Middag mede-jagters,
Klip in die bos . . . hoe lank (hoeveel ure) moet beesbiltong lê nadat speserye toegedien is, voordat mens dit uithang? Ek dink ek weet baie goed, maar wil hoor wat julle aanbeveel asb.
Groetnis
Hoe lank moet biltong lê voor ophang?
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1879
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Hoe lank moet biltong lê voor ophang?
Ek laat myne 24 uur le. Draai dit om na 12 ure sodat onderste bo is.
Maak 'n verskil
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Hoe lank moet biltong lê voor ophang?
Werk ook so met wildsbiltong.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Hoe lank moet biltong lê voor ophang?
Baie dankie. Ook min of meer dieselfde gedoen tot nou toe.
-
Klein Chris
- Hero Member

- Posts: 613
- Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm
Re: Hoe lank moet biltong lê voor ophang?
Met crown se biltong spice en bruin druiwe asyn laat ek dit lê vir 4 ure. Draai na 2 ure
Skiet bly maar lekker
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2148
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Hoe lank moet biltong lê voor ophang?
Dit hang af van die resep, en van die soort vleis, en van die resultate wat jy wil hê. Ek het eendag, lank lank gelede
, my pa se beesbiltong in die koelkamer vergeet en eers twee dae later uitgehang. Die sout het 'n wit kors op die biltong gemaak!
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1879
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Hoe lank moet biltong lê voor ophang?
Om dit reg te maak kan jy die biltong deur sterk asyn water trek voor jy dit ophang. Die asyn keer ook muf en daai wit sout aanpaksel.Ds J wrote: Sun Jun 16, 2024 6:51 am Dit hang af van die resep, en van die soort vleis, en van die resultate wat jy wil hê. Ek het eendag, lank lank gelede, my pa se beesbiltong in die koelkamer vergeet en eers twee dae later uitgehang. Die sout het 'n wit kors op die biltong gemaak!
Maak 'n verskil