2de geweer opsie raad nodig

Post Reply
User avatar
avo
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 78
Joined: Wed May 03, 2017 3:52 pm

2de geweer opsie raad nodig

Post by avo »

More lede.

ek is opsoek na n tweede geweer vir myself asook klein man wat nou binne volgende jaar gaan reg wees vir iets groter as .22
Ek het reeds n 3006 so ewk kyk na iets soos 243 vir hom, maar nou het ek 6.5 x 55 sweedse mauser raakgeloop wat my laat begin wonder.
met regte knaldemper behoort sy recoil hanteerbaar vir kind te wees..?
6.5 x55 Gee my meer opsies vir jag - groter wild -swaarder punte laai. en klein man gaan ook nie altyd klein bly nie.

Stick ek by tried en tested resep maw die 243 of gaan ek vir die bietjie meer geweer in 6.5 swede?
of moet ek na iets helemal anders kyk??
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 2de geweer opsie raad nodig

Post by Capt. Yoda »

Eks uit en uit n 6mm man maar die x55 gaan jou bq meer opsies gee
Doppe op die x55 is net van tydy tot tyd baie skaars soos dit die laaste ruk was
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1343
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: 2de geweer opsie raad nodig

Post by Toxxyc »

6.5CM? Ek weet van al die grappies maar maggies dis 'n lekker ding, en hy is nou populer so goeters is orals vir hom beskikbaar.
User avatar
avo
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 78
Joined: Wed May 03, 2017 3:52 pm

Re: 2de geweer opsie raad nodig

Post by avo »

ek wil juis nie CM nie. Ek verstaan sy voordele maar my hare is te min om n manbun te kan groei.
ek is nie baie vertroud met x55 nie is hier iemand wat met hom jag?
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 2de geweer opsie raad nodig

Post by Capt. Yoda »

avo wrote: Mon Jan 20, 2025 10:04 am ek wil juis nie CM nie. Ek verstaan sy voordele maar my hare is te min om n manbun te kan groei.
ek is nie baie vertroud met x55 nie is hier iemand wat met hom jag?
Jip, dodelik op enige iets wat jou nie gaan stoot of byt nie.
95gr koels tot 150gr +
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
saswart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm

Re: 2de geweer opsie raad nodig

Post by saswart »

Hi Avo, ek het nie rerig 'n x55 nie, wel 'n 6.5x57. Die verskil is 'n 2mm langer dop, maar ek laai x55 ladings. @frederik het een.

Ek dink as jy gaan oplees oor die Sweed sal jy net goeie goed lees. Dit is 'n bitter lekker roer en jy sal amper enigiets met die geweer kan jag. Met 'n knaldemper, sal dit ideal wees vir 'n kind - as dit nie reeds is sonder een nie... Jy het ook 'n groter keuse mbt gewig van koels vir die 6.5 teenoor die 243. Alles wat die 243 kan doen, sal die Sweed kan doen en meer.

Ja 'n 243 sal seker minder recoil he, en jou kind sal kan jag met hom, maar die 6.5 gaan net soveel meer opsies gee. Maar as jy jou kind meer gaan laat varmint tipe jag doen, baie skyfskiet en dalk nou en dan iets tot soos 'n rooibok grote (mits dit toelaatbaar is in provinsie en plaas) sal die 243 dalk beter wees.
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 988
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm

Re: 2de geweer opsie raad nodig

Post by Toyrsi »

Weet rerig nie wat is fout met n 6.5 Creedmoor nie(manbun of nie) Kan al die grein punte skiet wat n 6.5x55 sweed kan skiet met minder kruit. Kry orals gelaai ammunisie te koop en alle komponente is maklik beskikbaar.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1343
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: 2de geweer opsie raad nodig

Post by Toxxyc »

avo wrote: Mon Jan 20, 2025 10:04 am ek wil juis nie CM nie. Ek verstaan sy voordele maar my hare is te min om n manbun te kan groei.
Jy koop nou nie juis met jou brein as dit jou argument is nie, maar ek verstaan gewere is mos hartsgoeters. ;D
User avatar
avo
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 78
Joined: Wed May 03, 2017 3:52 pm

Re: 2de geweer opsie raad nodig

Post by avo »

Geen argument, 6.5 needmore is great in sy eie manier, maar dus nie vir my nie. gelukkig hou almal van verskillende goed.

ek kyk slegs na die x55 omrede ek 1 kan kry vir baie goeie prys anders was geen 6.5 op my radar nie.
maar dit het my nou laat begin dink, en maak soos bo genoem n paar opsies oop.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: 2de geweer opsie raad nodig

Post by Frederik »

Ek het al van steenbok tot Eland koei met ons 6.5 x 55 gejag meestal lyfskote en met Rudi se 140gr Spoor bullet gaan jy baie ver kan kom teen 2600fps of vinniger. My seun het geleer jag met die 6.5 x 55 vanaf ons hom gekry het toe hy 9 jaar oud was met knaldemper.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2133
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: 2de geweer opsie raad nodig

Post by Ds J »

avo wrote: Mon Jan 20, 2025 8:40 am More lede,

ek is opsoek na n tweede geweer vir myself asook klein man wat nou binne volgende jaar gaan reg wees vir iets groter as .22. Ek het reeds n 3006 so ek kyk na iets soos 243 vir hom, maar nou het ek 6.5 x 55 sweedse mauser raakgeloop wat my laat begin wonder.
Die maklikste is om jou seun saam te vat en hom as riglyn te gebruik. Sommige seuns skiet op ses jaar al met 'n 223 of selfs 'n groter roer, en ander sukkel om op 11 'n 223 te skiet. Vra 'n paar skietmaats of hy met hulle roere kan skiet, en laat dit julle lei.

