Middag ouens. Ek wil vir my nog 'n 223 aanskaf vir bietjie baan skiet maar meestal ongedierte nag skiet. Ek het 'n paar Howas en is tevrede met hulle. My vraag is wat is julle opinie oor die Oryx MDT kolf? Ek ken die kolwe nie en wil nie net betaal vir iets se naam nie. Ek kan dieselfe Howa met tupperware kolf vir R10k goedkoper koop en ek weet ek gaan heel moonlik die kolf moet verstewig soos ek met my ander Howa moes doen.
Enige insette word waardeer.
Howa 223 varminter 24" oryx MDT chassis
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1868
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Howa 223 varminter 24" oryx MDT chassis
Maak 'n verskil
-
WernerG
- Newbie

- Posts: 5
- Joined: Wed Jan 31, 2024 10:01 pm
Re: Howa 223 varminter 24" oryx MDT chassis
Ek het 'n Howa 223 wat ek in n Aim chassis gesit het. Baie tevrede en dis n plaaslike produk.
My geweersmid het my aksie se bolt stop aangepas sodat die slot ver genoeg terug trek om uit die chassis se magasyn te voer. Dit sal ook nodig wees vir die Oryx chassis. Die standaard Howa plastiek kolf kom met n spacer in die magasyn wat maak dat die slot nie so ver terug hoef te gaan om patrone te voer nie. Dis iets wat ek nie besef het nodig is nie, sien gerus artikel hierso:
https://support.mdttac.com/hc/en-us/art ... ine-Intake
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
My geweersmid het my aksie se bolt stop aangepas sodat die slot ver genoeg terug trek om uit die chassis se magasyn te voer. Dit sal ook nodig wees vir die Oryx chassis. Die standaard Howa plastiek kolf kom met n spacer in die magasyn wat maak dat die slot nie so ver terug hoef te gaan om patrone te voer nie. Dis iets wat ek nie besef het nodig is nie, sien gerus artikel hierso:
https://support.mdttac.com/hc/en-us/art ... ine-Intake
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1868
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
- Grenslyn
- Sr. Member

- Posts: 366
- Joined: Wed Apr 08, 2015 9:25 am
Re: Howa 223 varminter 24" oryx MDT chassis
Jy kan gerus daai Aim Alpha chassis probeer. Baie goeie produk en breek nie die bank nie. Manne is in Pretoria.
Hein
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2940
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Howa 223 varminter 24" oryx MDT chassis
Ratel, binne die skakel is daar verder af ook ‘n youtube skakel wat dit pragtig illustreer. Baie maklik.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1868
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
-
Andre308
- Hero Member

- Posts: 902
- Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am
Re: Howa 223 varminter 24" oryx MDT chassis
Dag Ratel,
Ek weet nie of beide nog in SA beskikbaar is nie, maar Howa maak die 223 rem in beide die kort aksie en die mini aksie.
Maak net baie seker dat waneer jy n barreld action koop en n kolf by n ander plek dat die aksie lengtes wel oor een stem met mekaar. Die kort aksie en mini aksie pas nie op die selfde platforms nie.
Kyk ook by Habitat Africa (Kloppers in George se site). Hulle het altyd lekker combos met Howas in verskillende kolf opsies reeds beskikbaar.
Groete
Andre

Dankie Andre. Dis juis waar ek wil koop.
Maak 'n verskil
-
264 Win Mag
- Full Member

- Posts: 220
- Joined: Wed Jun 15, 2016 11:02 pm
Re: Howa 223 varminter 24" oryx MDT chassis
Ek het 'n Howa 223 stainless varmint in die Oryx chassis en ek is baie tevrede. Oryx is bietjie ligter as die AIM. Ek het 'n Howa 6.5 CM in die AIM en is baie tevrede maar die Oryx is so bietjie ligter en meer veelsydig as jy met die geweer wil jag ook