243 vs. 243 AI vs. 6mm creedmoore
- DBFourie243
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Mon Apr 08, 2024 6:02 pm
243 vs. 243 AI vs. 6mm creedmoore
'n Vraag vir die slimmer mense hier tussen ons ek het 'n standaard 243 en hulle lope skiet uit soos ennige roer. Nou is my vraag wanneer die loop uit geskiet is bly ek by n standaard 243 gaan ek oor na n AI of skuif heel oor na n 6mm creedmoore
Bietjie agter grond dit is my "workhorse" gruip n roer en gaan hy is 90% van die tyd by my in die bakkie in die veld ek skiet nou en dan n kompetisie nie vreeslik ernstig n prs of so iets nie net die lokale goed en dan net nou en dan n gong kompetisie.
Rede vir die vraag is ek was deel van n gesprek toe kom die 243 teen 6mm creed. op toe laat dit my nou wonder en ek wil maar eers by die slim manne hoor voor ek myself 'n gat in die kop laat praat.

243
7x57
7mm Rem Mag
375 H&H
7x57
7mm Rem Mag
375 H&H
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3067
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: 243 vs. 243 AI vs. 6mm creedmoore
Watse gewig koele wil jy skiet?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: 243 vs. 243 AI vs. 6mm creedmoore
Ek sal 6 creed kies
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
- DBFourie243
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Mon Apr 08, 2024 6:02 pm
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2126
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: 243 vs. 243 AI vs. 6mm creedmoore
87 vmax is ackley se kos...
- Witpietskiet
- Hero Member

- Posts: 762
- Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm
Re: 243 vs. 243 AI vs. 6mm creedmoore
EK bly in Suidwes, so met die 6CM sal ek my lisensie moet verander, met die 243AI hoef ek net die loop te verander.
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
Groete uit Windhoek
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3067
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: 243 vs. 243 AI vs. 6mm creedmoore
243AI se doppe gaan ook goedkoper uitwerk.Witpietskiet wrote:EK bly in Suidwes, so met die 6CM sal ek my lisensie moet verander, met die 243AI hoef ek net die loop te verander.
As jy 100greiners en swaarder geskiet het sou ek 6Creed aanbeveel het omdat hy ‘n lekker lang nek het.
Vir jou doel bly by 243 of 243 AI
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
pietskiet
- Full Member

- Posts: 139
- Joined: Fri Jun 26, 2009 10:28 am
Re: 243 vs. 243 AI vs. 6mm creedmoore
Volg..
Ek het baie dieselfde probleem as DB en wonder ook watter roete om te gaan. Ek skiet ook 87gr Vmax maar sal graag ietsie swaarder wil skiet met n lekker hoe BC om windskuif minder te maak. Gewone gebruik van die geweer is karoo springbokjag, maar oor relatief langer afstande.
Ek wil 6 XC gaan maar almal se dis n administratiewe gemors om loop en dan kaliber verandering te moet laat doen.

Martiens Bekker
- Full Member

- Posts: 198
- Joined: Wed Aug 10, 2022 4:37 pm
Re: 243 vs. 243 AI vs. 6mm creedmoore
Verseker 243 Ackley. Met 87gr kyk vir 'n 1-10" twist loop. Indien jy opsies wil oop hou om swaarder punte te kan skiet, kyk vir 1-8"twist.
-
6.5/284Norma
- Hero Member

- Posts: 1728
- Joined: Tue Sep 08, 2015 7:28 am
Re: 243 vs. 243 AI vs. 6mm creedmoore
Malan se Ackley slaap saam hom in die bed!
I'd rather be hunting!
Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2126
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13507
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 243 vs. 243 AI vs. 6mm creedmoore
Stamp maar n 243AI, hy doen alles wat die Creed doen en nog so bq
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: 243 vs. 243 AI vs. 6mm creedmoore
243 Ackley, hoekom?, because speed kills.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.

- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7987
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: 243 vs. 243 AI vs. 6mm creedmoore
As jy herlaai en net 87gr Vmax gaan skiet sou ek die 243 AI roete gaan.
Ek het 2 x 243s en 1 x 6CM. Dalk raak n 243 n 6 SLR en dan soek ek nog n 6BR vir een of ander rede.
Die gewone 243W het ook sy voordele en alhoewel hy oud is moet mens hom nie weggooi omdat daar nuwe maatjies in die straat is nie.
Sent from my SM-A528B using Tapatalk

Eight
- Hero Member

- Posts: 827
- Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm
Re: 243 vs. 243 AI vs. 6mm creedmoore
243 Ackley met 8 twist loop
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: 243 vs. 243 AI vs. 6mm creedmoore
Ek het amper 2800 skote uit 'n 1:10, 243 Ackley loop met 87 Vmaxe teen 'n mak 3150 vps gekry voor ek 'n nuwe loop opgedraai het.
Ek laai 42.3g S365 in my 26 duim 6mm Creed en stoot die 87 Vmax teen 3300 vps @ 51600 PSI.
Ek glo hy gaan noord van 3000 skote draai.
S365 is nie meer goedkoop nie, maar hy is gemaak vir 'n 6mm Creed.
Dit is altyd maklik vir ons om raad te gee, maar my beursie is ook maar dun en die somme moet klop.
Die 6mm Creed doen alles wat die 243 kan doen net 'n rapsie makliker en beter. Hy skop die AI se gat met lading /spoed.
Ek moes 46.7g S365 laai vir 3300 vps @ 57000 PSI in die AI.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7987
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: 243 vs. 243 AI vs. 6mm creedmoore
Was hierdie op dieselfde loop of vergelyk jy verskillende lope en was die lope dieselfde lengte?Gawie(13mm) wrote: Thu Jul 11, 2024 9:31 pm Ek het amper 2800 skote uit 'n 1:10, 243 Ackley loop met 87 Vmaxe teen 'n mak 3150 vps gekry voor ek 'n nuwe loop opgedraai het.
Ek laai 42.3g S365 in my 26 duim 6mm Creed en stoot die 87 Vmax teen 3300 vps @ 51600 PSI.
Ek glo hy gaan noord van 3000 skote draai.
S365 is nie meer goedkoop nie, maar hy is gemaak vir 'n 6mm Creed.
Dit is altyd maklik vir ons om raad te gee, maar my beursie is ook maar dun en die somme moet klop.
Die 6mm Creed doen alles wat die 243 kan doen net 'n rapsie makliker en beter. Hy skop die AI se gat met lading /spoed.
Ek moes 46.7g S365 laai vir 3300 vps @ 57000 PSI in die AI.
Met als dieselfde gaan jy meer dryfmiddel in die 243 AI gooi as die 6CM maar die 243 AI gaan die koeel dan teen dieselfde spoed skiet en minder druk. Of jy kan die 243 AI druk en hy gaan die 6CM klop, hy het 'n groter dop so daar is nie 'n manier dat die 6CM hom klop in spoed as als anders dieselfde is nie.
-
pietskiet
- Full Member

