POINTERS

Post Reply
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

POINTERS

Post by Frikkie Coetzee »

DAGSE MENERE

Ek is opsoek na hulp. Ek is op soek na Engelse pointers om te werk. Ek sukke vreeslik om goeie honde in die hande te kry.

Help asb.

Beyers weet jy dalk van iemand naby ons?

Frikkie
Cradock
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: POINTERS

Post by Beyers »

blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: POINTERS

Post by blaser »

ek dink hier is n forum lid met die naam biker wat daardie honde aan hou
hoekom wil jy engelse he ek weet hulle is baie moei
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: POINTERS

Post by Frikkie Coetzee »

Remington

Elke keer as ek twee Afrikaners Pointers bymekaar kry stig hulle af........ ;D

Erstig, die areas wat ons jag is groot en die Engelse pointers werk goed op groot areas. GSP werk te naby as jy soek na voels in nuwe areas. Ek sal verkies om n kombinasie van hondse te he maar wil by die pointers begin.

Frikkie
Cradock
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: POINTERS

Post by blaser »

ja die engelse is baie goed daarvoor jy moet veral die groot geboude een kry all wat ek nie van hulle hou nie is dat hulle nie goeie retrivers is nie

waar jag julle
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: POINTERS

Post by Mac »

Ek wens net iemand wil vir my GSP se dat hy nie veronderstel is om ver te werk nie, miskien dink hy hy is engels omdat sy baas is.

Kwaai veralgemeen daar, hond doen net wat hy geleer is of wat hy toegelaat is om te doen
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: POINTERS

Post by Biker »

Mac
Jy is reg ek weet ook van twee gsp wat nogal wyd werk maar ai .....die ander. So geniet daai een.

Gromit
Ek beplan om een van my top tewe te K I met een van die beste GSP wat ek ken en hoop vir sukses. Dit sal dan Engels X Duits wees en baie opgewonde oor hulle. Die teef is uit n hond nl Chester wat jare gelede n top hond in SA was.
Praat weer
Biker
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: POINTERS

Post by Frikkie Coetzee »

dankie almal

Ek moet se ek is nie op hoogte met gsp's nie.

Ek is nie ongenee om hulle n kans te gee nie.

Biker, is jy die ou van Leliekloof? Waar is dit?

Meeste van my skiet is maar in die berge van die OK. Greywing, kwartels, duiwe en ganse.  Retreive is vir my sekonder tot point.

Frikkie
Cradock
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: POINTERS

Post by Biker »

[quote author=Gromit link=topic=4621.msg70969#msg70969 date=1307997
Biker, is jy die ou van Leliekloof? Waar is dit?

Meeste van my skiet is maar in die berge van die OK. Greywing, kwartels, duiwe en ganse.  Retreive is vir my sekonder tot point.

Frikkie
[/quote]

Frikkie  Sommer hier op die Stormberge so tussen Molteno Jamestown Burgersdorp
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: POINTERS

Post by Beyers »

Probeer vir Luke Bell - Boshoffskraal in Dordrecht distrik.
Chester is een van sy honde.
Bruce Bryant - Tarkastad distrik
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: POINTERS

Post by Frikkie Coetzee »

Beyers

Is op Luke se waglys saam met Riaan. Met Roger gepraat oor honde. Bruce se broer. Hulle sal my laat weet as daar is. Dave de la Harpe wil sy hond dalk kruis met Tim se hond... Kom ons kyk wat kom uit.

Gaan binnekort Kaap toe om van hulle fisante te skiet. Sien uit daarna. Gaan met Spaniels en GSP werk om te om te kyk hoe hulle werk.

Groete

Frikkie
Cradock
GvA
Newbie
Newbie
Posts: 39
Joined: Sat Jan 01, 2011 4:46 pm

Re: POINTERS

Post by GvA »

Frikkie waar in die Kaap gaan jy fisante skiet? Ek is nuut in George en soek ook plek vir my hond om te werk. Sy is 50/50 Engels Pointer en Draadthaar.

