Skoonmaak en smering van handwapens

Post Reply
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Skoonmaak en smering van handwapens

Post by Jaco vdW »

Goeie middag

Wat gebruik julle ouens om julle handwapens mee skoon te maak, veral die wat nog gegote lood koeëls vir oefening gebruik?

En dan my eintelike vraag, wat gebruik julle vir smering op die spore waarop die glystuk loop - spesifiek vir 'n Glock pistool.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1868
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Skoonmaak en smering van handwapens

Post by Ratel »

Ek gebruik RAM Trisol soms Ballistol en het dan 'n blikkie Hornady one shot extreme. Die Hornady is soos 'n dry lube en pak nie stof aan nie. Ek dink die hoeveelheid wat mens gebruik is dalk meer belangrik. Ek sien gereel hoe die ouens op die baan dit oordoen met olie. Die One shot HD extreme kry ek nie meer op die rak nie en dis baie duur maar as ek moet kies van die drie sal ek dit vat.
Maak 'n verskil
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Skoonmaak en smering van handwapens

Post by Capt. Yoda »

Vir lube het ek al baie probeer maar is nou op Barricade se “rust prevention”. Hy word nie taai nie en los n lekker “film” op die yster. Remington se “Rem Oil Pro” werk ook lekker maar daai film op die staal hou nie so lank soos die van Barricade nie

Met die Barricade voel dit vir my of die carbon op die raam/silinder van n revolwer eenvoudig net af vee
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2133
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Skoonmaak en smering van handwapens

Post by Ds J »

Een baie ervare skut gebruik al vir 20 jaar slegs ATF om te olie.

Ek het baie goeie ervaring met Robla en Losso, maar dit is redelik aggressiewe middels.

Die beste resultate om 'n loop werklik skoon te kry is om afwisselend en herhalend verskeie middels te gebruik: een vir lood, dan een vir koper, dan een vir koolstof ens. 'n Goeie vriend gebruik wit asyn en peroksied, dan Q5 penetreerolie, dan iets soos Hoppe's in drie of vier siklusse. Dit vat drie tot vier dae, maar dan is die loop werklik skoon genoeg om van te eet.
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Skoonmaak en smering van handwapens

Post by alecjohnson »

Vir lood uit pistool gebruik ek Shooter’s Choice Lead Remover. Dit werk baie goed, dan enige skoonmaak goed wat ek naby het vir die koolstof binne handwapen. die glystuk slootjie hang van pistool tot pistool af, lithium soap grease vir glock, penn katrol grease(blou) vir die CZ Ruger kry as ek iets moet gee, sal dit grafiet poeier wees maar was nog nie nodig om iets te gee nie.
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: Skoonmaak en smering van handwapens

Post by Jaco vdW »

Dankie vir die idees sover.

Ek het nog so halwe blikkie Trisol, en moet sê dit was die maklikste wat ek nog die Glock se loop skoon gemaak het.
Ek is nog opsoek na 'n lekker droë lube wat nie taai word of stof aanpak nie. Het tot op hede copper slip gebruik, en nog geen probleme ervaar nie.
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 956
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Skoonmaak en smering van handwapens

Post by OosKaapJagter »

Hier is nogal 'n interessante perspektief op YouTube deur GunBlue490. Hy is 'n ou man (baie ervaring) wat ook as 'n wapensmid ondervinding het by twee van die groot wapenvervaardigers in die VSA. Hy was en is steeds 'n ywerige skut wat militêre en wetstoepassing agtergrond ook het.

Sy siening is dat jy moet vergeet dit is 'n vuurwapen. Bykans al die produkte wat geadverteer word om wapens skoon te maak is bloot bemarkingsfoefies. Dit bly steeds masjienstaal wat jy skoonmaak. Enige oplosmiddel wat koolstofneerslag help sagmaak is goed genoeg en as daar loodaanpaksels in jou loop is, kan jy kyk na iets wat lood verwyder. Daarna moet jy kyk na jou loodsamestelling, want dan gaan jy in die eerste plek nie loodaanpaksels hê nie.

Hy gebruik geen olie of smeermiddels nie. Verharde masjienstaal gaan nie wegslyt nie, maar olie en smeermiddels lok stof, lint en enigiets dergeliks. Dit is daardie aanpaksels wat vir jou probleme skep.

In kort sê hy, maak die wapen skoon en droog. Sit dit aanmekaar en jy sal nooit probleme hê nie. Jou wapen hoef nie glad te voel nie, maar moet skiet elke keer as jy die sneller trek.