- Posts: 139
- Joined: Fri Jun 26, 2009 10:28 am
Re: 243 vs. 243 AI vs. 6mm creedmoore
Gawie, ek skiet 87gr Vmax teen 3155 fps uit n stock-standard 243. 42gr S365. Ek sou gedink het die 243AI moet bietjie wilder wees as dit?Gawie(13mm) wrote: Thu Jul 11, 2024 9:31 pm Ek het amper 2800 skote uit 'n 1:10, 243 Ackley loop met 87 Vmaxe teen 'n mak 3150 vps gekry voor ek 'n nuwe loop opgedraai het.
Ek laai 42.3g S365 in my 26 duim 6mm Creed en stoot die 87 Vmax teen 3300 vps @ 51600 PSI.
Ek glo hy gaan noord van 3000 skote draai.
S365 is nie meer goedkoop nie, maar hy is gemaak vir 'n 6mm Creed.
Dit is altyd maklik vir ons om raad te gee, maar my beursie is ook maar dun en die somme moet klop.
Die 6mm Creed doen alles wat die 243 kan doen net 'n rapsie makliker en beter. Hy skop die AI se gat met lading /spoed.
Ek moes 46.7g S365 laai vir 3300 vps @ 57000 PSI in die AI.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: 243 vs. 243 AI vs. 6mm creedmoore
Arnold, My AI was 'n 24 duim loop teenoor my Creed se 26 duim.
Met als dieselfde, gaan dieselfde spoed teen 'n laer druk nie noodwendig op 'n akurate node wees nie.
Die AI se veilige node behoort 40 vps vinniger te wees as die Creed s'n, maar dit is juis my punt: Jy moet 10% meer kruit in die AI gooi vir 1% meer spoed as die Creed.
Met als dieselfde, gaan dieselfde spoed teen 'n laer druk nie noodwendig op 'n akurate node wees nie.
Die AI se veilige node behoort 40 vps vinniger te wees as die Creed s'n, maar dit is juis my punt: Jy moet 10% meer kruit in die AI gooi vir 1% meer spoed as die Creed.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: 243 vs. 243 AI vs. 6mm creedmoore
Pietskiet, my eerste 243 se loop het net oor die 2000 skote geskiet voor hy sat was en ek bedoel moer-toe.
87 V-maxe teen 3300 vps, elke dag tot die dag van sy dood.
Om daardie rede het ek besluit om die AI roete te gaan. Ek kon nie bekostig om elke 2 tot 3 jaar 'n nuwe loop op te draai nie.
Op daardie stadium was die Creed nog nie 'n opsie nie.
Die AI het my nooit teleurgestel nie. Ek het hom juis op 'n laer node geskiet om die looplewe te rek. Die loop was goed oppad na 3000 skote en die Lapua doppe was 26 herlaai sonder enige sigbare tekens van verweer. Onthou asseblief dat een van die AI se sterkpunte juis die vorm van die dop is.
Sy 40 grade skouer sorg dat die maksimum verbranding in die dop plaasvind en die keel van die loop gespaar word.
Om 'n kaliber na AI te verander is soos om 'n turbo op jou enjin vas te bout. Jy kry beter verrigting met jou voet plat op die pedaal, maar slytasie vreet
alles baie vinnig op. Indien jy jou voet effens lig werk die enjin minder en slytasie is nie net minder nie, maar hy is meer ekonomies.
'n 6mm Creed-AI sal die optimale kaliber vir my wees.

- Reghardt
- Sr. Member

- Posts: 386
- Joined: Sat Jun 30, 2012 9:40 am
Re: 243 vs. 243 AI vs. 6mm creedmoore
More More
Oorweeg ook n 6 Dasher. Jy sal met die regte loop lengte twist ens ook die 87gr rondom die 3200fps kan kry.
Indien jy n 8" opsit sal jy opsies he vir swaarder punter ook (byvoorbeeld).
Soos ek verstaan is suly looplewe ook beter as bogenoemde opsies.
Ek het nie een nie maar is besig met my huiswerk op een.
Onthou net om te kyk of rondte sal voer in jou aksie.
Groete
Sent from my SM-S916B using Tapatalk

CZ 550 308 laminated varminter
CZ 550 22-250 laminated varminter
Howa 6.5 CM
Howa 6mm CM
Sako Forester 243
CZ P10F
CZ 550 22-250 laminated varminter
Howa 6.5 CM
Howa 6mm CM
Sako Forester 243
CZ P10F
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7987
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: 243 vs. 243 AI vs. 6mm creedmoore
Met als dieselfde, 26" lope en baie naby aan 3300fps vir altwee (243AI en 6CM) met S365 en 'n 87gr VMax gaan jy so bietjie meer loopleeftyd kry uit die 6CM. Die 6CM skop definitief nie die 243AI se gat nie ... hulle is baie naby aan mekaar.Gawie(13mm) wrote: Sat Jul 13, 2024 8:49 pm Arnold, My AI was 'n 24 duim loop teenoor my Creed se 26 duim.
Met als dieselfde, gaan dieselfde spoed teen 'n laer druk nie noodwendig op 'n akurate node wees nie.
Die AI se veilige node behoort 40 vps vinniger te wees as die Creed s'n, maar dit is juis my punt: Jy moet 10% meer kruit in die AI gooi vir 1% meer spoed as die Creed.
Ek verkies self die 6CM maar afhangend hoe jy na hulle kyk is hulle maar baie naby aan mekaar.
Terloops, as jy 'n 6CM teen Dasher spoed skiet gaan die loopleeftyd amper net so lank wees.
-
Yogi
- Full Member

