Land Cruiser ervarings en verslawings

User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Land Cruiser ervarings en verslawings

Post by tau »

Middag Manne

Die 2.8 LAnd Cruiser 79 ......

Nee ek kan nie een bekostig nie, maar wie het een. Het sy pel se een gery etc.

Vir die eerstekeer kan jy cruiser en brandstof verbruik in een sin noem glo ek.

Het hulle Cruise control?

Wat dink julle gaan die herverkoop waarde doen na 10 jaar VS 'n 4.5 V8 en 4.2 diesel?
Last edited by tau on Fri Dec 13, 2024 4:53 pm, edited 3 times in total.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Land Cruiser 2.8 ervarings.

Post by tau »

Image

My trokkie is nou 21 jaar oud. As dit nie vir sy dors was nie sou ek hom vir niks ruil nie.

Dubbel + nog wat my Hilux gebruik plaastoe en terugđŸ«Ł
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13626
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Land Cruiser 2.8 ervarings.

Post by Capt. Yoda »

Dit voel dam vir my soos sonde om 2.8 en cruiser in selle sin te gebruik maar ja as ek sien wat daai trok jou Nam toe kos aan petrol is die 2.8 seker nie n slegte opsie nie. Hulle moet net soos die Teslas hom n V8 klank deur die speakers gee

Die “regte” cruiser is ma vir die manne wat die diesel kan bekostig want ek sal vrek, die nuwer V8s is dam nie te sleg na jy bq aan hul laat werk het nie ma dit is ook weer ekstra geld

Ek dink Gerhardu se nuwe V6 double cab kry darem self so 9km/L avg, hy moet ma kom help as ek stront praat en hy ry hom hard. Die tannie wat ons laas gestop het het gese “hel meneer die groot trok loop dam baie vinnig op die highway” 😂
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13626
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Land Cruiser 2.8 ervarings.

Post by Capt. Yoda »

Ok nee ekt praat absoliete 11.1.11 het hy my nou gese 😂. Sorry Ek dink aan n ander V8 wat erg getune is
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Heinds
Hero Member
Hero Member
Posts: 787
Joined: Thu Aug 18, 2011 2:33 pm

Re: Land Cruiser 2.8 ervarings.

Post by Heinds »

Dis rerig jammer hulle het nie die 300 cruiser se V6 in hom gesit nie. Dit sou nou mooi gewerk het. Ek kry so 10km/l met myne.

As ek rerig haastig is so 8
Sako 85 6XC
Howa 22-250 Rem
Blaser R8 6.5x55
Tikka .260AI Rem
Tikka 223
Glock 9MMP
Baretta SP1 O/U
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Land Cruiser 2.8 ervarings.

Post by tau »

Heinds wrote: Mon May 20, 2024 4:55 pm Dis rerig jammer hulle het nie die 300 cruiser se V6 in hom gesit nie. Dit sou nou mooi gewerk het. Ek kry so 10km/l met myne.

As ek rerig haastig is so 8
Het jy 'n 300 of 79 met 2.8?

10km/l is goed vir so (sulke) groot bodies. Kyk niks klink so mooi soos 'n V8 cruiser bakkie nie. Maar eers moet jy clutch, tune, ens. om hom reg te kry.

Ek dink die 2.8 Cruiser is die eerste ekonomiese en dadelike verbruikers vriendelike cruiser.

Cruise control?

Net vir interesantheid.

2000km die naweek.

Land cruiser 4500 EFI -2000km / 4,65km/l =430 liter X R25/liter (95 unleaded) = R 10752
Land Cruiser 2,8 - 2000km /8km/l =250 x R22.5 ( 50 PPM ) = R5625

Maar ja die een kos R200 000 en die ander een R1 mill.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2598
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Land Cruiser 2.8 ervarings.

Post by JohanvB »

Het met ‘n man hier by Safari Centre by N1 stad gesels, het ook V8 cruiser gery, ry nou die 2.8, hy is so verlig en gelukkig, hy sĂȘ dit moes al lank al gebeur het, daai 2.8 trek soos ‘n os seg hy!
Ajviljoen260rem
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 413
Joined: Tue Jan 26, 2016 8:29 pm

Re: Land Cruiser 2.8 ervarings.