GvA
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: POINTERS

Post by .::Alwyn-U::. »

Ek is self opsoek na 'n werk hondjie, dink julle pointers is maar die beste om te kry?
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: POINTERS

Post by Frikkie Coetzee »

GvA wrote: Frikkie waar in die Kaap gaan jy fisante skiet? Ek is nuut in George en soek ook plek vir my hond om te werk. Sy is 50/50 Engels Pointer en Draadthaar.

GvA
GvA

Ek weet nie . My broer is in Stellenbosch en hy het gereel. Sal laat weet sodra ek daar was.

Frikkie
Cradock
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: POINTERS

Post by .::Alwyn-U::. »

Gromit

Jag jou broer in die kaap area? Ek soek jag geleenthede vir die weskaap. Het iemand 'n paar nommers vir my? Ek sal sommer gou 'n topic maak.
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: POINTERS

Post by Frikkie Coetzee »

Alwyn

My broer is nuut in die Kaap. Gee my n lui 048 881 3007 dan praat ons.

Ek is nie seker wat is die beste hond nie nie maar ek wil graag uitvind. Ek dink elkeen het sy goeie punte en jy moet kyk vir dit wat werk vir jou omstandighede.

Frikkie
Cradock
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: POINTERS

Post by .::Alwyn-U::. »

Frikkie

Ek gan jou oor die naweek 'n lui gee dan praat ons bietjie.

Groete
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: POINTERS

Post by Frikkie Coetzee »

Alwyn

Dit is winter. Naweke jag ons

Bel my een aand in die week.

Frikkie
Cradock
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: POINTERS

Post by Frikkie Coetzee »

En ek self het gese bel my oor die naweek. Het duidelik nie mooi gedink toe ek dit gese het nie.

Sorry
Cradock
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: POINTERS

Post by .::Alwyn-U::. »

Haha als reg ek sal dan bel in die week!
Pont Gunner
Newbie
Newbie
Posts: 2
Joined: Sun Jul 17, 2011 12:17 pm

Re: POINTERS

Post by Pont Gunner »

Hi Frikkie ek het n 18 maande oue engelse pointer teef vir wie ek n goeie huis soek.
kontak my gerus op 083 319 7602 as jy belangstel. Johan
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: POINTERS

Post by Frikkie Coetzee »

Jislaaik Pont Gunner

EK stel definitief belang.

Kom sy uit n goeie bloed lyn?

Frikkie
Cradock
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: POINTERS

Post by Frikkie Coetzee »

Pont Gunner aka Johan

Net n nota van Jessie af:

Ek is mal oor my nuwe huis. Ek is nie Frikkie se hond nie, maar Monique sin. Wil in teendeel soms niks met Frikkie te doen he nie.

Ek het al so 3 kilos opgetel en is volkome herstel van my bosluiskoors. Ek jag sover elke naweek saam maar kan nie wag vir die volgende jaar se patrys seisoen nie.

Gaan die naweek weer plaas toe. My pel GRRRRR Gromit, die foksterrier is nie altyd nice nie maar hy weet duidelik nie ek weeg meer as hy nie.

Alles gaan verder goed

Groete

Jes
Cradock
User avatar
VONZAAG
Newbie
Newbie
Posts: 5
Joined: Tue Sep 13, 2011 8:44 pm

SHOOT UITRUIL

Post by VONZAAG »

Manne, ek soek 'n laat shoot vir fisante of greys. Kan uitruil vir tarries en ander landjagvoels in die Ntvl.

Selfs 'n gems of takbok vir 'n willebees of RW rooibok (23"+)

LAAT MY WEET.

0828992930 SOMERSET WEST
Gereed vir alles....
458 Win
375 H&H
30-06 Springfield
250/300 Savage
243 Win
222 Rem Krico
22 Anschutz
12B FN Browning Mod25
20B Antonio Zoli
Post Reply