Skewe kruishaar
-
sixdays
- Jr. Member

- Posts: 74
- Joined: Mon Jun 03, 2019 1:31 pm
Skewe kruishaar
Middag mede lede
Ek het laasweek my nuwe teleskoop ontvang waarvoor ek vreeslik opgewonde was.
Ek het hom toe op my geweer monteer met hulp van my Wheeler Bubble level set (ek het die turret cap afgehaal toe ek boonste level op sit) en met 'n skok besef dat die kruishaar skeef sit.
Ek het kontak gemaak met die agent en my teleskoop is die volgende dag by my opgelaai deur courier.
2 Dae later is ek deur die agent gekontak en hy sê toe vir my dat die turret nie noodwendig gaan ooreenstem en gelyk wees met die kruishaar nie en dat ek met n loodlyn my teleskoop moet monteer.
Hy het dit so gedoen en getoets of my teleskoop "track" en volgens hom werk hy perfek.
Ek het toe Vrydag my teleskoop terug gekry en hom so met hulp van n loodlyn monteer. Dit frustreer/pla my egter verskriklik dat die turret en kruishaar nie met mekaar ooreenstem of "level" is nie.
Is ek net vol nonsens of het die agent die kat aan die stert beet?
Voel vir my amper onmoontlik om die teleskoop perfek regop en "level" op die geweer te kry sonder die hulp van n "bubble level".
Hierdie is die eerste teleskoop wat ek het wat hierdie probleem het waar daar vir my gesê word dat dit reg so is want hy "track" nog.
Ek is nogal ongelukkig oor die saak.
Sien uit om julle terugvoer te hoor
Groete
Sent from my SM-G990E using Tapatalk

Malan123
- Hero Member

- Posts: 2130
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Skewe kruishaar
Sixdays, watter scope is dit?
-
sixdays
- Jr. Member

- Posts: 74
- Joined: Mon Jun 03, 2019 1:31 pm
Re: Skewe kruishaar
Malan123, ek is nog versigtig om te sê, het weer kontak gemaak met agent en hy het vir my gesê dat hy scope sal wegstuur na n ou in Johannesburg wat glo onafhanklik is, maar dat daar nog bitter min kere wat dat die kruishaar wel skeef is wanneer kliente sê dit is.Malan123 wrote:Sixdays, watter scope is dit?
Maar dit pla my kwaai.
Sent from my SM-G990E using Tapatalk
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2130
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Skewe kruishaar
Rede hoekom ek vra is dat mens so iets kan verwag van goedkoper lae kwaliteit scopes, maar met jou higher end scopes sal ek dit nie aanvaar nie.
-
sixdays
- Jr. Member

- Posts: 74
- Joined: Mon Jun 03, 2019 1:31 pm
Re: Skewe kruishaar
Dit is n Arken Ep5, maar van wat ek uitgevind het by manne wat hulle wel skiet is daar geen sulke probleme nie
Sent from my SM-G990E using Tapatalk
Sent from my SM-G990E using Tapatalk
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13626
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Skewe kruishaar
Ek sou nie daai verskoning aanvaar nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
sixdays
- Jr. Member

- Posts: 74
- Joined: Mon Jun 03, 2019 1:31 pm
Re: Skewe kruishaar
Ek voel dieselfde, maar agent deel nie my sentiment nie.Capt. Yoda wrote:Ek sou nie daai verskoning aanvaar nie
Sal egter kyk wat gebeur na hy by die onafhanklik man was.
Sent from my SM-G990E using Tapatalk
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13626
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Skewe kruishaar
Hang maar daar n plumb line en stel die turret. Jy sal vinnig sien wat aan gaan
Last edited by Capt. Yoda on Tue May 14, 2024 7:56 am, edited 1 time in total.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8011
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Skewe kruishaar
Die bokant van die turret cap is nie noodwendig inlyn met die kruishaar nie. Tipies is die platkant aan die onderkant die teleskoop wel.
Al is die turret cap nie mooi belyn nie beteken dit nie dat hy nie reg track nie.
Dit is nie lekker nie maar is iets waarmee mens moet saamleef op die goedkoper teleskope en selfs van die duurder teleskope.

junglejulian
- Hero Member

- Posts: 1226
- Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm
Re: Skewe kruishaar
Dit is soos om n kar se bakwerk skeef te monteer op die onderstel.al 4 wiele gaan in dieselfde rigting maar jy kyk by die kantvenster uit vir die pad vorentoe.dit is maar n fabrieksfout en moet korrek wees veral met n nuwe teleskoop.Dit kan miskien nie die werk verrigting beinvloed nie maar dit sou my afsit sou ek die teleskoop 2e hands wou koop by jou
-
sixdays
- Jr. Member