Hier is 'n skakel na die video vir enigiemand wat belangstel: https://www.youtube.com/watch?v=olOzxldPXXI&t=13s
HeinM
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm

Re: Skoonmaak en smering van handwapens

Post by HeinM »

OosKaapJagter wrote: Tue Dec 10, 2024 10:42 am Hier is nogal 'n interessante perspektief op YouTube deur GunBlue490. Hy is 'n ou man (baie ervaring) wat ook as 'n wapensmid ondervinding het by twee van die groot wapenvervaardigers in die VSA. Hy was en is steeds 'n ywerige skut wat militêre en wetstoepassing agtergrond ook het.

Heeltemal korrek!

Midas se skoonmaakgoed werk net so goed of beter ;)
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Skoonmaak en smering van handwapens

Post by LUAN »

Ek skiet net coated bullets en daar is maar n klompie lood opgebou in die groewe nader aan die kroon se kant. Dit vat nogal baie elbow grease met losso of autosol om dit uit te haal. Ek kan nie sien hoe n produk wat jy net aansmeer in die loop die lood gaan laat verdwyn. Is daar so iets?
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Skoonmaak en smering van handwapens

Post by alecjohnson »

LUAN wrote: Tue Dec 10, 2024 11:21 am Ek skiet net coated bullets en daar is maar n klompie lood opgebou in die groewe nader aan die kroon se kant. Dit vat nogal baie elbow grease met losso of autosol om dit uit te haal. Ek kan nie sien hoe n produk wat jy net aansmeer in die loop die lood gaan laat verdwyn. Is daar so iets?
Shooter’s Choice Lead Remover, ek het 'n pot gekoop so 10 jaar terug, en ek volg die skoonmaak proses wat daarop staan en dit vat so 2 ure om die lappies skoon genieg te laat uitkom. die potjie is nou net onder half. Dit is lood spesifiek. Dit vat nie baie werk nie, maar wel tyd.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Skoonmaak en smering van handwapens

Post by Capt. Yoda »

Jaco vdW wrote: Tue Dec 10, 2024 9:30 am Dankie vir die idees sover.

Ek het nog so halwe blikkie Trisol, en moet sê dit was die maklikste wat ek nog die Glock se loop skoon gemaak het.
Ek is nog opsoek na 'n lekker droë lube wat nie taai word of stof aanpak nie. Het tot op hede copper slip gebruik, en nog geen probleme ervaar nie.
Ek gebruik self copper compound op my gewere se lugs en het nie eers da aan gedink om dit op pistole te gebruik nie

Loop skoon maak is ma selle as met n lang geweer, kry n lekker koper borsel en borsel hom met wat se skoon maak produk okal jy naby het. Ek sal dood gaan as ek 5 dae aan n pistool lopie moet skoon maak. Clr en n borsel maak ligte werk van n vuil 9mm loop, soos Luan se harde carbon gaan nie net oplos nie. Daar is n groot verskil tussen lood en carbon in n loop maar as hy nie wil luister nie ruk die autsol uit
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1868
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Skoonmaak en smering van handwapens

Post by Ratel »

OosKaapJagter wrote: Tue Dec 10, 2024 10:42 am Hier is nogal 'n interessante perspektief op YouTube deur GunBlue490. Hy is 'n ou man (baie ervaring) wat ook as 'n wapensmid ondervinding het by twee van die groot wapenvervaardigers in die VSA. Hy was en is steeds 'n ywerige skut wat militêre en wetstoepassing agtergrond ook het.

Sy siening is dat jy moet vergeet dit is 'n vuurwapen. Bykans al die produkte wat geadverteer word om wapens skoon te maak is bloot bemarkingsfoefies. Dit bly steeds masjienstaal wat jy skoonmaak. Enige oplosmiddel wat koolstofneerslag help sagmaak is goed genoeg en as daar loodaanpaksels in jou loop is, kan jy kyk na iets wat lood verwyder. Daarna moet jy kyk na jou loodsamestelling, want dan gaan jy in die eerste plek nie loodaanpaksels hê nie.

Hy gebruik geen olie of smeermiddels nie. Verharde masjienstaal gaan nie wegslyt nie, maar olie en smeermiddels lok stof, lint en enigiets dergeliks. Dit is daardie aanpaksels wat vir jou probleme skep.

In kort sê hy, maak die wapen skoon en droog. Sit dit aanmekaar en jy sal nooit probleme hê nie. Jou wapen hoef nie glad te voel nie, maar moet skiet elke keer as jy die sneller trek.

