.bonsma
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 54
Joined: Tue Dec 22, 2020 7:46 am

Re: Ruger #1 - 243 Win - 100gr PMP ProAmm

Post by herman.bonsma »

Middag Arnold,

Ek & veral my 3 kinders toe hulle jonger was, skiet al vir baie jare die lading met groot sukses - ons beperk ons skote tot so 200m. Die Hornady presteer baie goed teen die laer spoed & penetrasie is vêr bo verwagting. My voorraad Hornady RN 100 grein is byna op en ek het nou Stewart 100grein rondeneuse bestel - Hornady RN is van die mark af. Die lading is op die skyf aangedui. My Ruger RSI se dun lopie is 18” en 1:10 draai.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
herman.bonsma
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 54
Joined: Tue Dec 22, 2020 7:46 am

Re: Ruger #1 - 243 Win - 100gr PMP ProAmm

Post by herman.bonsma »

Ruger RSI .243W
Image
Image


Sent from my iPhone using Tapatalk
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2149
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Ruger #1 - 243 Win - 100gr PMP ProAmm

Post by Koos Barnard »

Ek wil by Wouter en by Herman aansluit. Vir kortafstand en met 'n konvensionele koeël is 2800 en ook 2700vps te vinnig. Mik vir 2600vps en laer, verkieslik laer. Wat is kortafstand of bosafstande? In die bos is 150m 'n lang skoot, normaalweg skiet jy tussen 50 en 125m. 'n 100gr-koeël teen 2500vps skiet plat genoeg vir kopskote op bosveldafstande sonder dat jy hoef te worry oor afmik. Baie mense lag vir ouens wat poefterladings skiet maar soos jy in skyfskiet sal uitvind... 'n hoë BC maak nie op vir 'n bad wind call nie. Net so maak 'n swak skoot teen hoë snelheid nie op vir slegte skietwerk nie. Mense moenie staatmaak op hoër spoed en dink dit gaan hulle 'n groot voordeel gee omdat jou margin of error dan sogenaamd kleiner is omdat die koeël die bok vinniger bereik nie. Mooi loop
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Ruger #1 - 243 Win - 100gr PMP ProAmm

Post by Arnold »

Baie dankie vir die raad!

Herman, ek hou baie van daai roer en as daai lading vir jou werk gaan ek definitief ook probeer.
GRT wys dat 38.4gr S365 'n spoed van 2615fps gee (op 'n node, vir wat dit werd is) met 81% dopvulling en 95% ontbranding in my 22" loop.

Afstande gaan beslis beperk wees en dit klink soos 50 tot 100m op die plaas waar ons die jaar gaan jag. Ek het geen begeerte om spoed te jaag met die geweer nie.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Ruger #1 - 243 Win - 100gr PMP ProAmm

Post by Arnold »

38.4gr gee toe 'n gemiddelde spoed van 2582 fps oor 4 skote
ES van 15 fps
SD van 6 fps

Ek is heeltemal tevrede hiermee en sal hom nou mooi instel met die lading.
20240202_094234.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
herman.bonsma
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 54
Joined: Tue Dec 22, 2020 7:46 am

Re: Ruger #1 - 243 Win - 100gr PMP ProAmm

Post by herman.bonsma »

Bakgat! Wens julle mooi jagte toe met die Ruger!


Sent from my iPhone using Tapatalk
Post Reply