Post by Ajviljoen260rem »

tau wrote: Mon May 20, 2024 5:06 pm
Heinds wrote: Mon May 20, 2024 4:55 pm Dis rerig jammer hulle het nie die 300 cruiser se V6 in hom gesit nie. Dit sou nou mooi gewerk het. Ek kry so 10km/l met myne.

As ek rerig haastig is so 8
Het jy 'n 300 of 79 met 2.8?

10km/l is goed vir so (sulke) groot bodies. Kyk niks klink so mooi soos 'n V8 cruiser bakkie nie. Maar eers moet jy clutch, tune, ens. om hom reg te kry.

Ek dink die 2.8 Cruiser is die eerste ekonomiese en dadelike verbruikers vriendelike cruiser.

Cruise control?

Net vir interesantheid.

2000km die naweek.

Land cruiser 4500 EFI -2000km / 4,65km/l =430 liter X R25/liter (95 unleaded) = R 10752
Land Cruiser 2,8 - 2000km /8km/l =250 x R22.5 ( 50 PPM ) = R5625

Maar ja die een kos R200 000 en die ander een R1 mill.

Hyt die 300,
En goeie genade, hy trek n bars hou..
Tikka SuperVarmint 260 Rem
Tikka SuperVarmint 300 WinMag
Howa 243 Win
Howa 22-250 Rem
BRNO Mod 2 .22
Tikka GRTech 22-250 Rem
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Land Cruiser 2.8 ervarings.

Post by DWB »

Daai 2.8 is kwaad!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8011
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Land Cruiser 2.8 ervarings.

Post by Arnold »

Sorry, sal hom ook graag wil ry maar dink daai 2.8 het te min krag en jy gaan nie met hom kan doen wat ontsluit kan word in die v8 as hy bietjie getune is nie.

As ek op die ander draad kyk watse brandstof verbruik die manne met hulle Hiluxe kry is 8km/l dalk bietjie optimisties, maar beter as die standaard v8 is seker nie moeilik nie

Sent from my SM-A528B using Tapatalk

JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2598
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Land Cruiser 2.8 ervarings.

Post by JohanvB »

Daai bietjie “tune” kom altyd teen ‘n prys

Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Land Cruiser 2.8 ervarings.

Post by Apie »

Die Grootste teleurstelling van my lewe was toe ek die eerste keer ‘n V8 Single cab Cruiser bestuur het. Ek weet dis ‘n werksesel maar hy is maar dood stadig.

Die 2.8 Auto het baie meer get up and go.
Pel van my sin het nou al so 15000km op.
Brandstof so 7.3km/l avg.
Hy ry hom redelik hard veral op die langpad Gobabis toe(hy is ge’limit’ op 150km/h

Jy moet omtrent R100000 spandeer om die V8 lekker ‘driveable’ te kry op die oop pad.

2de en 5de rat ratio verander
Dan moet jy hom chip/map of wat ook al anders is hy pap op die lang pad
Chip/Tune.(dit loop saam met ‘n Heavy Duty Clutch)
Free flow exhaust

Nou kan jy lekker langpad vat.

En ek het toe ‘n 2.4GD6 Hilux DC 4x4 gery as vergelyking vir werksverrigting.

Die 2.8 Auto is net wat die Cruiser reeks nodig het.
Dis nogsteeds ‘n rateltaai voertuig maar dit het nou ‘n lekker langpad baadjie standaard vanaf die rak gekry.

Daar is genoeg reviews al in Aus gedoen waar hulle die 2.8 teen die V8 inspan en die 2.8 wen amper elke keer.

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Land Cruiser 2.8 ervarings.

Post by tau »

Apie wrote: Tue May 21, 2024 6:06 am Die Grootste teleurstelling van my lewe was toe ek die eerste keer ‘n V8 Single cab Cruiser bestuur het. Ek weet dis ‘n werksesel maar hy is maar dood stadig.

Die 2.8 Auto het baie meer get up and go.
Pel van my sin het nou al so 15000km op.
Brandstof so 7.3km/l avg.
Hy ry hom redelik hard veral op die langpad Gobabis toe(hy is ge’limit’ op 150km/h

Jy moet omtrent R100000 spandeer om die V8 lekker ‘driveable’ te kry op die oop pad.

2de en 5de rat ratio verander
Dan moet jy hom chip/map of wat ook al anders is hy pap op die lang pad
Chip/Tune.(dit loop saam met ‘n Heavy Duty Clutch)
Free flow exhaust

Nou kan jy lekker langpad vat.