223 is altyd 'n goeie keuse want dit is n gewilde kaliber en goedkoop om te skiet. Die swaarder kalibers gee beter verskeidenheid maar dit help nie dat jou seun nie kans sien nie.
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: 2de geweer opsie raad nodig

Post by Armand Steenkamp »

Ek het heel paar verskillende kalibers. Ekt n 243 en n 6.5x55AI. Ek sou eerder die 243 vat. Verskaf my meer plisier.
Lapua
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 481
Joined: Wed May 03, 2017 7:26 am

Re: 2de geweer opsie raad nodig

Post by Lapua »

My laaitie het sy eerste bok met my neef se 243 geskiet toe hy 8 was want ek self het nie n jag geweer gehad wat die man gemaklik sou geskiet het nie. Na lang kop krap het ek toe besluit om vir hom n 6.5x55 te kry en met die roer skiet hy laat dit bars. Hy word binnekort 15 en ek is nognie n dag spuit oor die besluit nie. Volg jou hart en koop die 6.5 en sit n knaldemper op.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 2de geweer opsie raad nodig

Post by Capt. Yoda »

Jy kan daai x55 basies net soos n 243 laai as jy wil, obviously het die 100gr klas 6.5 koels nie die BC van die 105/108gr 6mms nie maar klink nie of jy n comp of ver skiet geweer soek nie. Met n ordentlik KD kan jy n 120gr koel rustig teen 2800fps skiet en jou laaitie sal dit geniet. Soos hy groter raak en groter bokke skiet kan jy n premuim 140gr skiet en alles wat jy aan kan dink plat maak. Ek glo nie hy gaan somer nou n Eland aan vat met die geweer nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
ThinusS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 316
Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am

Re: 2de geweer opsie raad nodig

Post by ThinusS »

avo wrote: Mon Jan 20, 2025 10:04 am ek wil juis nie CM nie. Ek verstaan sy voordele maar my hare is te min om n manbun te kan groei.
ek is nie baie vertroud met x55 nie is hier iemand wat met hom jag?
Ek het 'n 6.5x55 se loop opgeskiet in die jagveld, daarna het ek dieselfde met 'n 6.5 Creedmoor gedoen. Ek kon geen verskil in verrigting op wild in die jagveld sien nie. Ek is tans op my 2de 6.5 Creedmoor.

Beide die 6.5's is beter jag kalibers as die .243 win, tensy jy 'n beroeps jakkalsjagter is, dan is een van die 6mm's vir seker 'n beter keuse.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2940
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: 2de geweer opsie raad nodig

Post by Lategan1 »

Ek gebruik beide.

Die 6.5x55 Sweed is in eie reg verseker ‘n fantastiese veelsydige jagkaliber, veral as ‘n enkelgeweer opsie of as paar met ‘n .375.

As kombinasie paar gewere, kom min by ‘n .243/30.06. Veral belangrik as jy nie toegewyde jagstatus het of herlaai nie. Jy skiet alles tot voor die aankomende diere. Jou seun kan volgens sy beursie vir baie lank daarmee jag. Hy kan dit self aanvul met ‘n swaarder kaliber of hy erf joune. Die .243 is net ‘n lekker geweer om te skiet.

Indien jy herlaai, kan een van die moderne 6mm kalibers ‘n goeie keuse wees en nuwe opsies oopmaak. Bv. 6CM met vinnige loop, dan skiet jy met die 103/105/108gr soos Cappie hier noem. Jy kan daarmee baie gat skop.

o.a. en daar is baie ander redes met baie persoonlike perspektiewe. Indien jou voorkeur jagomgewing bosveld is, sal ek nie eens 2-keer dink nie, koop daai amper gratis 6.5.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1111
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: 2de geweer opsie raad nodig

Post by J le Roux »

My 10c

Die 6.5 Sweed herlaai maklik, die kanse is goed dat jy kansukkel met die 243W.
en
die 6.5 Sweed is soos 'n Hilux, die 6.5 Creed 'n Tesla.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: 2de geweer opsie raad nodig

Post by Hercules Louw »

Saam met die 30-06 sal ek ook eerder vir n kleiner kaliber gaan, 223, 22-250 of 243. Al hierdie kalibers kom deesdae met stywer groefdraaie vir die swaarder en hoër bc koeëls. En hulle is net lekker om mee te skiet.
'n Ou Mauser hou altyd 'n groot risiko van swak groepering in. Die snellers is kruppel en die montering van n teleskoop is n uitdaging. Die Mauser aksies was nie bedoel vir teleskope nie en daar is nogal groot variasies in die afmetings wat maak dat dit moeilik is om die basisse presies gelyk te kry. Dis waarom mens die Lynx en ander bonkige ringe kry met inserts om ongelykhede te kan oorkom. Die kans is goed dat die ou Mauser geweer jou kan laat sukkel lank nadat jy die goeie prys vergeet het.
User avatar
avo
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 78
Joined: Wed May 03, 2017 3:52 pm

Re: 2de geweer opsie raad nodig

Post by avo »

Dankie aan almal se insette en voorstelle, ek sal na die swede gaan loer en dan besluit
Post Reply