.338 WM Manne - Optimale koeël gewig

Post Reply
Ockert1992
Hero Member
Hero Member
Posts: 826
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm

.338 WM Manne - Optimale koeël gewig

Post by Ockert1992 »

Goeie middag julle,

Ek begin die nuwe blad om nie Rudi se SBC gesprek te ontspoor nie.

Ek het sommer gelees dat hy oorweeg om 'n 225gr in .338 te vervaardig. Ek staan klaar in die ry, maar is onseker oor die gewig, en wil my vermoede bevestig of verkeerd bewys.

Ek skiet nou al my .338 WM so 3-4 jaar en dit is nou die roer as ek die kluis se deur oopmaak spring hy uit.

Ek het al .230gr, .210. en nou 185gr met hom geskiet.

My gevoel is dat die spoed wat ek met S365, VV N550 en H4350 uit 'n 210-230 gr(2680-2780fps) op node kan kry is slegs marginaal meer as wat ek met dieselfde kruit uit 'n 250gr(2650-2750fps) gaan kry. Met daardie klein verskil skiet ek dan eerder die 250gr, maar vir waar ek meestal jag(Vlaktes, Oos-kaap, Karoo) is dit vir my onnodig te swaar. In die bosveld sou ek nie eers 2 keer gedink nie, sou net 250gr geskiet het.

Ek skiet nou 'n 185gr GMX en Barnes X teen 3030fps baie mooi en hy werk nou vir my.

My eintlike vraag is, is hier iemand wat my sentiment deel omtrent die 225 en 250gr tipe koeël? Of sit ek die pot mis? Gebruik verkeerde kruit dalk?

Dalk is hier iemand wat vir ons 'n paar QL somme as voorbeelde kan doen?

My is opinie is dus om 'n 200gr of ligter koeël te skiet of 'n 250gr.

Ek hoor graag wat julle dink.

Groete
Ockert
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1831
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: .338 WM Manne - Optimale koeël gewig

Post by Rudi Fischer »

Ek het gaan kyk na koeel gewig vs dop volume.

Help nie ek maak n koeel wat net in een kaliber werk nie. Kom ons face dit.

Daar is genoeg 300gr koeels op die mark wat die 338 Lapua manne kan skiet.
Maar hoeveel is daar nie die kleiner 338’s

Kom ons vat die 338-06 of Sabi.
225gr Aframe teen 2600 fps of n 250gr teen 2420 fps.

Dan moet jy ook in gedagte hou dat my koeels n impak spoed van minimum van 2000 fps moet hé om te verseker dat hy oop maak.

As ek n 250gr maak … kan amper net die WM manne dit skiet en as n 338-06 / Sabi hom skiet moet hy sy skote beperk tot 200m - 250m.

Maar as ek dit 225gr maak kan die kleiner koeels darem ook hulle bene rek na 350m toe.

Dan, met meeste van my koeel het ek nou gesien dat ek 98-99% gewig behou van koeels wat uit diere gehaal word.
Wat dan amper my 225-230gr net so goed as nie beter as n traditionele 250gr gaan laat werk nie.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2465
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: .338 WM Manne - Optimale koeël gewig

Post by jdpretorius »

Met N560 hardloop n 225gr AB gemaklik teen 2800 fps MV. As n ou nou die BC van daai Accubond in gedagte hou, dan is die spoed by 500m nog 2050fps (volgens Strelok)....so kom ons sê by 400m met Rudie se koeëls, is jy nog anderkant die 2000fps

Met IMR4350 en 210gr Sciroccos is node 5 maar by 2730 fps se kant. Waar N560 by 2840fps se kant draai.