En ek het toe ‘n 2.4GD6 Hilux DC 4x4 gery as vergelyking vir werksverrigting.

Die 2.8 Auto is net wat die Cruiser reeks nodig het.
Dis nogsteeds ‘n rateltaai voertuig maar dit het nou ‘n lekker langpad baadjie standaard vanaf die rak gekry.

Daar is genoeg reviews al in Aus gedoen waar hulle die 2.8 teen die V8 inspan en die 2.8 wen amper elke keer.

Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek stem saam met wat jy sĂȘ, 'n gestelde en gewerkte V8 is wel pragtig. Tussen my oorlede swaer en baie goeie vriend het ek baie kilometers in die veld met "gestelde en opgegradeerde" V8 Dcabs gedoen. "n 2.8 Hilux doen alles net met minders kostes vir brandstof en opgradeur.

Ongelukkig gaan die Hilux se bakwerk dit nie maak nie. Myne rattle klaar redelik en elke paar dae van "werk" op die plaas los maar merkies en houe.

My Hilux seats of die hoek waarteen mens sit kou my net op die langpad. My vrou se Navara was vir lank beter met die elektroniese verstelbare sitplek, maar self dit help nie meer nie. Ook is ek dan met 'n bakkie op die plaas wat nie die houe van veldpaai en klippe ens so lekker vat nie.

Ekonomiese eienaarskap van 'n Land cruise oor 'n langer tydperk raak interesant.

Wat was die koste van 'n 2016 Land Cruiser 79 DCAb V8? Hulle verkoop nou nog vir R699 000
JA brandstof verbruik was meer en al die "verbeteringe koste" moet ook bygetel word.

Ongelukkig maak 'n Dcab cruiser nie van baie van ons sin om daagliks met hom te ry nie. Selfs al boer jy voltyds werk 'n single of supercab bakkie beter en om heeldag ratte te verwissel tussen spar en jou meenthuis in die stad maak ook nie sin nie.

Met die Nuwe 2.8 lyk jy darem nog soos 'n romme black-sam maar jy het cruise control auto en jou clutch en die bakkie sin sal nie sommer gly nie. jy is nou net torque converter en 15 000 km diens intervalle ryker.

Dammit is hartseer dat ek uiteindelik 'n cruiser kan regverdig, maar nou is ek te arm.

P.s: niks van my liefde vir 'n "uitgesorteerde " V8 diesel cruiser sal verander nie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13655
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Land Cruiser 2.8 ervarings.

Post by Geno »

Apie wrote: Tue May 21, 2024 6:06 am
Die 2.8 Auto het baie meer get up and go.
Pel van my sin het nou al so 15000km op.
Brandstof so 7.3km/l avg.
Hy ry hom redelik hard veral op die langpad Gobabis toe(hy is ge’limit’ op 150km/h
Wat ek gehoor het verledeweek is dieselfde 7.3km/lt
Dis op 4 van die nuwe 2.8's wat een van my boere by wie ek jag vir hulle bestuurders gekoop het.
Almal is wel ge-pyp en ge-map. Hulle hardloop 'n barshou!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Dumbluck
Hero Member
Hero Member
Posts: 563
Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm

Re: Land Cruiser 2.8 ervarings.

Post by Dumbluck »

Die 2.8 is reg vir almal wat 'n Cruiser koop as 'n "Leisure Vehicle" en eerlikwaar sou hulle beter af gewees het met 'n Hilux vir gerief op die langpad km's. 1000km agter 'n V8 se stuur maak jou moeg.
As jy nie plekke gaan toer wat jy nie sal anderkant uitkom sonder om die voorste difflock te gebuik nie koop ma 'n Hilux.

Ek is laasjaar Namibie toe en ek geniet glad nie die langpad teerpad km's nie, ma vir 100km in die Kunene Rivierloop af sou ek niks anders wou ry nie.
650Nm en 150kw by 2000rpm werk enige diksand en modder se sake.
Oor 32000km average ek 6.5km/l, exhaust, getune en Aussie 5de rat, op 33" Mud Terrain bande, goed gelaai met roofrack.
My 3.2 Ranger met groter 32" A/T bande het my die selfde verbruik gegee.

Ek het so 400km trip met 'n 2.8 76 gedoen en ek moet sĂȘ dis baie gemaklik,ma ek dink nie die masjien gaan jare hou tussen die ouens wat wild vang en 3ton treilers deur die diksand trek nie, dis 'n V8 se werk.