Hier is 'n skakel na die video vir enigiemand wat belangstel: https://www.youtube.com/watch?v=olOzxldPXXI&t=13s
Elke ou doen dit maar soos hy dink die beste is. Gaan kyk gerus na Glock instruction manual (siende dat die vraag oor Glock spesifiek is) na hulle instruksie oor waar en hoeveel jy moet lube. Ek sal beslis nie my handwapens aanmekaar droog skiet nie. Ook nie oortollige olie nie. 'n Dun lagie wat jy met 'n klam olie lappie af vee is vir my genoeg. Wat betref watter olie, wel daar was 'n ruk terug op Jaracal dink ek 'n baie goeie toets op verskillende olies gedoen.
Vir loop skoonmaak gebruik ek al die jare nog Robla Solo Mil (Duitse produk).
Maak 'n verskil
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Skoonmaak en smering van handwapens

Post by Eduard Venter »

Ek maak al my gewere se lope skoon met Hoppes en 'n koper borseltjie. Al die res word skoongemaak met tandeborsel/lappies en Q20. Ek skiet nou wel nie lood nie, maar my ysters is skoon en skiet reguit. Ek is nou nie 'n 1000m skieter nie, maar hulle werk hard in die veld. Die glock probeer ek weekliks skoonmaak as daar baie stof is (loop uitgesluit)

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: Skoonmaak en smering van handwapens

Post by Jaco vdW »

Dankie vir die lekker gesels sover.

Ek stem saam met Ratel dat ek nie graag die pistool sonder enige smering sal wil skiet nie.

Sal die naweek weer bietjie tyd spandeer aan gewere skoonmaak.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Skoonmaak en smering van handwapens

Post by LUAN »

As jy moet n spuit olie gebruik probeer die een. Hy is en ruik meer olierig as Q20 of wd40 vir helfte die prys. Verdamp nie soos die ander wat jou goed laat roes nie.Image
User avatar
Piet375
Newbie
Newbie
Posts: 30
Joined: Sat Jul 27, 2019 8:02 pm

Re: Skoonmaak en smering van handwapens

Post by Piet375 »

Ek gebruik gun grease op die plekke wat saak maak.
Use enough gun.....
22 Krico
223 Stag arms
243 AI Howa
7x57 Mauser
303 BSA
308 Remington 700
300 Win mag Howa
375 Ruger m77 African
12g Berreta A400
9mm H&K p30
9mm Colt 1911 commander
40 S&W M&P
357 S&W
44 Ruger
User avatar
Askari
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Wed Sep 04, 2013 9:56 am

Re: Skoonmaak en smering van handwapens

Post by Askari »

Ek al vir baie jare 'n klein druppeltjie gewone ratkasolie op my pistole se sluitstuk spore en ook op my geweerslotte se kontak punte. Werk bitter goed vir my, my dit net nie oordoen nie.
Gooi lood!!!!
User avatar
Askari
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Wed Sep 04, 2013 9:56 am

Re: Skoonmaak en smering van handwapens

Post by Askari »

Ek gebruik al vir baie jare 'n klein druppeltjie gewone ratkasolie op my pistole se sluitstuk spore en ook op my geweerslotte se kontak punte. Werk bitter goed vir my, moet dit net nie oordoen nie.
Gooi lood!!!!
RyC
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Wed Jan 08, 2025 1:17 pm

Re: Skoonmaak en smering van handwapens

Post by RyC »

Hoppes 9 en/of Trisol vir skoonmaak. Ballistol olie en gun grease vir kontak punte.

Sent from my SM-G996B using Tapatalk

JF123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm

Re: Skoonmaak en smering van handwapens

Post by JF123 »

Ballistol vir alles.

Goedkoop as jy grootmaat koop. Ek het 5 jaar terug 500ml bottel gekoop en gebruik dit nog steeds. En daar is nog meer as die helfte oor.
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1534
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Skoonmaak en smering van handwapens

Post by Giepie »

Bietjie van onderwerp af, vir watter siektes het die manne Ballistol in die veld gebruik? Dit ruik vir my soos Jeagermeister.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
JF123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm

Re: Skoonmaak en smering van handwapens

Post by JF123 »

Skaafplekke, wonde, loopmaag, vasmaag, insekbyte, vrot voete en enige ander vel aandoening waaraan jy kan dink.
Dan ook gebruik op perde vir alles.
Post Reply