Sukkel en Moedeloos

Post Reply
bennie

Sukkel en Moedeloos

Post by bennie »

Hallo alle jakkals liefhebbers ;) ;) ;),

Ek hoop julle kan help....ons skiet in die Kuruman omgewing wat wissel van bos tot en met groot oop vlaktes ...

Ons skiet die afgelope  14 jaar jakkalse hier in die omgewing en gedurende die begin van Junie die jaar tot en met nou in Augustus roep ons gereeld...maar glo vir my die winter het ek nog nie eens 'n jakkals se oog gesien nie, maar hulle skreeu reg rondom ons vanuit alle windrigtings...is daar 'n verduideliking daarvoor??? Hoop iemand kan my help....

Groetnis
Bennie
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Sukkel en Moedeloos

Post by Caller »

Bennie, Bennie , Bennie

Lees tog net bietjie die forum. ::)

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
bennie

Re: Sukkel en Moedeloos

Post by bennie »

Caller,

Baie dankie vir jou antwoord Caller, ek en my vrou sit nou altwee met laptops in die bed en gaan begin lees dat die biesies bewe...en intussen skrou die jakkalse en kry ons hulle nie geskiet nie... ;) ;)

Groetnis
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Sukkel en Moedeloos

Post by JACQUES BOTHA »

BENNIE MOET NIE NET GAAN SKIET OMDAT HULLE SKROU NIE, SKIET AS HULLE SKADE  VEROORSAAK. EN MOET NIE SO GREELD UITGAAN NIE..
BEPLAN DIE SENDING....
OBSERVEER......
KONSENTREER
KRY DOELWIT...DOELGERIG..
DOEN NAVORSING ...WEER...WIND....TYD VAN DIE JAAR...TYD VAN DIE MAAND, MAAN, TIPE GEDRAG ENS..
BESOEK SKIETBAAN...
---
BEPLAN DIE OPERASIE..
KRY BAKKIE REG OP REGTE AAND
LAAI GEWEER , PATRONE EN FX3
NEEM 4 SLUKKIES GEDULD... WEES BEREID OM LANK TE WAG... ROEP MIN....SORG DAT DIMMER WERK.. WEES SKERP...
EN....SIEDAAAR,,,,,DAAR LE DIE JAKKIE ......MAKLIK ENIGE IEMAND KAN DIT MOS DOEN.............(SOMS)
Shoot straight and tell the truth!
tafjak

Re: Sukkel en Moedeloos

Post by tafjak »

bennie

Oorpluisies werk baie goed!
NEEM 4 SLUKKIES GEDULD
.... miskien sal 5 slukkies beter wees. Ek weet nie waar jy woon nie, maar as jakkalse in die veld skrou en jy het nog nie begin roep nie sal jakkals klanke nie goed werk nie, Tomcat het op ons trippie dit bewys en bevestig. Wag in die veld totdat hulle skree en begin baie sag met haas roep, maak volume harder en sagter en roep haas vir so lank as moontlik(tot 50 min lank) en dit kan sukses gee. As die skrouery nie herhaal is in die 50min nie kan oorgegaan word na jakkalsklanke toe(jakkalshuil, elsneus, jakkalsroep1). As jakkalse reageer bly stil(ook tot 40 min lank) en meer as nie die geval sal jakkalse opdaag.
Voorspoed

Taffie
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Sukkel en Moedeloos

Post by JACQUES BOTHA »

Taffie.
Dalk n bril en oorpluisies .. met die bril net dit te lees wat sin maak en oorpluisies om net te luister na wat sin maak.
bennie >
The winners in this game is the loosers who KEEP ON TRYING...... (EN bereid is om te luister en te leer....jy al gehoor van look and listen  an learn..dalk kan taffie vir jou vertel hoeveel hy gelleer het deur net te bestuur vir dr. jackal) of jump ek die gun nou sir TAFFIE..
Shoot straight and tell the truth!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Sukkel en Moedeloos

Post by Louis102 »

