Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Mooi roer Geno en lekker koeel spoed kombinasie maar my ore skree al klaar as hulle daardie muzzlebrake sien. Ons RO's by BASA kan bevestig ons haat die goed op die baan.
Geno, ek sal net seker maak ek staan direk agter jou as jy kom skiet dit is maar die beste wat ons kan doen oormowwe en al. Dit is meer die muzzle blast as jy langs die skut staan wat pla as die klank. Hoop die kolf hou want dit is 'n netjiese kolf.
Ek het darm eergister die .416 bloedgesmeer so 15km buite Bloemfontein.
So raps oor 100m uit die vuis uit, in die hardloop.
Die skoot is skuins van agter in en uit op die oorkantste blad.
380gr Kriek soft met n beginlading (75gr S355 @2150fps)
Die vark het 54.3kg uitgeslag en 95kg lewende gewig geweeg.
A-frames werk goed. Ek skiet 350gr teen 2400fps uit my .416 Ruger. Ek kon nog nie een herwin nie. Die 350&400gr se krimpgroef sit op dieselfde plek van voor af, wat te veel skag in die dop los met die 400gr (maw erge kompressie van dryfmiddel)
Geno wrote:Ek het darm eergister die .416 bloedgesmeer so 15km buite Bloemfontein.
So raps oor 100m uit die vuis uit, in die hardloop.
Die skoot is skuins van agter in en uit op die oorkantste blad.
380gr Kriek soft met n beginlading (75gr S355 @2150fps)
Die vark het 54.3kg uitgeslag en 95kg lewende gewig geweeg.
https://i.imgur.com/BYACNiK.jpg
https://i.imgur.com/TAhq4AN.jpg
https://i.imgur.com/QMZOw36.jpg
https://i.imgur.com/A29S6n8.jpg
https://i.imgur.com/2NUK3Ah.jpg
Dammmmmmit well done.
Het jy nog standaard sights op? Want dan is 100m skoot groot.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Ek het self 'n dik vark geskiet die naweek was nou met my 375. In die gras en bosse dog ek dit was 'n beer toe loop sy in my 300gr koeel vas op 30 meter.
Lyk of die diere mooi dik is na die jare se droogte en beter reen die jaar. Sy het 36kg uitgeslag vir 'n sog.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jis manne,
Dis 'n ou draad, maar kom ons gee hom weer bietjie lewe.
Ek mag dalk op kort kennisgewing Noorde toe ry met my .416Ruger, en die seisoen draai nou so dit kan warm wees daar bo.
Wat sou julle beskou as dryfmiddels in die S355 of S341 klas wat die mees temperatuur stabiel is en nie in my gesig gaan opblaas nie?
Ek is nie bang om 'n geweer teen 60k PSI of meer te skiet nie, so meeste van my roere is maar redelik voet in die hoek gelaai.
Varget? CFE223? N540? N140?
380gr solids sal waarskynlik in die geweer gebruik word.
Varget is een van die mees temperatuur stabiele dryfmiddels en sal beslis veilig wees in die warm noorde.
Weet net nie of jy genoeg in die dop gaan kry vir maksimum spoed nie.
CFE sal waarskynlik die hoogste spoed gee, maar dit is sensitief vir temperatuur en jy sal genoeg veiligheid moet inbou.
Ek het nie praktiese ervaring met N540 of N140 nie, maar hulle is nie bekend vir temperatuur stabiliteit nie.
Jy kan ook die Win Staball Match oorweeg, dit is temp stabiel maar lewer minder spoed as CFE.
Geno wrote:Jis manne,