- Posts: 74
- Joined: Mon Jun 03, 2019 1:31 pm
Re: Skewe kruishaar
Wat is julle voorstel?
Hoe hanteer ek die saak verder ?
Arnold, hy is ook nie aan die onderkant reguit nie
Sent from my SM-G990E using Tapatalk
Hoe hanteer ek die saak verder ?
Arnold, hy is ook nie aan die onderkant reguit nie
Sent from my SM-G990E using Tapatalk
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2130
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Skewe kruishaar
Se vir die agent dat hy hom op sy geweer moet mount en vir jou 'n nuwe een gee wat reg lyk en werk dan hoor jy wat hy se. Die lewe is te kort om geld te betaal vir iets wat nie deliver op sy reputasie nie
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Skewe kruishaar
Selfs ‘n Atacr se turret is nie square met die kruishaar nie.
Gebruik die bubble op jou rail/aksie en ‘true’ die een op jou loop met hom.
Monteer teleskoop en gebruik ‘n loodlyn en die bubble op jou loop en loodlyn om jou kruishaar op te lyn.
Laat iemand dan jou turret draai terwyl jy die geweer waterpas en stilhou( bankskroef sal jou hier help).
As hy dan skeef track sal ek hulle roer.
Sent from my iPhone using Tapatalk

Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2159
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Skewe kruishaar
Met my werk by die tydskrifte waar ons baie teleskope getoets het, het ek vinnig geleer dat weinig teleskope se turrets en kruishare oplyn. Ek probeer al baie lankal nie meer 'n teleskoop met 'n bubble level bo-op die turret "regop" monteer nie... dit werk eenvoudig nie (of amper nooit nie).
Mooi loop
Mooi loop
-
sixdays
- Jr. Member

- Posts: 74
- Joined: Mon Jun 03, 2019 1:31 pm
Re: Skewe kruishaar
Dankie
Waardeer julle insette
Sent from my SM-G990E using Tapatalk
Waardeer julle insette
Sent from my SM-G990E using Tapatalk
-
RV
- Sr. Member

- Posts: 273
- Joined: Sat Apr 14, 2012 5:54 pm
Re: Skewe kruishaar
Ek stem 100% saam met Koos. Ek het lankal ophou om n bubble level te gebruik.Dit werk nie want bitter min tleskope se turrets en kruishare is inlyn
- pwdejager
- Hero Member

- Posts: 504
- Joined: Tue Sep 03, 2019 2:26 pm
Re: Skewe kruishaar
Stem ook saam, ek gebruik net loodlyn en doen dan tracking test. Het al baie teleskope gesien waar die turret nie waterpas is nie.
Perry de Jager
Beretta Mod71 .22LR
CZ P07 (EDC)
CZ 455 .22LR
Tikka T3x CTR 6.5 CRD
Tikka T3x Varmint Hunter 300WSM
Bergara B14R 308Win
Ralph Badenhorst 6GT
Remington 870 12Boor
Beretta Mod71 .22LR
CZ P07 (EDC)
CZ 455 .22LR
Tikka T3x CTR 6.5 CRD
Tikka T3x Varmint Hunter 300WSM
Bergara B14R 308Win
Ralph Badenhorst 6GT
Remington 870 12Boor
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2598
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: Skewe kruishaar
Wie is die Agent, man hier op Jaracal?
- Grenslyn
- Sr. Member

- Posts: 366
- Joined: Wed Apr 08, 2015 9:25 am
Re: Skewe kruishaar
Kyk gerus hierna. Ek dink daar is meer as 1 video.
https://youtube.com/playlist?list=PLFRg ... fOI2bstq44
https://youtube.com/playlist?list=PLFRg ... fOI2bstq44
Hein
- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Re: Skewe kruishaar
Was die probleem toe uitgesorteer? Ek het dieselfde probleem laasweek met n' Meopta teleskoop van my gekry. My splinternuwe teleskoop is vandag by my afgelewer, binne n' week. Rudolph by JJ Wapens is n' yster, baie goeie en vriendelike naverkope diens.
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
-
sixdays
- Jr. Member

- Posts: 74
- Joined: Mon Jun 03, 2019 1:31 pm
Re: Skewe kruishaar
Het toe n refund gekry
Sent from my SM-G990E using Tapatalk
Sent from my SM-G990E using Tapatalk
- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Re: Skewe kruishaar
Bly om te hoor, waarna kyk jy?
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
-
sixdays
- Jr. Member

- Posts: 74
- Joined: Mon Jun 03, 2019 1:31 pm
Re: Skewe kruishaar
Het toe n strike eagle opgesitChris (vdB) wrote:Bly om te hoor, waarna kyk jy?
Sent from my SM-G990E using Tapatalk
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Skewe kruishaar
Ek is bietjie op die verkeerde plek maar wil verder gesels oor die teleskoop se waterpas montering.
Stem saam dat daar net 1 manier is om te sorg dat jou teleskoop se elevasie-lyn, m.a.w die vertikale lyn van die kruishaar, reg is en dis met n vryhangende loodlyn.
Wat is egter die beste manier om te verseker dat jou geweer waterpas is tydens die proses?
Ek gebruik maar n waterpas op die aksie of picatinny-rail.

Klein Karoo
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Sat Mar 19, 2016 12:04 pm
Re: Skewe kruishaar
Wie gebruik level wedges vir teleskoop montering?