Gister was die eerste .22 veldskiet in die geskiedenis van Jaggeweer aangebied deur Eden Jaggeweer net buite Plettenbergbaai.
Die dag was 'n reuse sukses wat ou en jonk geniet het. Dit was 'n dubbel rondte met 6 bane elk. Tipies veldskiet formaat. Elke rondte het bestaan uit 3 gong bane en 3 papier bane.
Gonge se afstande was van 20m tot 145m die vêrste gong. Papiere was 50m tot 120m. Alles bekende afstande.
Ek dink dis 'n uitstekende geleentheid vir nuwe lede om deel te raak aan die sport teen 'n fraksie van die kostes van groot gewere. Enige iemand wat dit oorweeg kan gerus gaan kyk op Jaggeweer se kalender waar die naaste skiet aan jou is. In April sal daar proewe wees waar die top 12 gekies gaan word vir die nasionale span. Daar gaan aansoek gedoen word dan vir Protea klere waar daar later die jaar geskiet gaan word teen Namibië. Aangesien daar nie 'n ranglys vir laas jaar is nie, is die enigste vereistes om deel te neem aan die proewe dat hy tenminste een .22 skiet bywoon voor die proewe en 'n opbetaalde lid is.
Gaan loer gerus op Eden Jaggeweerskiet se Facebook blad waar ons deur die week paar foto's en videos gaan plaas van die dag.
SA Jaggeweer .22 Kompetisie
-
Martiens Bekker
- Full Member

- Posts: 198
- Joined: Wed Aug 10, 2022 4:37 pm
-
HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Re: SA Jaggeweer .22 Kompitisie
Thanx vir die terugvoer!
Is daar 'n kans dat iemand 'n paar foto's kan opsit van hierdie - of soortgelyke geleenthede? Ek sal baie graag die manne se gewere en toerusting wil sien...
Groetnis!
Is daar 'n kans dat iemand 'n paar foto's kan opsit van hierdie - of soortgelyke geleenthede? Ek sal baie graag die manne se gewere en toerusting wil sien...
Groetnis!
-
Martiens Bekker
- Full Member

- Posts: 198
- Joined: Wed Aug 10, 2022 4:37 pm
Re: SA Jaggeweer .22 Kompitisie
Ek sal foto's plaas so teen môre of Dinsdag wanneer ek weer voor 'n rekenaar is.HeinM wrote: Sun Jan 26, 2025 2:00 pm Thanx vir die terugvoer!
Is daar 'n kans dat iemand 'n paar foto's kan opsit van hierdie - of soortgelyke geleenthede? Ek sal baie graag die manne se gewere en toerusting wil sien...
Groetnis!
Van die gewere onder die top tien was onder andere CZ 457 LRP's, Tikka T1x, CZ 455 en 'n FX Impact MK3 pcp.
