Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek wil graag my eie dopsop ontwikkel. Het iemand dalk 'n idee wat die chemiese bestanddeel is wat die doppe so vinnig skoonkook? Ek het 'n video onlangs gesien waar 'n man die vuil doppe in 'n vloeistof dompel wat dit laat "kook" vir 'n paar sekondes. Dan sit hy dit in water en siedaar. Blinkskoon doppe...
Ek wil nie graag op die bemarkers van Dopsop se tone trap nie. Wil net meer oor die aktiewe bestanddeel uitvind.
Daai klink soos Salpeter suur. Werk goed maar is taamlik drasties. Jy verloor elke keer ‘n bietjie metaal. As jy hom daarin los vreet hy hom op dat daar niks oorbly nie.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
Fanta300 wrote: Sat Aug 02, 2025 2:29 pm
Daai klink soos Salpeter suur. Werk goed maar is taamlik drasties. Jy verloor elke keer ‘n bietjie metaal. As jy hom daarin los vreet hy hom op dat daar niks oorbly nie.
Ek self gebruik 'n "stainless tumbler" met gekoopte dopsop.
Ek het al 'n resep gekry om sitroensuur (citric acid) te gebruik wat jy by enige supermark se kosafdeling koop. Gooi twee teelepels daarvan by 'n liter kookwater.Gooi dit oor die doppe terwyl die water warm is. Moenie dit in 'n metaal pot doen nie; daar kan chemiese reaksies tussen die metale plaasvind. Roer dit net so van tyd tot tyd. Daarna kan jy die doppe net afspoel in skoon water.
Iets wat verseker nie werk nie is om Frankford Arsenal se sonic cleaner solution in 'n stainless tumbler te gebruik. Jy kry sulke dofgrys loodkleurige doppe.
OosKaapJagter wrote: Sun Aug 03, 2025 12:11 pm

Ek gebruik 50ml Frankford sonic cleaner solution op 2L water en dan 'n opgehoopte teelepel citric acid.
Doppe kom baie mooi blink uit en hulle bly ook blink.
Afhangende van hoe vuil die doppe is, kan ek daardie mengsel so 3-5 keer oor gebruik, ek gooi net elke keer weer citric acid by.
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
Ek weet nie wat die aktiewe bestandeel is nie maar ek het laasweek n youtube resep probeer wat baie goed werk vir my 9mm doppe, sunlight liquid en suurlemoensap, ek gooi klomp doppe in n emmer met n deksel, sunlight liquid, suurlemoensap en water, ry vir n dag rond met die emmer agter op die bakkie en hulle is skooner as wat my tumbler hulle maak
Jare terug toe ek net begin herlaai het het ek somer so DIY tumbler gebou en doppe n paar ure in clean green en bq water laat tumble.
Was heel voldoende gewees
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
HeinM wrote: Sat Aug 02, 2025 9:09 am
Hallo vrinne!
Ek wil graag my eie dopsop ontwikkel. Het iemand dalk 'n idee wat die chemiese bestanddeel is wat die doppe so vinnig skoonkook? Ek het 'n video onlangs gesien waar 'n man die vuil doppe in 'n vloeistof dompel wat dit laat "kook" vir 'n paar sekondes. Dan sit hy dit in water en siedaar. Blinkskoon doppe...
Ek wil nie graag op die bemarkers van Dopsop se tone trap nie. Wil net meer oor die aktiewe bestanddeel uitvind.
Ek hoor graag!
Mooi dag almal
Hein as ek reg onthou is hier baie jare gelede 'n draad geplaas oor dieselfde onderwerp!
Oom PWV (baie sal hom onthou) het die resep met my gedeel:
2 liter coke bottel. Opgehoopte teelepel citric acid (sitroensuur = suurlemoensap) - dis jou AKTIEWE bestandeel! jy sou ook wynsteensuur kon gebruik.
Paar druppels sunlight skotteldoed seep - jy was sommer die doppe!
Half bottel lou warm water.
Gooi jou doppe in die bottel en skud aanmekaar vir so 5 - 10 min.
Gooi die spul uit in 'n bak en verwyder jou doppe. Spoel af met gewone water en gooi op 'n ou handdoek om af te droog.
Ek het vir my 'n plankie gemaak met so 100 spykers in netjiese rye 10 x 10 gekap en sit dan die doppe oor die spykers om regop te "hang" om droog te word.
Skuus manne. Ek hardloop so rond dat ek nie by die forum uitkom nie
Baie dankie vir all terugvoering... Waardeer
Viking, ek gebruik ook die Tararic Acid / Sunlight resep vir baie jare om die doppe mooi blink te maak. Die Dopsop (as dit dieselfde ding is) se werking is baie meer reaktief. Dit "kook" letterlik die doppe vir 'n paar sekondes...
Die plankie met die spykers is 'n puik idee. Ek het nog nie daaraan gedink nie.