Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek sukkel al lank met my huidige kolf op die 300 wsm 30 duim loop.Kolf is baie lig en moet gewigte op kry vir recoil beheer.
Ek kan nie iets anders nou bekostig nie toe besluit ek om uit skrap iets te bou .
Die rou material was n klomp pistons en hydraulic pompe.
Hoop om hom nog die jaar klaar temaak.
Ek moet nou nog die ballast gewigte maak.
My uitdaging aan myself was om niks te koop nie en ek kort nou material vir die gewigte Hier staan n Johndeere trekker
wat nie met sy eie kop gewigte kan wegkom nie. Nou wonder ek of die cutoff blade wat op die grinder is n groot genoeg stuk sal afsny voor hy op is.
[quote="Capt. Yoda" post_id=907037 time=1735563283 user_id=5682]
DD wat dink jy van daai scope?
[/quote]
Om eerlik te wees kan ek nie baie oor die scope se nie behalwe dat hy in my begroting pas en nog nie met hom geskiet nie.Ek het wel al na diere op 1000m gekyk en beeld was goed ek het wel agtergekom dat my oë moeg word as ek lank fokus op een teiken.
As ek daai roer n naam moes gee sou dit Knorhaan wees. Hy blink soos n blinklyf het n paar spots op (gewigte) en die knor praat vir homself. Haan=koning van die werf.
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum