Goeie middag Forum Lede.
Ek het n Falke 80 - 4.5mm (.177 kaliber) by my pa geerf. Hierdie windgeweer is meer as 60 jaar oud en het aandag nodig.
Ek benoding die volgende en hoor graag of forum lede so iets beskikbaar het asook verneem graag van iemand wat Falke opgradeer of herstel:
- Kolf is baie jare gelede beskadig en ek benodig n nuwe of tweedehandse kolf.
- Veer is reeds pap en ek benodig nuwe veer.
- Druk velletjie is ook beskadig
Graag verneem ek van persone wat Falke restoreer en opknap.
Beste groete.
Nico Jooste
Falke 80 Opknap
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Falke 80 Opknap
Die aanbevelings gaan afhang van waar jy bly?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
jooste
- Full Member

- Posts: 161
- Joined: Wed May 08, 2013 3:20 pm
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2133
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Falke 80 Opknap
Kontak vir Adriaan vir parte. Hy doen soms herstelwerk, maar vat lank. Stuur vir hom 'n boodskap - hy werk gereeld in areas sonder sein.
0823732393
Die veer en die velletjie kan jy self maklik vervang.
0823732393
Die veer en die velletjie kan jy self maklik vervang.
-
jooste
- Full Member

- Posts: 161
- Joined: Wed May 08, 2013 3:20 pm
Re: Falke 80 Opknap
Goeie more.
Nogmaals dankie. Ek sal hom verseker kontak.
Ek sal verseker die veer en velletjie self kan vervang maar moet dit eers iewers in die hande kry. Miskien kan Adriaan ook hiermee help of raadgee.
Groete
Nogmaals dankie. Ek sal hom verseker kontak.
Ek sal verseker die veer en velletjie self kan vervang maar moet dit eers iewers in die hande kry. Miskien kan Adriaan ook hiermee help of raadgee.
Groete
Nico Jooste
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1343
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Falke 80 Opknap
Hoe is die kolf beskadig, as ek mag vra? Behalwe as hy letterlik in die helfte gebreek is, of gesaag is of iets, is ek seker hy kan reggemaak word.
-
jooste
- Full Member

- Posts: 161
- Joined: Wed May 08, 2013 3:20 pm
Re: Falke 80 Opknap
Dit is die probleem, my pa het die geweer jare gelede vir iemand geleen en hy het dit terug besorg met die kolf in die helfte gebreek. My oupa het dit aanmekaar geflerts met sink. Alhoewel dit baie stewig is is dit onooglik en sal ek dit eerder wil vervang.
Nico Jooste