Met mono tipe koeëls kan n ou mos maar altyd bietjie ligter skiet....so dink die 225/230 gr sal mooi loop en maklik stabiliseer


Sent from my SM-A536E using Tapatalk


Last edited by jdpretorius on Tue Aug 01, 2023 4:01 pm, edited 1 time in total.
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13509
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: .338 WM Manne - Optimale koeël gewig

Post by Capt. Yoda »

Onthou net Rudie se koels is nie n cup and core nie dis n Mono met n bonded lood keren in
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Carlc
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 271
Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am

Re: .338 WM Manne - Optimale koeël gewig

Post by Carlc »

Ek self skiet 250gr accubonds in my 338WM met n stewige klomp S365 agter hom wat net so oor die 2700fps hardloop en hulle is dodelik. Wanneer my voorraad op is glo ek nie ek gaan weer accubonds skiet nie. Hulle raak net te moeilik om in die hande te kry. As Rudi net n 225gr punt maak sal ek beslus dit skiet. Kwaliteit is baie goed en beskikbaarheid goed. As ek ligter moet gaan sal ek liewers dan met my 7mmRM skiet.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3310
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: .338 WM Manne - Optimale koeël gewig

Post by Christo »

Probeer 'n slag 'n 200gr SST. Hulle loop te vinnig vir slegte skote en sal baie mors, maar werk uitstekend vir my. Amper te bang om te sê hulle loop teen so 3000+vt.

Bobbejane hou niks van hulle nie.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: .338 WM Manne - Optimale koeël gewig

Post by Wouter Roets »

Rudie

Jou redenasie en gedagtes is solid op daai koeelgewig. Hou hom net daar.

Groetnis
Wout
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: .338 WM Manne - Optimale koeël gewig

Post by tau »

EK wou nog altyd 'n .338 WM gehad het. In my jonger dae saam met 'n PH gewerk wat dit gebruik het as sy opvolg geweer op BWB en Gemsbokke as kliente foutjie gemaak het. Ek onthou net hoe daai .338 baie bokke se handbriek stewig opgetrek het.

In my onkunde sou ek 200-220 gr koeels bo 2850fps wou skiet. Dan wen jy nog die wind en jy sit nog baie momentum in 'n dier in.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Johann Marais
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 264
Joined: Thu Jan 10, 2013 9:44 pm

Re: .338 WM Manne - Optimale koeël gewig

Post by Johann Marais »

Hallo Ockert,

Ek skiet al vir ñ paar jaar Viper Plains Supreme 200gr in my 338 WM. Rudi is doodreg. Daars is geen rede hoekom jy na 250gr hoef te gaan nie.

ñ 338 WM met ñ 200-225gr punte loop shweet.

Groete

Johann
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: .338 WM Manne - Optimale koeël gewig

Post by tau »

tau wrote: Wed Aug 02, 2023 10:50 am EK wou nog altyd 'n .338 WM gehad het. In my jonger dae saam met 'n PH gewerk wat dit gebruik het as sy opvolg geweer op BWB en Gemsbokke as kliente foutjie gemaak het. Ek onthou net hoe daai .338 baie bokke se handbriek stewig opgetrek het.

In my onkunde sou ek 200-220 gr koeels bo 2850fps wou skiet. Dan wen jy nog die wind en jy sit nog baie momentum in 'n dier in.
En daar land my .338WM helemal onbepland en in my soeke na 'n ander geweer kry ek 'n Ruger .338WM M77 by JRM.

'n Pel van my hoor van my aankoop en gee my 120 patrone verniet wat hy weer persent gekry het by iemand wat se Oom oorlede is.

Die .338wm met sy roeiboot spaan vir 'n kolf trap!!!!

Ek besit 'n 7mmRM, Howa dun dun dun loop 300Wm en .375 Ruger en het al so bietjie met grooter roere ook geskiet. Die boot roaispaan ,338w gekolfde roer skop soos Frans Steyn. EK gee dadelik toe vir my 15 jarige die geweer as persent soos enige slim Pa sal doen. Hyy is 15 maar is langer as ek en speel slot so hy sal OK wees.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3310
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: .338 WM Manne - Optimale koeël gewig

Post by Christo »

Ek het verlede jaar nie doppe kom kry. Toe koop ek noodgedwonge Federal Fusion patrone 220gr. Gaan jag met hulle en weer die jaar. Nou is ek gehook, ek soek toe koeëls (punte) en het nog nie iewers gekry. Dit is waarlik 'n ongelooflike koeël. Sien ook op hulle webwerf hulle praat van discontinued. Hartseer saak. Ek het een herwin uit 'n Springbok en gaan probeer foto opsit.
ImageImage
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Post Reply