P14 aksie vir 6.5 PRC

Post Reply
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1534
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

P14 aksie vir 6.5 PRC

Post by Giepie »

Ek sit nog steeds met 'n P14 303 waarvan die loop gedaan is. Om die aksie op enige manier te kan gebruik, moet ek die loop vervang. 303 doppe raak al skaarser en duurder, so ek begin al meer te dink om dit na 'n 6.5 PRC te verander. Die P14 se slot is klaar reg vir die PRC, en die magasynkas sal ook reg wees sonder baie veranderinge. Ek stel nie belang in 'n groter kaliber nie. Sonder enige kwinkslae en dinge soos 'n nuwe geweer gaan goedkoper wees ens, sal ek graag na sinvolle kommentaar luister.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Glocked
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 384
Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm

Re: P14 aksie vir 6.5 PRC

Post by Glocked »

Ek het geen idee of dit gaan werk of nie, al wat ek kan sê is ek geniet my 6.5 PRC BAIE !! Behalwe vir die prys van doppe, as jy dink 303 doppe is skaars en duur....maar die kaliber doen presies wat ek van hom wou gehad het, en meer.
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1534
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: P14 aksie vir 6.5 PRC

Post by Giepie »

Baie dankie. Dit lyk net of 303 al meer uitgefaseer word, wat jammer is. Ek het in elk geval 'n ander 303 ook, Lee Enfield N4M2. PRC's is nuwer en komponente sal meer beskikbaar word, glo ek.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: P14 aksie vir 6.5 PRC

Post by Capt. Yoda »

Wat wil jy met die geweer doen? Jag neem ek aan?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1534
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: P14 aksie vir 6.5 PRC

Post by Giepie »

Ek wil met die geweer speel, ;D soos in jag, teikens en gonge op langer afstande, jag sal ook meer vlakte wild wees. Ek het reeds 'n 30-06 en 270win, maar die 270 gaan waarskynlik binnekort oorskuif na my seun toe, maar die geweer se loop is ook al 'n bietjie gedaan, vorige eienaar het baie met dit geskiet, ek ook. Dit voel net vir my soos mors om die P14 aksie te laat vernietig. Baie mense sê wat se goeie aksie die P14 is, maar meeste mense deesdae koop eerder 'n nuwe geweer. En ek juk natuurlik ook vir nog 'n geweer. :D
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: P14 aksie vir 6.5 PRC

Post by Capt. Yoda »

6.5prc is n moerse lekker kaliber veral vir jag maar ek sou nie een bou om tyken/gonge me te skiet nie. Die meeste manne hier locally is nog nie vreeslik baie skote diep in hul PRCs in nie maar ek ken 2 manne wat hul lope al kla geskiet het voor 900 skote, hulle het hul dalk bq te hard gedruk. Persoonlik sou ek 1 op gaan en n 7-6.5prc of prcw bou as ek wou tyken skiet met hom

Jy het gese jy wil dit nie hoor nie MAAR verkoop daai aksie en koop n Howa. Ver skiet gaan oor baie meer as net die kaliber, jy gaan baie beter kolwe en snellers kry vir n Howa as n P14 en dit gaan jou baie tyd en geld spaar. Om met n 12pond sneller ver te wil skiet is soos om in vietnam n vrou te soek
Last edited by Capt. Yoda on Tue Jul 02, 2024 8:34 am, edited 1 time in total.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1534
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: P14 aksie vir 6.5 PRC

Post by Giepie »

Dankie Kaptein. Ek hoor wat jy sê en neem kennis. Ek is net nie meer lus vir harde stampery nie, maar was ook al lus vir die 7mm Rem Mag, en die 7mm PRC hardloop saam met dit. Daardie 2 stamp al bietjie hard, anders gaan ek sommer weer na 375H&H, waarvoor ek 'n (seer) sagte plekkie het.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: P14 aksie vir 6.5 PRC

Post by tripodmvr »

My 7x64 is op 'n P14 aksie gebou. Slotkop het sweiswerk vereis en die patrone voer nie aldag so glad weens die 303 plaatjie in die magasyn wat nie nommerpas is nie. Die swaar sneller is bietjie beter na polering. Vir jag werk hy No. 1.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: P14 aksie vir 6.5 PRC

Post by Capt. Yoda »

Giepie wrote: Sat Apr 20, 2024 6:17 pm Dankie Kaptein. Ek hoor wat jy sê en neem kennis. Ek is net nie meer lus vir harde stampery nie, maar was ook al lus vir die 7mm Rem Mag, en die 7mm PRC hardloop saam met dit. Daardie 2 stamp al bietjie hard, anders gaan ek sommer weer na 375H&H, waarvoor ek 'n (seer) sagte plekkie het.
Bere daai aksie en bou iets soos n 375hh en koop n Howa vir tyken skiet. As jy baie gaan skiet koop n 26” 6.5Creed of as jy wil dan die PRC
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
JF123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm

Re: P14 aksie vir 6.5 PRC

Post by JF123 »

Ek het al gedink om 'n 303 Epps op 'n 32" loop op 'n P14 aksie te sit en die F-ope manne 'n bietjie skrik te maak.

Die 303 Epps het 'n groter kapasiteit as die 308 so behoort die 174 SMK lekker vinnig te kan skiet.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: P14 aksie vir 6.5 PRC

Post by tripodmvr »

Hedendaagse aksies het eksakte afmetings, kort slagpentyd en is sterker as dit wat in 1914-1918 gebou is. Vir skyfskiet gaan jy nog met 'n outydse dopvorm sukkel en die sneller gaan jou nie voordeel gee nie. In 'n jaggeweer is daardie eienskappe nie soveel van 'n nadeel nie en die aksie kan lang patrone huisves. Die 375 of groter kaliber is meer toepaslik.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 902
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: P14 aksie vir 6.5 PRC

Post by Andre308 »

JF123 wrote: Tue Apr 23, 2024 2:33 pm Ek het al gedink om 'n 303 Epps op 'n 32" loop op 'n P14 aksie te sit en die F-ope manne 'n bietjie skrik te maak.

