P14 ERA aksie aanpas vir 375h&h

Post Reply
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1534
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

P14 ERA aksie aanpas vir 375h&h

Post by Giepie »

Ek gaan nou begin met die verandering van my P14 303 na 375h&h. Ek beplan om die loop by Eagle Barrels te kry en deur hulle ook die kaliber verandering te laat doen. Ek wil 'n 24" semi bull barrel loop laat opsit. As ek dit later korter wil maak kan ek. Die dun lope op 'n 375 lyk nie vir my reg nie, en dit gee bietjie meer gewig vir die recoil.

Op die aksie het ek 'n paar vrae. Hoekom verander hulle die "dog leg"? Die selfde oor die "guppy belly"? Is dit net vir mooier lyk, of wat se verskil in gebruik sal dit hê.

Oor die reguit maak van die onderkant, ek sou verkies om soveel moontlik patrone daar te kan inpas, vir ingeval daar 'n geleentheid is om 'n gevaarlike dier te skiet, dan wil ek nie nodig hê om te moet herlaai uit 'n bandolier nie.

Dit lyk of hulle ook aan die veligheidsknip verander, hoekom doen hulle dit? Ek het reeds 'n Thor sneller sneller vir die geweer.

Nou die kolf - Lyk my die invoerders van Boyds kolwe in SA het opgedroog, en ek sien nie meer kans vir die self invoer nie. Ek kan 'n walnut blank kry, ook gelamineerde blanks. Vir die mooi soek ek die walnut, met 'n classic styl. Hoekom sal 'n gelamineerde beter of mooier wees? Ek soek eerste werkverrigting, dan hoe dit lyk.

Die wat ervaring het van so iets, ek leer graag by julle.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Blairadam
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 77
Joined: Tue Nov 08, 2022 5:50 pm

Re: P14 ERA aksie aanpas vir 375h&h

Post by Blairadam »

Hoe gaan dit met die bou van die geweer? Stel belang om te hoor van dinge wat jy leer in die proses.
303 P14 Enfield, .22 Walther KKM, .223 Barnard, 357 Marlin, 6.5CM Barnard, 308 Musgrave RSA
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: P14 ERA aksie aanpas vir 375h&h

Post by Ds J »

Die laminaat is oor die algemeen sterker, dsw trek nie krom nie, en kraak ook nie so maklik nie.
Thunderhead
Hero Member
Hero Member
Posts: 512
Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am

Re: P14 ERA aksie aanpas vir 375h&h

Post by Thunderhead »

As ek jy is sal ek n cock on opening kit vir hom kry.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: P14 ERA aksie aanpas vir 375h&h

Post by tripodmvr »

Thunderhead wrote: Sun Dec 08, 2024 7:56 am As ek jy is sal ek n cock on opening kit vir hom kry.
Watter voordeel het die' verandering?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Thunderhead
Hero Member
Hero Member
Posts: 512
Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am

Re: P14 ERA aksie aanpas vir 375h&h

Post by Thunderhead »

Standardize so that all his bolts function and feel the same.
tripodmvr wrote: Sun Dec 08, 2024 3:33 pm
Thunderhead wrote: Sun Dec 08, 2024 7:56 am As ek jy is sal ek n cock on opening kit vir hom kry.
Watter voordeel het die' verandering?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: P14 ERA aksie aanpas vir 375h&h

Post by tripodmvr »

Volgens my kennis en ondervinding met beide Lee en P14 aksies het hulle 'n voordeel dat hulle vinniger gespan kan word weens die momentum met die toemaak van die aksie. Dit is tog sekerlik 'n voordeel waar vinnige skote na mekaar geskiet moet word?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1534
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: P14 ERA aksie aanpas vir 375h&h

Post by Giepie »

Blairadam wrote: Sat Dec 07, 2024 10:40 pm Hoe gaan dit met die bou van die geweer? Stel belang om te hoor van dinge wat jy leer in die proses.
Ek het nog nie begin nie, was tot nou toe nie by die huis gewees nie. Daar is ook iemand anders wat belangstel in die aksie, (Armand hoor jy? :) ) So ek wil net met hom bevestig, dan wil ek dalk in die begin van 2025 daarmee begin.

As ek dit gaan doen, sal die 1ste stap die verandering van loop en kaliber wees. Daarna die veranderinge aan die aksie, en dan die kolf. Ek sal dit kan doen soos wat die finansies dit toelaat. Ek gaan eers kyk of die bestaande kolf vir eers sou werk.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
projagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 374
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: P14 ERA aksie aanpas vir 375h&h

Post by projagter »

Voorspoed met jou planne.
As ek moes kies tussen my P14's { ek het 1 van elke fabrikaat vervaardig} vir so ombouing sou ek die Winchester P14 se aksie gebruik het.
Post Reply