HULP/RAAD met instel van scope ASSEBLIEF

Post Reply
User avatar
TOKELOS
Hero Member
Hero Member
Posts: 557
Joined: Sun Feb 06, 2011 9:11 pm

HULP/RAAD met instel van scope ASSEBLIEF

Post by TOKELOS »

Goeie naand menere!

Na al die jare van jag en vele scopes instel/opstel ens, lyk dit my dat ek op my oudag iets erens vergeet het.

Wat ek gedoen het so ver:
Scope is gefokus deur agter te stel totdat die kruishaar helder en skerp vertoon met eerste kyk deur die scope. Gedoen deur na blou lug te kyk en agter op die scope die focus te stel.
Daarna het ek die scope paralaksvry gestel op 100m deur my oog te beweeg en die kruishaarbeweging tov die teiken weg te kry deur side focus te gebruik.

Nou pla die volgende my:
Op 100m stel ek nou my vergroting op, maar dan gaan die beeld uit focus en moet ek dan die side focus (paralaks) weer stel om die beeld in fokus te kry. HIERDIE voel vir my net eenvoudig nie reg nie of anders gestel, voel vir my my tor is van sy plankie af. My kop se vir my dat die scope klaar gefokus is EN dat dit op 100m paralaksvry is en dus beste beeld moet gee ongeag die vergroting.

Moet dit so wees? Indien nie, wat het ek nagelaat om te doen en hoe stel ek dit reg?

Hierdie is my beste en nuutste scope maar ek geniet hom nog nie ssoos ek behoort te doen nie. Hulp/raad sal hoogs waardeer word
User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am

Re: HULP/RAAD met instel van scope ASSEBLIEF

Post by snakker »

Watter scope is dit? Hoe groot is die vergroting verstelling wat jy op 100m maak?

Sent from my 22101316G using Tapatalk

User avatar
TOKELOS
Hero Member
Hero Member
Posts: 557
Joined: Sun Feb 06, 2011 9:11 pm

Re: HULP/RAAD met instel van scope ASSEBLIEF

Post by TOKELOS »

Leupold LRP 6.5 - 20 X50
Het opgestel van 12x na 18x en 20x
JF123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm

Re: HULP/RAAD met instel van scope ASSEBLIEF

Post by JF123 »

Ek doen dit gewoonlik anders om. Eerste die paralaks, dan die fokus ring agter. Omdat die fokus ring agter (eintlik die diopter verstelling) ook paralaks beïnvloed moet ek dan weer die paralaks stel. Herhaal todat die beeld en kruishaar altwee in skerp fokus is met zero paralaks.
User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am

Re: HULP/RAAD met instel van scope ASSEBLIEF

Post by snakker »

JF123 wrote:Ek doen dit gewoonlik anders om. Eerste die paralaks, dan die fokus ring agter. Omdat die fokus ring agter (eintlik die diopter verstelling) ook paralaks beïnvloed moet ek dan weer die paralaks stel. Herhaal todat die beeld en kruishaar altwee in skerp fokus is met zero paralaks.
Volgens wat ek gelees het behoort dit slegs een keer nodig te wees vir jou om fokus vir jou oog te stel, dan nie weer nie (tensy jou oë verswak/verander oor tyd), dink nie dis iets wat jy aan raak vir elke skoot nie?

Sent from my 22101316G using Tapatalk

User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: HULP/RAAD met instel van scope ASSEBLIEF

Post by tripodmvr »

Stel die vergroting op maksimum en doen dan eers die parallaks en daarna die kruishaarverstelling. Kyk nou of die kruishare se fokus en die parallaks verander. Jy sal dalk weer kleiner verstellings moet maak. Hopelik sal dit help.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2958
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: HULP/RAAD met instel van scope ASSEBLIEF

Post by Lategan1 »

Het jy dalk astigmatisme in skietoog? Of skiet met ‘n bril/kontaklense?

Knip oë gereeld, nie te lank fokus nie, moë oë bemoeilik dit verder!