Op de ou einde het elkeen het sy plek.
Adriaan Barkhuizen
facebook instagram youtube
User avatar
Jacques1988
Full Member
Full Member
Posts: 138
Joined: Mon Jul 09, 2018 8:16 pm

Re: Land Cruiser 2.8 ervarings.

Post by Jacques1988 »

Nee wat, n cruiser is n work horse. Ek sal eerder die Straight 6 4.2 diesel weer koop voor Ek die 2.8 koop. Ja die lang pad met die donkie is rof maar sodra Jy by die plek is waar jy jag of wat ookal dan is alles weer okay en n man is dankbaar om n cruiser te hĂȘ. Ek het en ry tans n stock 2022 V8 70th anniversary wat ek ruil vir niks. Ons Sal weer praat wanneer die 2.8 Cruisers wat “werk” en nie net speel nie oor die 250k km’s afgelĂȘ het. Ek hou nie van hoe die fenders van die nuwe Cruiser gemount is met die 3 struts teen die engine bay aan elke kant nie - Lyk soos n swak plekkie waar daai brackets dalk straf kan vat. Die V8 se longevity kom van hom nie te hard te druk vir die extra potentiĂ«le krag nie. My mening kom van n plek waar ek 5-6 jaar my cruiser moet hou, as jy hom na 2-3 jaar in trade vir nuwe een dan is dit anders. Jy ry nie cruiser want jy is bekommerd oor diesel verbruik nie, dit is wat is, dis interessant om te hoor maar dit Sal nooit my beĂŻnvloed oor die keuse om n Cruiser weer te koop nie.
Groete

Sent from my iPhone using Tapatalk
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 844
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Land Cruiser 2.8 ervarings.

Post by Dawie Malan »

Die 2.8 engin raak eers lekker los hier by 20 000km. Ek dink dan gaan daai 2.8 79 'n perd van 'n ander kleur ook word. Net jammer hy kom teen daai prys en sonder speed control.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Land Cruiser 2.8 ervarings.

Post by Wouter Roets »

Boys

Die 2,8 enjen is baie understressed met 150Kw en 500 Nm. So ek sien absoluut geen probleem in die beroubaarheid en langdurigheid van die enjen nie. Die 6 spoed outomatiese rakas so crap en outdated soos hy is maak n baie groot verskil in beide verigting en brandstof verbruik. Daar is n paar manne wat ek ken wat daai roete gegaan het met hulle V8 Cruisers en is baie gelukkig. Moet bieg as jy R250 000 plus uithaal vir die upgrade dan moet jy verdomp gelukkig wees. Terloops is daar n ZF 8 spoed opsie ook wat stukke beter is.

Persoonlik sou ek ook eerder n detuned 3.3 V6 van die 300 wou sien, maar ek dink soos die manne die 2.8 begin gewoond raak gaan die hy baie populer raak. Jy diens op 15000km instede van 5000km, jy gebruik amper die helfde minder diesel en jy het aansienlik beter verrigting en gemak, so in my oe n wen wen situasie. Terloops indien jy beide remap is jou syfers basies identies. Jy moet n klomp dinge aan die V8 doen alvorens hy die 2.8 begin verby vat.

Groetnis
Wouter
Ranger
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Thu Aug 06, 2015 8:44 am

Re: Land Cruiser 2.8 ervarings.

Post by Ranger »

Shame, guys still buying a 40 year old bakkie for R1mil and then having to spend another R100k+ to get it near (but not close enough) to 2024 standards and then they still have to pay for services....

And then so many of them are just town cars.
Howa 30.06 / 6.5 Creedmoor / 223 Rem
Beretta 1301 Comp
Beretta SP1
CZ 457 .22LR
Mahely .22LR
Glock 19
Astra .22LR revolver
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13626
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Land Cruiser 2.8 ervarings.

Post by Capt. Yoda »

Ranger wrote: Tue May 21, 2024 11:46 am Shame, guys still buying a 40 year old bakkie for R1mil and then having to spend another R100k+ to get it near (but not close enough) to 2024 standards and then they still have to pay for services....

And then so many of them are just town cars.
Most V8 owners buy them for a mil and spend another mil on them some spend 2mil on them to drive around in town. Like guys wearing camo to a SAHunter shoot. Why? Because they can
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Land Cruiser 2.8 ervarings.

