In die voorafgaande verse 18 en 19 wys Jesus weereens daarop:
Johannes 21:18 - 19 ~ Afr. 2020 -
18 Amen, amen, Ek sê vir jou: Toe jy jonger was, het jy self jou gordel vasgemaak en gegaan waar jy wou; maar wanneer jy oud word, sal jy jou hande uitsteek, en iemand anders sal jou gordel vasmaak en jou bring waar jy nie wil wees nie.”
19 Hy het dit gesê om aan te dui deur watter soort dood Petrus God sou verheerlik. En nadat Hy dit gesê het, sê Hy vir Petrus: “Volg My!”
Johannes 21:20 - 23 ~ Afr. 2020 -
Jesus en die geliefde dissipel
20 Toe Petrus omdraai, sien hy dat die dissipel vir wie Jesus liefgehad het, hulle volg, die een wat ook tydens die maaltyd teen sy bors aangeleun en gevra het: “Here, wie is dit wat U gaan verraai?”
21 Toe Petrus hom sien, vra hy vir Jesus: “Here, maar wat van hom?”
22 Jesus sê vir hom: “As Ek wil hê dat hy bly totdat Ek kom, wat het dit met jou te doen? Volg jy My!”
23 Die gerug het toe onder die broers versprei dat daardie dissipel nie sou sterf nie. Jesus het egter nie vir hom gesê dat hy nie sou sterf nie, maar: “As Ek wil hê hy moet bly totdat Ek kom, wat het dit met jou te doen?”