Die 303 Epps het 'n groter kapasiteit as die 308 so behoort die 174 SMK lekker vinnig te kan skiet.
Een ou vertel die keer dat jy n 303 soos n klei lat moet swaai terwyl jy die sneller trek as jy n bok wil skiet wat weg hardloop van jou af vir n paar ekstra fps op die koel, anders hardloop die bok heel moontlik onder koel uit.

Net so is n Epps nie erg baie vinniger as n plain 303 brit nie en daai koele se BC is maar steeds "below parr" teenoor wat ons nou kry vir die 6.5, 7mm en 300 kalibers.

Ek dink nie ons gaan vinnig n 303 epps op enige rekord aankondigings sien nie.
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1534
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: P14 aksie vir 6.5 PRC

Post by Giepie »

Nee wat Andre308, by daardie ou wat praat van 'n kleilat praat, dit is onkunde oor die 303 wat so praat. So paar jaar gelede was daar 'n man gewees wat een of ander langafstand skiet kompetisie gewen het teen 308's ens. Ek kan nie die detail onthou nie. Wat ek gehoor het was dit ' P14 aksie met kompetisie loop en kolf. Die standard 303 is nie veel stadiger as die 308 nie. Uit 'n P14 geweer druk jy hom gemaklik vinniger as 'n 308. Vandag, net in SA, kry jy goeie .311 koeëls wat selfde kwaliteit is as .300.

Maar ek het toe, voor Kaptein se pos, besluit om 'n 375H&H roete te gaan. Maar ek gaan dit maar in paaiemente doen, 1ste die loop, dan die aksie laat aanpas, dan die kolf van Boyds, Armtec, of nuwe een van 'n mooi blank.

Terloop, ek het 'n groot kamfer boor in my tuin wat moet uit. Ek wil dit nie sommer laat sloop nie, daar kan mooi planke uit hom gewen word, maar moet dan reg gesaag en gedroog word. Weet iemand van iemand wat sou belangstel?
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: P14 aksie vir 6.5 PRC

Post by Frikkie Coetzee »

Giepie wrote: Wed Apr 24, 2024 5:26 pm Nee wat Andre308, by daardie ou wat praat van 'n kleilat praat, dit is onkunde oor die 303 wat so praat. So paar jaar gelede was daar 'n man gewees wat een of ander langafstand skiet kompetisie gewen het teen 308's ens. Ek kan nie die detail onthou nie. Wat ek gehoor het was dit ' P14 aksie met kompetisie loop en kolf. Die standard 303 is nie veel stadiger as die 308 nie. Uit 'n P14 geweer druk jy hom gemaklik vinniger as 'n 308. Vandag, net in SA, kry jy goeie .311 koeëls wat selfde kwaliteit is as .300.

Maar ek het toe, voor Kaptein se pos, besluit om 'n 375H&H roete te gaan. Maar ek gaan dit maar in paaiemente doen, 1ste die loop, dan die aksie laat aanpas, dan die kolf van Boyds, Armtec, of nuwe een van 'n mooi blank.

Terloop, ek het 'n groot kamfer boor in my tuin wat moet uit. Ek wil dit nie sommer laat sloop nie, daar kan mooi planke uit hom gewen word, maar moet dan reg gesaag en gedroog word. Weet iemand van iemand wat sou belangstel?
Ja. Dit was so. Maar. Dit was n erg customised geweer net n 308 loop!!! Met 303 Epps dop. Wat swaar 308 koeels geskiet het uit n 308 diameter loop!!

As ek reg onthou het die man selfs n spesiale sneller laat insit.

Daar is n rede hoekom die 303 manne opstaan en vladskud as iemand n V kol skiet op die baan…..
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: P14 aksie vir 6.5 PRC

Post by Capt. Yoda »

Frikkie Coetzee wrote: Wed Apr 24, 2024 6:05 pm

++>: ++>:
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
malphil
Newbie
Newbie
Posts: 31
Joined: Tue Apr 18, 2017 4:22 pm

Re: P14 aksie vir 6.5 PRC

Post by malphil »

Naandsê, ek wil nou nie hierdie thread hijack nie, maar ek sit met min of meer dieselfde kopseer, het n P14 303 wat ek self nie weet wat om mee te maak nie, het reeds 2 ander 303's so my opsies op die oomblik is 303epps (slegs kamer sny benodig gloe ek - my loop is nog in goeie kondisie) 375H&H of dalk maar n 416. Nog n groter kopseer is dat ek te veel ander kalibers al klaar het, so ek weet nie wat om te maak met hom nie
User avatar
Wielie Waps
Hero Member
Hero Member
Posts: 865
Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am

Re: P14 aksie vir 6.5 PRC

Post by Wielie Waps »

Ek het my Epps baie geniet.
Sy loop is nou kapoet , maar sal weer Epps maak as die fondse beskikbaar is.
wrm
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Thu Apr 10, 2014 7:10 am

Re: P14 aksie vir 6.5 PRC

Post by wrm »

Ek is natuurlik 'n groot 300 Adrian voorstander. Dis maar net 'n 303 wat afgenek is 308 toe. So jou boltface werk met die dop maar jy gebruik 'n 308 loop wat effe makliker is om te bekom as 'n 303 loop.

Maar dit los nie OP se probleme op nie want jy het nog steeds 303 doppe nodig.

Partykeer is dit beter om 'n Howa te koop. Sien "sunken cost fallacy".
Post Reply