- Posts: 220
- Joined: Wed Feb 08, 2012 8:59 am
Re: 243 vs. 243 AI vs. 6mm creedmoore
Met die 243basis, sal ek kyk na die 6mm SLR. Jy kan alles en nog meer doen as wat jy wil en hy haal al die 243 se nukkerigheid uit.
-
pietskiet
- Full Member

- Posts: 139
- Joined: Fri Jun 26, 2009 10:28 am
Re: 243 vs. 243 AI vs. 6mm creedmoore
Thanks Gawie, hierdie maak vir my baie sin. In wese blyk dit dus dat die AI n meer effektiewe en ekonomiese roete is om dieselfde verrigting uit n 243 te kry? Alternatiewelik, neem ek aan, kan jy hoer spoed jaag as met n standaard 243 teen dieselfde drukvlakke en slytasie?Gawie(13mm) wrote: Sat Jul 13, 2024 9:13 pm Pietskiet, my eerste 243 se loop het net oor die 2000 skote geskiet voor hy sat was en ek bedoel moer-toe.
87 V-maxe teen 3300 vps, elke dag tot die dag van sy dood.
Om daardie rede het ek besluit om die AI roete te gaan. Ek kon nie bekostig om elke 2 tot 3 jaar 'n nuwe loop op te draai nie.
Op daardie stadium was die Creed nog nie 'n opsie nie.
Die AI het my nooit teleurgestel nie. Ek het hom juis op 'n laer node geskiet om die looplewe te rek. Die loop was goed oppad na 3000 skote en die Lapua doppe was 26 herlaai sonder enige sigbare tekens van verweer. Onthou asseblief dat een van die AI se sterkpunte juis die vorm van die dop is.
Sy 40 grade skouer sorg dat die maksimum verbranding in die dop plaasvind en die keel van die loop gespaar word.
Om 'n kaliber na AI te verander is soos om 'n turbo op jou enjin vas te bout. Jy kry beter verrigting met jou voet plat op die pedaal, maar slytasie vreet
alles baie vinnig op. Indien jy jou voet effens lig werk die enjin minder en slytasie is nie net minder nie, maar hy is meer ekonomies.
'n 6mm Creed-AI sal die optimale kaliber vir my wees.
Die 243AI is boonop ook n veel makliker en relatief pynlose roete om te gaan, versus om n kaliber verandering te doen? (ek praat hier in terme van die lisensierings proses). Korrek?
Die 243s wat ek in my lewe gehad het, was almal maar redelik finicky oor ladings en was beslis nie maklik om klawer groeperings te kry nie. Is jou ondervinding dat die AI makliker, moeiliker of maar dieselfde is itv ladingontwikkeling? Die ouens se wel dat die Dasher en XC wat dit aanbetref redelik eenvoudig is en makliker op skoot kom.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: 243 vs. 243 AI vs. 6mm creedmoore
Ackley maak ekonomies die meeste sin indien jy reeds 243 doppe het. Ackley se Redding matryse is helfte van Creed s'n. Nuwe Lapua doppe is ook goedkoper.
Koop 'n Howa 243 en laat hom dadelik Ackley.
As die loop groet koop jy weer 'n nuwe een en laat hom Ackley.
Jy verkoop die oue aan iemand wat 'n pasmaak kaliber wil bou. Die manne staan tou vir 'n Howa aksie.
Sodoende kry jy 'n nuwe geweer vir die prys van 'n nuwe loop, sonder al die fiterjasies.