270 word 100

Post Reply
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

270 word 100

Post by Supacow »

Deel bietjie jul staalkies van hoe sleg die meat mincer is. Goed vir niks. Die meer ingeligtes kan op hul beurt sy lof besing en suksesverhale deel. Ek voel steeds die is die ou bul waarteen die nuwes gemeet word. Long live the King!
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 270 word 100

Post by Capt. Yoda »

Ek se vanogend vir Tau elke Nam boer moet n .270 he om rondloper brakke me te skiet
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: 270 word 100

Post by alecjohnson »

Ek het maar min ervaring meet 'n 270, maar kan se ek het goed geleer met 'n 270. Ek het deur die dag die lodge se 270 gaan instel en seker maak dit skiet reg, het mooi in die kol geskiet. toe die aand gaan ons uit om 'n pla jakkels te kry, en ek skiet toe teen die grond voor hom vas dat hy eers tol en spring, maar hy is nie getref, ek het gesien die skoot val onder die jak, en wou opvolg om hom te tref, maar is gekeer(ek wil net mors is daar gese) maar het mos geweet ek het mis geskiet. en vir lank het dit my gepla, toe leer ek dat 'n geweer skiet laer as die temperatuur laer is, ingestel in 30+ grade en gaan skiet toe in die aand in ysige koue, goeie les. ek moes maar die gespotery van mis skiet dra. later het ek bitjie naam herstel toe ek met die roer vroeg oggend 'n kudu vir die kombuis gaan haal het met 'n mooi brein skoot.

Ek het nog 'n geval van mis skiet toe ek na kolgaans met 243 skiet en mis, wat ek kopskoot wou gee oor ek met v-max skiet maar geweet loop is aan die groet; volgende kolgaans is met 'n 87gr vmax @3100fps op die rug getref en lood is deur die bors of verstaan ek nou die mincer storie verkeerd? :laugh: )
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1534
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: 270 word 100

Post by Giepie »

Ek het gesien hoe 'n kormorant "ontplof" toe ek dit met 130gr Balistic tip getref het. Die boer het gevra ek moet dit skiet want dit vreet sy koi's op. So op 200m geskiet, letterlik net vere en die snawel gekry.

Ander keer 'n blesbok op 420m met die 270 geskiet met 130gr Nosler AB. Ons kon die bokke net nie nader kry nie. Ek het bo die bok gemik, met die skoot val die bok, maar probeer weer opstaan. Ek al twee voorpote net onder die bors deur afgeskiet. Enigste bok wat ek nog 'n kopskoot gegee het, op 1m. Gelukkig al heelwat ander bokke ook al met die 270W huis toe gebring.

Met die 270 die verskil tussen loodkern en monolities gesien. Eers veral met Nosler Accubonds geskiet, toe oorgegaan na Hornady GMX, almal 130gr teen ongeveer dieselfde spoed. Die monolities se vleisskade was duidelik minder. Die Hornady InterBond was baie dieselfde as die AccuBond, nie op die GMX se standaard nie.

Al paar keer oorweeg om die 270W te verkoop, Musgrave met Vektor aksie, maar nadat ek weer daarmee geskiet het, besluit om dit te hou. Die loop is op geleende bene, al 'n slag 3mm korter gesny en oor gekamer en skiet weer gereeld so 0,75 moa, waarmee ek tevrede is. Hierdie 100 jaar oue ontwerp het nog baie jare vir ander om te probeer opvang, veral as die nuwe loop 'n 9" twist het.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 270 word 100

Post by tripodmvr »

Moet ek nou die 7x64 noem - Duitsland se 270 wat reeds in 1917 beskikbaar was.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
finch
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 450
Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm

Re: 270 word 100

Post by finch »

So paar jaar gelede het my g@t gejeuk (of ek het gedink ek gaan minder gespot word) toe ruil ek my 270 in vir n 6.5CM. Kom ons se maar net, die 270 gaan vir nog n hele tydjie die kaliber in my huis wees wat die meeste bokke geskiet het. Ek het ook leer herlaai met die 270 wat nog onvergeetlike ervaring was. Ander lesse wat ek geleer het, 1) moet nie probeer om jou 270 n groter of kleiner kaliber maak deur die swaarder of ligter punte te probeer skiet nie. Die std 270 is gemaak vir n 130gn koeel. 2) Soos giepie genoem het mono's werk baie goed om vleis skade te verminder en teen 2900+fps maak hulle gewoonlik mooi oop en maak dus meer as genoeg skade om die bok te dood (mits die skoot goed is).

So klomp goeie herinneringe van my 270 en net een slegte herinnering dat sy nie meer in my kluis staan nie.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: 270 word 100

Post by Frederik »

tripodmvr wrote: Tue Feb 04, 2025 9:17 pm Moet ek nou die 7x64 noem - Duitsland se 270 wat reeds in 1917 beskikbaar was.
Die 375 H&H nog ouer ook.

Met my beitjie 270 Win ondervinding toe ek een gehad het dit was 'n lekker kaliber almal se hy mors vleis maar dit is maar net sy spoed en koeel wat jy gebruik. Dit gebeur met enige ander roer wat ook so vinnig skiet.
Ek het myne verloor agv van finansies en hom laat gaan maar die rukkie wat ek die 270 win gehad het ek lekker gespeel en gejag met 140gr SST's
100_1908.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2149
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: 270 word 100

Post by Koos Barnard »

Iets oor die .270 Win
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2149
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: 270 word 100

Post by Koos Barnard »

Laaste bladsye
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1534
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: 270 word 100

Post by Giepie »

Dankie Koos. Van die beperkings op swaarder koeëls, is dit veral die 1-10" twist. In Amerika maak hulle al 270 lope met 1-8". Wanneer my 270 se keel te ver gebrand is, wil ek 'n 1-9" loop van Eagle Barrels laat opsit. Dit sal nuwe lewe in hierdie ou man blaas. Dit is veral met die monolities wat dit bietjie lank raak.

Ek mis my ander en selfs ouer ontwerp, 375H&H. Ek wou my wapens afbring na net die nodigste, so die 375 is verkoop, met die idee om al die 303's en 270 ook te laat gaan, maar die 270 staan nog stewig in die kluis, saam met 'n 30-06, wat bedoel was om die "enigste" geweer te wees.

Lyk my ek hou maar by die ou kalibers, 22lr, 270Win, 30-06, 303Brit en 375H&H. Hulle doen meer as hulle kant, die probleem lê gewoonlik so 6" agter die teleskoop.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2940
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: 270 word 100

Post by Lategan1 »

Ek is danig oor die .270 Win. Leer jag met een tesame met 30.06. Almal wat sedertdien my jagpad gekruis het met ‘n 270, mal oor hulle sin en normaalweg goeie jagters.

Toe ek my eerste jaggeweer self koop, het ek op die .308 besluit vs die 270. Dit nou in jare middel tagtig’s. Die 308 kon swaarder patrone 165-180 hanteer. Dieët v d 270 was grootliks beperk tot 130 en 150gr algemeen beskikbaar.

Ek besit vandag nog nie een nie. As ‘n veelsydige nuwe 270 geweer met al die opsies vandag beskikbaar, kan ek aan geen werklike rede dink hoekom ek nie vandag dit my eerstekeuse jagwapen sal maak nie. Die Kalahari-manne het dalk gelag vir ‘n .308 boog, maar nooit vir ‘n .270 Win platgoeier nie. Wanneer ‘n galmende ,270 skoot klap, weet jy myle vêr daar klap so en so se 270!

@Koos, jou destydse skrywe bly elke jaar waar.

Beste.
Last edited by Lategan1 on Thu Feb 06, 2025 1:18 pm, edited 1 time in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 270 word 100

Post by Arnold »

Ek hoor Berger beplan n 150gr koeël met n G7 BC van omtrent 0.3

Dan gaan Lapua ook 270 Sabi doppe begin maak ... dit is mos 6.8x51 (277 Fury)

Sent from my SM-A528B using Tapatalk


User avatar
heywillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1182
Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm

Re: 270 word 100

Post by heywillie »

Frederik wrote: Wed Feb 05, 2025 8:56 am
tripodmvr wrote: Tue Feb 04, 2025 9:17 pm Moet ek nou die 7x64 noem - Duitsland se 270 wat reeds in 1917 beskikbaar was.
Die 375 H&H nog ouer ook.
6.5x55 (1893) en 30-06 (1906) nog ouer as 375H&H (1912)
Moenie die .22LR (1884) vergeet nie
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 270 word 100

Post by tripodmvr »

Dit gaan nie oor die ouderdom van ander kalibers nie, maar die feit dat Brenneke reeds in 1917 'n 7mm ontwerp het wat ballisties die 270 se eweknie is met 130gr koeëls.

Die gespot met die 270 gaan al vir baie jare aan, maar ek gee toe dat dit 'n baie effektiewe jagkaliber is. Ek het nog altyd geglo dat vanaf 7mm die kalibers 'n ekstra effektiwiteit het as dit by die jag van groter diere kom. Die doodmaakvermoë is 'n sekerheid met goeie skootplasing.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2103
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: 270 word 100

Post by win270 »

Netso, gebruik regte tipe koeëls en tref op die regte plek, dan is daar nie 'n fiasko soos baie mense beweer wat die .270 aanbetref nie. Spoed hoef ook nie 3000+ voet per sekonde te wees nie.
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: 270 word 100

Post by Supacow »

Ek sien Backfire op die tjoep het n dik vergelyking gedoen van 5 rondtes wat beter is as die 270. Goeie beeldmateriaal
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1534
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: 270 word 100

Post by Giepie »

Ook gesien, maar gaan kyk die clip oor die jagters se top 10 kalibers teenoor syne, dan is die 270Win eerste as ek reg onthou. Hy kon dit nie glo nie.

6.5PRC is seker die een die naaste aan 270W, maar die ammo en doppe is baie duurder. Die ander is ook net beter as jy verder as 300m wil skiet.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: 270 word 100

Post by Armand Steenkamp »

Ek like die 270 kwaai. Ek het n RSA Vrystaat met 26duim loop. Ek het hom geackley en skiet nou n 150gr pit teen 2960fps na 3000fps toe. Nou kyk n Croodmoor kan maar los om naby te kom. Dit is nou my hoof jag geweer. Ek het heelwat bokke die jaar met hom geskiet en is baie tevrede met hoe hy perform het. As sy loop eendag moeg is kry hy n dukloop met n vinniger twist.

Groetnis
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1534
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: 270 word 100

Post by Giepie »

My Musgrave het 'n laaang keël. Die magasynkas het my maks 81mm toegelaat, maar dit is vergroot na 85mm. Ek laai nou op daardie lengte en kry nou baie mooi spoed, tot 3200v/s, gemaklik sonder druktekens. Dit maak ook dat ek groter speling het vir nodes.

Ook al gedink aan 'n ander loop, maar sal dit nog eers so hou, maar 'n nuwe loop sal ook 'n 9 of 9.5" twist hê.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Post Reply