Beste.
Last edited by Lategan1 on Sun Jun 30, 2024 12:03 pm, edited 1 time in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
JF123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm

Re: HULP/RAAD met instel van scope ASSEBLIEF

Post by JF123 »

snakker wrote: Sun Jun 30, 2024 7:00 am
JF123 wrote:Ek doen dit gewoonlik anders om. Eerste die paralaks, dan die fokus ring agter. Omdat die fokus ring agter (eintlik die diopter verstelling) ook paralaks beïnvloed moet ek dan weer die paralaks stel. Herhaal todat die beeld en kruishaar altwee in skerp fokus is met zero paralaks.
Volgens wat ek gelees het behoort dit slegs een keer nodig te wees vir jou om fokus vir jou oog te stel, dan nie weer nie (tensy jou oë verswak/verander oor tyd), dink nie dis iets wat jy aan raak vir elke skoot nie?

Sent from my 22101316G using Tapatalk
Die diopter verstelling is gewoonlik net nodig om reg te kry die eerste keer. Ongelukkig draai die ring redlik maklik in die geweersak of wanneer ander mense deur die teleskoop kyk. Altyd 'n goeie idee om dit nategaan wanneer jy met die paralaks speel.
User avatar
TOKELOS
Hero Member
Hero Member
Posts: 557
Joined: Sun Feb 06, 2011 9:11 pm

Re: HULP/RAAD met instel van scope ASSEBLIEF

Post by TOKELOS »

Manne!

Baie dankie vir jul antwoorde. Soos ek gelees het het dinge weer terug gekom! Die tor het dus gelukkig nog nie versuip nie en is besig om weer terug te klim op sy plankie.
Elkeen het van julle het ietsie aangeraak wat my weer op die spoor gebring het.

Ja ek het astigmatisme!
Jip, die agterste fokus ding word die diopter genoem. Soos Liewe Heksie altyd se: " ek het net n bietjie vergeet"
Dis natuurlik ook reg soos jul se - eers paralaks, dan diopter.
Jip, as ek met diopter werk vat ek dit kalm. Ek rus my oog behoorlik na elke loer, en dan breuk ek elke 15min en gaan aan met ader dinge!

Gaan more dalk kans kry om verder te stel en mag dalk verdere vrae he.
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1618
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: HULP/RAAD met instel van scope ASSEBLIEF

Post by Gian_dP »

Dit is "beter" om paralaks verstellings op maks vergroting te doen. Op laer vergroting is die effek van paralaks wat effens uit is, moeilik om op te tel.

Sent from my SM-S921B using Tapatalk

_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
TOKELOS
Hero Member
Hero Member
Posts: 557
Joined: Sun Feb 06, 2011 9:11 pm

Re: HULP/RAAD met instel van scope ASSEBLIEF

Post by TOKELOS »

Dankbaar Gian, ek het hom so!
En as die diopter stel, moet ek vergroting op MAKS of Min hou?
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2958
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: HULP/RAAD met instel van scope ASSEBLIEF

Post by Lategan1 »

TOKELOS wrote: Tue Jul 02, 2024 1:34 pm Dankbaar Gian, ek het hom so!
En as die diopter stel, moet ek vergroting op MAKS of Min hou?
Ek moet wel noem, van my 4 soorte teleskope, stel Leupold die moeilikste in. Modelle VX111 3.5-10, VX111 4.5-14, Varix111 8.5-25.

Sensitief vir enige verstelling van die diopter. Dalk is die nuutste HD modelle beter.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: HULP/RAAD met instel van scope ASSEBLIEF

Post by ruaanb »

TOKELOS wrote:Dankbaar Gian, ek het hom so!
En as die diopter stel, moet ek vergroting op MAKS of Min hou?
Ek het dieselfde teleskoop. Doen die verstellings alles op maksimum.
User avatar
TOKELOS
Hero Member
Hero Member
Posts: 557
Joined: Sun Feb 06, 2011 9:11 pm

Re: HULP/RAAD met instel van scope ASSEBLIEF

Post by TOKELOS »

dankie ruaanb
projagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 374
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: HULP/RAAD met instel van scope ASSEBLIEF

Post by projagter »

Tokelos
Volg die volgende stappe en kyk wat gebeur.
NB Stel jou paralaks op oneindig NBNB -- kyk teen die blou lug met geen wolke NB en stel jou kruishaar duidelik sonder om jou oë te vermoei en sonder om te oordoen -- let wel net tot dit reg is , moet nie oordoen nie. In die proses maak jou vergroting nie saak as jou kruishaar 2FP is.
Toets dan jou paralaks en wissel vergroting en kyk of probleem opgelos is
Post Reply