JACQUES wrote: ...BENNIE MOET NIE NET GAAN SKIET OMDAT HULLE SKROU NIE, SKIET AS HULLE SKADE  VEROORSAAK...
Bennie

Gewoonlik kan jy maar luister wat ou Jakes te s? het, op sy ondiplomatiese manier kan hy soms groot wyshede kwytraak. MAAR Hierdie aanhaling hierbo is die grootste klomp tjol wat hy in 'n lang tyd kwyt geraak het!  As hulle skrou het hulle jou waarskynlik klaar skade aangedoen.  Jy beter plan maak!  Moenie jou slagysters en ander metodes agterwe? laat nie!

Ek is nou nie 'n Guru nie, maar het so jakkie of wat al ingeroep en geklits - ook in die winter.  Bestel vir jou al Heinrich se DVD's en bestudeer hulle baie mooi.  Dit sal een van jou beter beleggings in 'n lang tyd wees.

Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Sukkel en Moedeloos

Post by Dawie »

Bennie

Kry vir jou Heinrich se E-Boek ook.  As ek reg kan onthou by+- bl. 70 rond word die,  roepmetodes en wat om in sekere gevalle te doen,  baie oulik uitmekaar gehaal.

Dawie
tafjak

Re: Sukkel en Moedeloos

Post by tafjak »

Ou Jakes

Nou het ek jou darem geboul. Die oorpluisies help slegs as die jakkalse so skrou en te kere gaan. Te luister wat ander s? en te sien wat ander doen was nog altyd my leermeester. Met ander woorde die oplet in die klas bly maar belangriker as die klomp huiswerk om deur te lees en te probeer verstaan wat eintlik daaraan gaan.

Bly om te sien dat jy niks agter laat as jy die gun jump nie. :D

Groetnis ou grote

Taffie
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Sukkel en Moedeloos

Post by JACQUES BOTHA »

OOM LEEU.
JY MAAK MY DAG EK SIT NOU IN MY AKNTOOR OP DIE 3 DE VLOER EN EK BRUL SOOS EK LAG ..DIE KOLLEGA'S DINK SEKER EK IS MAL. MAAR EK HET SO GEHOOP IEMAND SE MY EK PRAAT WOEFIE POEFIE......OF JA DIS MAKLIK OM TE PRAAT AS DIT NIE JOU LAMMERS IS NIE, OF HET JY AL OP DIE STOEP GESIT EN DAAI MOOIHUIL GEHOOR EN HOENDERVLEIS GEKRY VAN WOEDE AS JY WEET DAAR IS MORE EEN OOI MET SPENE WAT VOL MELK IS MAAR GEEN LAM OM DIT TE DRINK NIE...
OOM LEEU MA JY SKROOM NIE OM TE SE HEY JY MOET NOU DIE ABLUSIE GERIEWE BESOEK NIE (IS EK NOU DIPLOMATIES OF NIE) .
TAFFIE
HEAR NO EVIL SEE NO EVIL .......I REST MY CASE YOUR HONOR...
IF YOU SEE THE EVIL ----SHOOT IT.....
Shoot straight and tell the truth!
bennie

Re: Sukkel en Moedeloos

Post by bennie »

Hallo ... :D :D

Jacques, Tafjak, Louis102, Dawie....baie dankie vir die ordentlike manier waarop julle my geantwoord het...ek moes seker my inleidingsbrief heel aan die begin bietjie langer maak...sodat almal kon sien wat ek bedoel...dis darem nie dat ek glad nie gelees en bietjie deur die forum gekyk het voor ek my vraag gevra het nie...dis tog immers hoekom die forum daar is , om raad te vra...LEKKER SKIET!!

Groetnis
Ambessa

Re: Sukkel en Moedeloos

Post by Ambessa »

Hallo Bennie

...jong dalk mis ek iets, hoekom twee laptops in die bed? Vra maar net uit moedeloosheid ... ;D ::) :o

Ambessa
Post Reply