Post by tau »

Dumbluck wrote: Tue May 21, 2024 7:54 am Die 2.8 is reg vir almal wat 'n Cruiser koop as 'n "Leisure Vehicle" en eerlikwaar sou hulle beter af gewees het met 'n Hilux vir gerief op die langpad km's. 1000km agter 'n V8 se stuur maak jou moeg.
As jy nie plekke gaan toer wat jy nie sal anderkant uitkom sonder om die voorste difflock te gebuik nie koop ma 'n Hilux.

Ek is laasjaar Namibie toe en ek geniet glad nie die langpad teerpad km's nie, ma vir 100km in die Kunene Rivierloop af sou ek niks anders wou ry nie.
650Nm en 150kw by 2000rpm werk enige diksand en modder se sake.
Oor 32000km average ek 6.5km/l, exhaust, getune en Aussie 5de rat, op 33" Mud Terrain bande, goed gelaai met roofrack.
My 3.2 Ranger met groter 32" A/T bande het my die selfde verbruik gegee.

Ek het so 400km trip met 'n 2.8 76 gedoen en ek moet sĂȘ dis baie gemaklik,ma ek dink nie die masjien gaan jare hou tussen die ouens wat wild vang en 3ton treilers deur die diksand trek nie, dis 'n V8 se werk.

Op de ou einde het elkeen het sy plek.
Absoluut waar!!!

Kyk ek is nie 'n Toyota fan nie. Maar ek is 'n Land Cruiser fanboy. Ek was 10 jaar oud toe ry ek en my PA een vanaf die Kaap na Windhoek en ek het baie dae op daardie Cruiser en ander voor hom gespandeer met jagte. Die bakke het ek later as tiener en jong student baie gery op jagte en ja dom verlief is seker die regte woord.

Maar die sinlikste bakkie daar buite is verseker 'n Hilux 2.4 Manual 4x4 Dacb.

Lig op brandstof, hol gemaklik 140km/h en as dit rof raak het hy genoeg krag in LR en rear difflock om deur Van Zyls te gaan sonder enige issues en die res van Koakoland.

Land Cruiser maak nie altyd sin nie, soos 'n motorbike. Maar sinlikheid is vir mense met een bakkie een gun. Daai mense wat baie slimmer as ek is.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Land Cruiser 2.8 ervarings.

Post by tau »

Interesante stuk raak gelees:

Quoted from 4x4 community

I got mine last week. 2.8 76 LX (Not VX)
My previous 76 was a V8 with all the usual mods done to make it as most call say, better. Clutch, 2nd and 5th gear ratio, OME suspension, Bumpers etc etc.

To me, this is just better in every way. I was skeptical but knew if I didn't like it I could sell it and get my money back no worries.
I dont tow and I stay in the burbs, I dont own a farm and its not a working vehicle. Its a leisure vehicle for me. I have only done +- 300kms
and honestly so far it has surpassed my expectations. I think the only thing I am going to do is change the tyres, upgrade the sound, seat covers are ordered smash and grab is done and waiting on the reverse camera.

Having owned a V8 would I go back? Honestly no. To me this is better. Granted it doesnt sound nearly as exciting but the auto makes up for it.
I am VERY happy.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13626
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Land Cruiser 2.8 ervarings.

Post by Capt. Yoda »

tau wrote: Wed May 22, 2024 8:45 am Interesante stuk raak gelees:

Daai deel daar spreek boekdele
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Land Cruiser 2.8 ervarings.

Post by tau »

Ek het toe 'n 2021 Land Cruiser 4.2 SCAB gekoop. Love at first sight en nog elke oggend as ek hom start.oneglukkig werk 'n Single cab nie vir my nie.... hy is tans in die mark. :) :)

Ek het die ou 4500EFI gehou en sal hom maar verewig hou.

So ja my verwondering in watse bakkie nou eintlik vir my gaan werk gaan voort. Solank dit 'n Land Cruiser is sal dit werk:)

So ter interesantheid hier is die nuwe 2.8 se diens kostes:
10 000km R2500
20 000km R8000
30 000km R3500
40 000km R11 000
50 000km R2500
60 000km R9000
70 000km R2500
80 000km R11000
90 000km R3500
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13626
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Land Cruiser 2.8 ervarings.

Post by Capt. Yoda »

Johna wys hulle bq daai ander ene wat jy nou oor doen. Daai is bitter smart vir my

Ps
Daai dienste is wild
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply