TELEURSTELLENDE ondervinding met Howa warranty (African Outdoor Sports)
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3067
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Enige iemand ondervinding met 'n warranty claim op Howa?
Ek is ook ‘n Howa eienaar maar mens moet ongelukkig een ding onthou.
As jy ‘n Howa koop koop jy basies een van die goedkoopste mees massa geproduseerde gewere op die mark.
Die kanse vir fabrieksfoute gaan altyd hoër wees as bv by ‘n Tikka(waarvan my vriend ook al ‘n ‘dud’ gekoop het)
Sent from my iPhone using Tapatalk

- snakker
- Hero Member

- Posts: 1380
- Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Re: Enige iemand ondervinding met 'n warranty claim op Howa?
Ok, hier is nou die teleurstellende standpunt wat African Outdoor Sports se bestuur geneem het na ek voorgestel het ons sny die dun thread af, recrown en rethread hom op M18x1 (local gunsmith quote R760 om die werk te doen):
"Dit is belangrik om te noem die wapen is deur geweersmid ontvang is as slegs ‘n loop en aksie – daar was geen kolf, teleskoop, ringe of basis saamgestuur nie.
Gevolglik kon hulle die wapen slegs inspekteer op grond van die komponente wat voorsien is wat ‘n Loop en Aksie was en moes hulle werk met die beperkte inligting en veranderlikes tot hulle beskikking.
Ek wil ook graag uitlig dat die waarborg van enige vuurwapen verval sodra eie herlaaide ladings daarmee geskiet word. Ten spyte hiervan staan ons steeds agter ons produk en het ons alle aanbevelings soos vervat was in die gunsmith report ten volle laat uitvoer ten einde jou tegemoet te kom om geensins van die kostes te dra nie.
Die loop is gelap, die kroon is hersny, en die kamer is gepoleer.
As gevolg daarvan dat slegs die loop en aksie aan ons verskaf is, en weens die vele ander faktore wat akkuraatheid kan beïnvloed, is ons ongelukkig nie in staat om jou verder te help in hierdie saak nie. Ons het alles gedoen wat moontlik is binne redelike perke.
Ek het ook bevestiging van geweersmid ontvang dat die sny van ‘n draad op die loop waarskynlik nie verbetering aan die akkuraatheid van die wapen sal bring nie."
Sent from my 23090RA98G using Tapatalk

My response hierop:
1) Ek het slegs die barreled action (soos ek hom by hulle gekoop het) vir hulle gestuur - ek wou nie my kolf, Scope en ander accessories na hulle toe stuur nie agv risiko dat dit beskadig of gesteel kan word. Dit is ook maklik om die vinger na enige van die komponente te wys as die rede vir swak presisie. As hulle hom wou toets kon hulle hom maklik 'n kolf en Scope (wat hulle vertrou) opgesit het.
2) Ek het 'n menigte komponente op my eie onkoste getoets voor ek die geweer uiteindelik vir hulle teruggestuur het (punte, kruit, primers, Scopes, kolwe en chassis). Ek besit +20 vuurwapens en weet hoe om lading ontwikkeling te doen...hier was definitief iets fout
3) Die klousule dat die waarborg verval sodra enige handgelaaide ammo geskiet is, is absoluut onaanvaarbaar en heeltemal irrelevant tot die kwessie hier: dis nie asof die geweer ontplof het of andersins gefaal het nie - hy wou nog nooit groepeer nie
4) Ons het reeds een forum lid (Alwin) bo as bewys dat die dun draad op die loop 'n probleem kan wees. My geweersmid sê ook dis heel waarskynlik die probleem. Voor die korrektiewe werk deur hulle geweersmid gedoen is, het ek voorgestel om die dun draad af te sny (loop halfduim korter), dan te recrown en te rethread op M18x1 draad (terwyl ons nou die kroon moet oor sny). Maar hy het gesê hy het slegs instruksie by AOS om kroon oor te sny. Wat gaan hulle nou sê as ek die dun draad afsny en dit die probleem oplos? Nog steeds nie hul verantwoordelikheid nie??
As AOS so gaan operate is ek definitief klaar met Howa

Last edited by snakker on Wed Apr 30, 2025 6:18 pm, edited 2 times in total.
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1868
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Enige iemand ondervinding met 'n warranty claim op Howa?
Wel dis teleurstellend. Ek het twee Howas wat vir my baie akkuraat skiet en het n derde Howa gekoop. Kom ons hou duim vas. Maar smaak my na jou ondervinding betaal ek eerder daai ekstra vir n Tikka. Word of mouth is n blixem. As ek AOS was gee ek jou n nuwe roer. Dis nie moeilik om te verstaan dat dit belangrik is om jou klient tevrede te hou nie. Miskien mis ek iets. (Pun intended)
Maak 'n verskil
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2940
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Enige iemand ondervinding met 'n warranty claim op Howa?
Snakker, ai dit is sleg. ‘n .223 is baie sensitief oor die kwaliteit van sy binnekamer. Ek het mooi gelees wat hulle gedoen het - o.a. kamer mooi gesny.
Prohunter het genoem van die konsentrisiteit van die kamer inlyn TOT DIE LOOP. Nêrens lees ek dat jy, of jou geweersmid of hulle geweersmid wel iets daaroor sê nie. Hoe seker is jy dat dit wel nie ‘n probleem is nie?
Sterkte, ‘n varminter .223 moet superakkuraat wees.
Beste.
[geweersmid!]

Last edited by Lategan1 on Thu May 01, 2025 5:16 pm, edited 1 time in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- snakker
- Hero Member

- Posts: 1380
- Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Re: Enige iemand ondervinding met 'n warranty claim op Howa?
Hi Lategan. Ek kan nie kommentaar lewer oor chamber-to-bore concentricity nie, dink nie iemand het al daarna spesifiek gekyk nie - ek sal my geweersmid daaroor vra. Dankie
Ja man, die ergste is ek het 'n Browning 223 verkoop om 'n super-akkurate dikloop Howa aan te skaf. En kyk nou wat gebeur.
En daai Browning het nie eens sleg geskiet nie, nuwe eienaar baie gelukkig.

- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3527
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: TELEURSTELLENDE ondervinding met Howa warranty (African Outdoor Sports)
Jis dit is sleg. Ek moet se ek hoor die laaste tyd van al hoe meer Howas wat nie wil skiet nie. Ek het self n 22-250 dunloop gehad wat ook van die fabriek af gekom het met hulle duime maat draad wat nie wou skiet nie. Ek het die roer laat ackley voor ek met hom geskiet het so ek het nie n waarborg meer gehad nie.
My 243 howa wou weer nie doppe extract nie en AOS het hom vir my na Gerrie Coedzee toe gestuur en hy is nou een van my heel lekkerste roere.
Ek het ook op n kol n Savage VLP 300WSM gehad wat noe wou skiet nie. Klomp rondte en twee keer se koerier koste op my bors gevat na die winkel waar ek hom gekoop het die roer terug gevat en vir my krediet gege het.
Maak nie saak watterkand toe man gaan nie dit bly maar n beslommernis as n nuwe roer nie wil skiet nie.
Die minste moeite en minste bakleiery is maar om die skoot op die ken te vat en n custom pyp op te sit.
Baie sterkte. Nuwe roere wat nie wil skiet nie het my voor my tyd grys gemaak.
Groetnis

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13507
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: TELEURSTELLENDE ondervinding met Howa warranty (African Outdoor Sports)
Se vir hulle jy soek n lekker 28” HV Krieger en gaan ma deur die proses, op die einde van die dag gaan jy gelukkig wees
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- snakker
- Hero Member

- Posts: 1380
- Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Re: TELEURSTELLENDE ondervinding met Howa warranty (African Outdoor Sports)
Dankie Armand en Yoda. Ek hoor julle. Ek voel om op die stadium vir hulle voor te stel dat ek daai dun draad afsny, recrown en rethread en dan kyk of groepe beter lyk. Ek dit werk verwag ek dat hulle my sal refund vir die werk (R760). Indien nie lyk dit ek sal maar self loop vervanging moet befondsArmand Steenkamp wrote:Jis dit is sleg. Ek moet se ek hoor die laaste tyd van al hoe meer Howas wat nie wil skiet nie. Ek het self n 22-250 dunloop gehad wat ook van die fabriek af gekom het met hulle duime maat draad wat nie wou skiet nie. Ek het die roer laat ackley voor ek met hom geskiet het so ek het nie n waarborg meer gehad nie.
My 243 howa wou weer nie doppe extract nie en AOS het hom vir my na Gerrie Coedzee toe gestuur en hy is nou een van my heel lekkerste roere.
Ek het ook op n kol n Savage VLP 300WSM gehad wat noe wou skiet nie. Klomp rondte en twee keer se koerier koste op my bors gevat na die winkel waar ek hom gekoop het die roer terug gevat en vir my krediet gege het.
Maak nie saak watterkand toe man gaan nie dit bly maar n beslommernis as n nuwe roer nie wil skiet nie.
Die minste moeite en minste bakleiery is maar om die skoot op die ken te vat en n custom pyp op te sit.
Baie sterkte. Nuwe roere wat nie wil skiet nie het my voor my tyd grys gemaak.
Groetnis
In ieder geval kom AOS lig daarvan af
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13507
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: TELEURSTELLENDE ondervinding met Howa warranty (African Outdoor Sports)
Nee nee en sal vir hulle se ek soek n nuwe loop van hulle rak af
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1870
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: TELEURSTELLENDE ondervinding met Howa warranty (African Outdoor Sports)
Ek is besig met my tweede probleem Howa.
Die geweer is 'n 308 Varmint met 26" loop. Hy is gekoop as "barreled action". Voor is daar 'n 5/8" 24 TPI skroefdraad met beskermer.
Voor ek enigiets monteer, kyk ek toe eers deur die loop met die Teslong bore scope. (Dit was seker een van my beste beleggings.)
Die loop het baie koper aanpaksel gewys, net waar die groewe begin vir omtrent 30mm. Dis nou van die fabrieks-proefskote.
Ek het maar my botteltjie M98 uitgehaal en al die koper verwyder. Met die koper uit sien ek dat die hoeke van die "lande" erge growwe merke op het in die area. Al 4 groewe se merke is ewe diep. Daar is ook 'n paar dwars merke waar die ruimer se "pilot" die lande gekrap het, maar dit pla my min.
Ek het toe 'n video en skermskote geneem van die beskadigde area en vir my handelaar gestuur. Na 2 weke se navrae by die agente het hy toe darem 'n antwoord gekry. Die wapensmid (vermoedelik Orpen wapens in Kroondal) stem saam met my dat dit nie reg is nie. Die loop-met-aksie is nou op pad terug na AOS toe. Sal sien wat hulle gaan doen. Waarskynlik gaan hulle hom probeer poleer, om kostes te beperk. Hulle kwoteer my 6 - 8 weke vir die werk. As dit werk en die geweer skiet soos hy moet, sal ek tevrede wees. Anders begin ons van voor af.
Sal rapporteer sodra iets gebeur.
Dis werklik jammer dat Howa hulle reputasie vir kwaliteit en akkuraatheid, wat hulle oor jare opgebou het, nou in gevaar stel met sulke swak kwaliteitsbeheer. Die SA mark is maar klein, maar dink 'n bietjie wat gaan gebeur as die Amerikaners hierdie tendens begin raaksien...

Die “probleem” is baie min Amerikaners hou die Howa loop op. Die aksies veral die klein mini asksies is ongelooflik gewild tans maar hulle gaan nie noodwendig die probleme beleef nie want hulle sit dadelik n nuwe loop op so Howa is non the wiser en stoot ma net barrel/actions uit om die mark te voorsien
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- snakker
- Hero Member

- Posts: 1380
- Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Re: TELEURSTELLENDE ondervinding met Howa warranty (African Outdoor Sports)
Ek het toe die factory thread laat afsny en weer M18x1 laat thread. Kan nie sê dat dit regtig beter lyk nie, lyk of ek ander loop gaan moet opsit. Maar AOS staan mos nou uit die water uit so ek is op my eie. Laaste Howa wat ek koop of aanbeveel.... Voortaan net Tikka of Sako vir my
Sent from my 23090RA98G using Tapatalk
Sent from my 23090RA98G using Tapatalk
- Cobus Wessels
- Full Member

- Posts: 245
- Joined: Sat Nov 26, 2022 2:41 am
Re: TELEURSTELLENDE ondervinding met Howa warranty (African Outdoor Sports)
Dit is werklik sleg. Ek koop by voorkeur maar Tikka want my lont is maar kort en geduld vir sulke rondneukery het ek nie. Probleem is dat ek 'n Howa dikloop in 243 gekoop het. Ek sukkel toe bietjie en koop toe 'n GRS kolf vir hom. Dinge toe nog nie wat ek verwag nie (my 416 Rem groepeer beter as hy). Ek het vir 'n jaar hom nou opsy gesit en gedink ek moet net harder werk aan lading ontwikkeling. Heel moontlik is die fout steeds by my maar nou gaan daar altyd daai vertwyfeling in my kop wees.
Sent from my SM-S938B using Tapatalk
Sent from my SM-S938B using Tapatalk
- snakker
- Hero Member

- Posts: 1380
- Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Re: TELEURSTELLENDE ondervinding met Howa warranty (African Outdoor Sports)
Ek dink nie fout is by jou nie. 'n geweer wat wil skiet skiet enige lading redelik goed, het ek al gesien
Sent from my 23090RA98G using Tapatalk
Sent from my 23090RA98G using Tapatalk
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2940
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: TELEURSTELLENDE ondervinding met Howa warranty (African Outdoor Sports)
Cobus, voor jy die bank breek, wat is die loop groefdraai en watter grein koeël?Cobus Wessels wrote: Sun May 25, 2025 7:03 pm Dit is werklik sleg. Ek koop by voorkeur maar Tikka want my lont is maar kort en geduld vir sulke rondneukery het ek nie. Probleem is dat ek 'n Howa dikloop in 243 gekoop het. Ek sukkel toe bietjie en koop toe 'n GRS kolf vir hom. Dinge toe nog nie wat ek verwag nie (my 416 Rem groepeer beter as hy). Ek het vir 'n jaar hom nou opsy gesit en gedink ek moet net harder werk aan lading ontwikkeling. Heel moontlik is die fout steeds by my maar nou gaan daar altyd daai vertwyfeling in my kop wees.
Sent from my SM-S938B using Tapatalk
My volgende geweer in beplanning was ‘n [] .223 1:8 Howa vir swaarder koeëls. Na al hierdie verhale hou ek eers terug. Sukkel met ‘n geweer kos bitter baie geld.
Beste.
Last edited by Lategan1 on Sun May 25, 2025 9:42 pm, edited 1 time in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Cobus Wessels
- Full Member

- Posts: 245
- Joined: Sat Nov 26, 2022 2:41 am
Re: TELEURSTELLENDE ondervinding met Howa warranty (African Outdoor Sports)
Loopdraai gaan ek moet meet, maar watookal hulle standaard is. Ek het met 100gr koeëls gewerk. Gedink dit is redelik standaard. Selfs by Stewardt laat bonded koeëls maak. Ek gaan hierdie ding laat werk - anders gaan ek iets breek .
Sent from my SM-S938B using Tapatalk
Sent from my SM-S938B using Tapatalk
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13507
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: TELEURSTELLENDE ondervinding met Howa warranty (African Outdoor Sports)
Howa 243 is 10 twist
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2940
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: TELEURSTELLENDE ondervinding met Howa warranty (African Outdoor Sports)
@Cobus, ons het die .243 1:10 met 100gr koeëls en die stabilisering en vermoë om gemiddeld/bo-gemiddeld akkuraat te kan skiet, in detail al hier deurgetrap, met die redes. Ek het dit nou nie byderhand nie, soek dit self raak asb.
Kortom.
Jy gaan NOOIT weet of jou 1:10 dikloop .243 wel superakkuraat gaan of kan skiet alvorens jy nie ligter grein probeer het nie.
Sekere 100gr platbasisse werk, dit kos soek en toets.
Die maklikste en goedkoopste roete, nadat jy feitlik weet jou geweer se binnewerke is wel in orde en op standaard, laai en skiet 85-90gr koeëls. Maklikste is seker 87gr V-Max wat ‘n baie akkurate koeël is. Dit is wel nie ‘n klassieke jagkoeël nie, maar akkuraat en sal gou gou bevestig of jou geweer wel ook ‘n probleem het in die binnewerke. Die 95gr Nosler Balistiek Tip kan ook werk, die 87gr het net vinniger toegemaak in my geweer.
Dit is wat ek sou doen. Ja ek is hierdeur.
Beste.
Kortom.
Jy gaan NOOIT weet of jou 1:10 dikloop .243 wel superakkuraat gaan of kan skiet alvorens jy nie ligter grein probeer het nie.
Sekere 100gr platbasisse werk, dit kos soek en toets.
Die maklikste en goedkoopste roete, nadat jy feitlik weet jou geweer se binnewerke is wel in orde en op standaard, laai en skiet 85-90gr koeëls. Maklikste is seker 87gr V-Max wat ‘n baie akkurate koeël is. Dit is wel nie ‘n klassieke jagkoeël nie, maar akkuraat en sal gou gou bevestig of jou geweer wel ook ‘n probleem het in die binnewerke. Die 95gr Nosler Balistiek Tip kan ook werk, die 87gr het net vinniger toegemaak in my geweer.
Dit is wat ek sou doen. Ja ek is hierdeur.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- snakker
- Hero Member

- Posts: 1380
- Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Re: TELEURSTELLENDE ondervinding met Howa warranty (African Outdoor Sports)
Net nog 'n update: dit lyk of my boodskappe na die bestuurder by AOS nie meer deurgaan nie, so dink hy het my geblok - nie meer lus om kliëntediens te lewer nie, lyk dit my. Hier is paar jong knape by AOS aan die gang wat lyk my operate sonder iemand om hulle in die bek te ruk.
Sent from my 23090RA98G using Tapatalk
Sent from my 23090RA98G using Tapatalk
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1868
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: TELEURSTELLENDE ondervinding met Howa warranty (African Outdoor Sports)
Wel dis teleurstellend en kan hulle op die lang duur besigheid kos. Ek sou as 'n laaste opsie probeer uitvind wie die direkteure van die maatskappy is en jou ondervinding met hulle deel. Jy het betaal vir 'n nuwe geweer wat soos 'n nuwe moet skiet en hulle moet toesien dat dit gebeur. Kyk op CIPRO wie is die direkteure.
Maak 'n verskil
- snakker
- Hero Member

- Posts: 1380
- Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Re: TELEURSTELLENDE ondervinding met Howa warranty (African Outdoor Sports)
Dankie, hoe doen mens dit? Lyk of jy Account nodig het op die site - kan iemand dalk kyk daar?Ratel wrote:Wel dis teleurstellend en kan hulle op die lang duur besigheid kos. Ek sou as 'n laaste opsie probeer uitvind wie die direkteure van die maatskappy is en jou ondervinding met hulle deel. Jy het betaal vir 'n nuwe geweer wat soos 'n nuwe moet skiet en hulle moet toesien dat dit gebeur. Kyk op CIPRO wie is die direkteure.
Sent from my 23090RA98G using Tapatalk
-
Forester
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am
Re: TELEURSTELLENDE ondervinding met Howa warranty (African Outdoor Sports)
Die maatskappy se naam is African Hunting Supplies.
Ek hoop hierdie help... Dis publieke inligting vanaf Bizportal.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Wynand
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
- snakker
- Hero Member

- Posts: 1380
- Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Re: TELEURSTELLENDE ondervinding met Howa warranty (African Outdoor Sports)
Dankie, ek het intussen ook die direkteur name gekry - maar hoe maak mens nou kontak met hulle?Forester wrote:Die maatskappy se naam is African Hunting Supplies.
Ek hoop hierdie help... Dis publieke inligting vanaf Bizportal.
Sent from my 23090RA98G using Tapatalk
-
Forester
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am
Re: TELEURSTELLENDE ondervinding met Howa warranty (African Outdoor Sports)
Daarmee kan ek ongelukkig nie help nie. Dit lyk ook of beide buitelanders is. As jy gaan kyk na die detail van maatskappy het die plaaslike direkteur gedurende Mei bedank.snakker wrote: Fri May 30, 2025 9:38 amDankie, ek het intussen ook die direkteur name gekry - maar hoe maak mens nou kontak met hulle?Forester wrote:Die maatskappy se naam is African Hunting Supplies.